Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Piekfyn Afrikaans Graad 4 Huistaal Leesboek
Piekfyn Afrikaans Graad 4 Huistaal Leesboek
Piekfyn Afrikaans Graad 4 Huistaal Leesboek
Ebook166 pages1 hour

Piekfyn Afrikaans Graad 4 Huistaal Leesboek

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

’n Leesboek soos min! Piekfyn Afrikaans Leesboek vir Huistaal is volgens die vereistes vir leesonderrig in die Intermediêre Fase ontwikkel. Die boek is ingedeel volgens verskillende genres met tekste en temas gepas vir ’n Graad 4-leerder soos jy. Wanneer jy hierdie leesboek lees, gaan jy jouself inleef in die wonderlike gebeure en karakters in elke storie en teks.
Maar die Piekfyn Afrikaans Leesboek bestaan nie net uit kort stories nie. Daar is langer stories (uittreksels uit romans) en fotoverhale wat jou as jong leser nuwe avonture gaan laat beleef. Daar is kort dramas om in groepverband te beurtlees of op te voer, en gedigte om te lees vir genot of te dramatiseer.
Daar is ook heelwat inligtings-, sosiale- en mediatekste wat jou lus vir lees sal aanwakker. Jy sal lees oor allerlei temas waarvan jy dalk nog nie weet nie of vreemde plekke ontdek waarvan jy dalk nog nooit gehoor het nie. Jy gaan resensies en advertensies lees om jou taalkennis uit te brei.
Al hierdie lekker leeswerk gaan jou help om Afrikaans spoggerig en vlot te lees en jou taalbegrip bevorder.
Vir die klaskamer
Om die onderwyser te help met onderrig, het die samestellers die volgende inligting in die leesboek voorsien:
Vrae wat volgens kognitiewe vlakke geformuleer is oor die meeste tekste.
Toeligting by moeiliker tekste.
Woordverklarings vir komplekse woorde.
Die stappe van die leesproses.
LanguageAfrikaans
PublisherBest Books
Release dateJul 15, 2017
ISBN9781776071708
Piekfyn Afrikaans Graad 4 Huistaal Leesboek
Author

Riens Vosloo

Riens Vosloo is tans ’n vryskutsamesteller van opvoedkundige tekste vir Afrikaans Huistaal en EAT (Gr. 4-12). Sy stel letterkunde bloemlesings saam – meeste daarvan vir die katalogus van die DBO. Sy is bekend vir reekse soos Piekfyn, Verskuns, Kroonsteen, A Handful of Life en Creative Outcomes.

Read more from Riens Vosloo

Related to Piekfyn Afrikaans Graad 4 Huistaal Leesboek

Titles in the series (22)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Piekfyn Afrikaans Graad 4 Huistaal Leesboek

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Piekfyn Afrikaans Graad 4 Huistaal Leesboek - Riens Vosloo

    Graad 4

    Huistaal

    Saamgestel deur Riens Vosloo en Fanie Viljoen

    Die uitleg van hierdie digitale uitgawe van Piekfyn Afrikaans Graad 4 Leesboek vir Huistaal kan verskil van dié van die gedrukte weergawe, afhangende van die instellings op jou leser. Die uitleg vertoon optimaal as jy die standaard instellings op jou leser gebruik. Lesers kan eksperimenteer met die instellings om die vertoning te verbeter.

    Liewe leerder

    Jou Piekfyn Afrikaans Leesboek gaan nog jou beste maat word. Eintlik is boeke beter as maats, want hulle het altyd tyd vir jou, hulle praat nie terug nie, baklei nie, en hulle skinder ook nie van jou nie! En hulle neem jou na wonderlike wêrelde toe. Wanneer jy lees en jouself inleef in die gebeure en karakters in ‘n storie, vergeet jy van al die ander dinge rondom jou.

    In jou Piekfyn Afrikaans Leesboek gaan jy nie net kort stories lees nie, jy gaan ook langer stories lees wat jou nuwe avonture gaan laat beleef of jou hare gaan laat regop staan. Daar is ook kort dramas wat julle in groepe kan beurtlees of opvoer, gedigte wat jy kan lees vir genot, en dit selfs saam met jou maats kan dramatiseer.

    Deur te lees, leer ‘n mens van allerlei dinge waarvan jy dalk nog nie weet nie of jy ontdek vreemde plekke waarvan jy nog nooit gehoor het nie. Soms gaan jy oulike poskaarte of briewe of dalk interessante e-posse van snaakse mense lees. En soos die grootmense, gaan jy ook koerantberigte, resensies, onderhoude, verslae en advertensies van nader bekyk en beter verstaan. Dalk word jy ’n skrywer en gee jou Piekfyn Afrikaans Leesboek vir jou ’n paar goeie idees vir jou eie skryfwerk! Het jy geweet goeie skrywers lees sommer van jongs af baie?

    Al hierdie lekker leeswerk gaan jou help om Afrikaans spoggerig en vlot te lees. Geniet hierdie jaar se Piekfyn Afrikaans Leesboek!

    Samestellers

    Jakkals red Padda

    se lewe

    Elsa Joubert

    Padda was baie ryk. Hy het dertig vrouens gehad.

    Maar dis nie altyd so maklik om dertig vrouens te hê nie, want hulle pla jou baie. Die een sê: ek wil dit hê, en die ander een sê: ek wil dat hê.

    Op ’n dag sê al dertig vrouens vir Padda: Ons is nie meer lief vir jou nie, want jy gee ons nooit iets moois nie. Ander vrouens kry presente, ons kry niks . . . kwaak hulle totdat sy ore moeg word daarvan:

    "Krale en ringe

    en pêrelstringe

    en klokkies wat klinge

    en baie mooi dinge

    kry hulle, maar ons kry niks . . ."

    Padda se kop het later so gedraai van al die gekla dat hy ’n sak grondboontjies op sy rug laai en vir hulle sê: Nou goed dan. Ek sal na die mark toe loop om die grondboontjies te verruil vir pragtige presente vir julle. Maar dis ver na die mark toe en julle sal ’n maand lank sonder my moet klaarkom.

    Ons sal, ons sal, ons sal, kwaak die paddavrouens:

    "Krale en ringe

    en pêrelstringe

    en klokkies wat klinge

    en baie mooi dinge

    dit alles gaan ons kry."

    Padda sug en begin loop en hy dra swaar aan die sak grondboontjies.

    Hy loop drie dae lank en die derde dag sien hy daar lê ’n swaar boom oor die pad. Toe hy nader kom, hoor hy iemand sê:

    "O sterk, sterk, Padda,

    hier sit ek vas,

    maak my los

    van die boom se bas."

    Padda kyk en hy sien ’n groot slang onder die boom lê.

    Ek was op pad om my vrou se familie te besoek, sê Slang, "en toe val hierdie boom op my en ek lê nou al twintig maande hier vas.

    Toe, toe, Padda, kom help my nou,

    sit neer jou sak, en maak tog gou."

    Arme Slang is moedeloos van die lang lê en Padda se hart is goed en hy sit sy sak grondboontjies neer en hy skuif onder die boom in en begin hom opblaas. Hy blaas hom op en hy blaas hom op, en toe hy dink sy maag gaan bars, lig hy die boom op en Slang kruip baie verlig uit.

    Padda wil sy sak optel om verder te loop, maar Slang het hom aan sy agterpoot stewig beetgekry.

    "Twintig maande honger gely,

    jy’s net die regte hap vir my,"

    sê Slang en wil vir Padda met alle geweld insluk.

    Maar Padda praat teen en sê:

    "Hoe dan nou? Ek help jou uit jou moeilikheid en nou wil jy my insluk?

    Na regte moes jy my betaal het

    dat ek jou onder die boom uitgehaal het.

    nou’s jy los

    en ek is jou kos?

    A nee a."

    Terwyl hulle stry, kom Duiker daar aan.

    Duiker, roep Padda, wat nie kan wegkom nie, want Slang het hom nog aan die been vas, Duiker, kom besluit jy wie is reg, Slang of ek. En hy vertel vir Duiker die storie.

    Duiker het mooi geluister, maar hy is bang en hy dink: Padda is klein, aan my kan hy niks doen nie. Maar Slang is groot en

    sê ek: Pádda moet los,

    sluk Slang mý in vir kos.

    Toe sê Duiker:

    "Nee, Slang is reg,

    want almal weet,

    wie honger is, moet eet."

    Maar Padda praat teen: Dis net omdat jy bang is vir Slang dat jy sê hy’s reg.

    En terwyl hulle nog hieroor praat, kom Jakkals verby en hy is nuuskierig en hy vra:

    Waaroor praat julle so baie?

    Hulle lê toe die saak aan hom voor en Slang sê:

    "Natuurlik is ek reg, want soos Duiker sê:

    Almal weet, wie honger is, moet eet."

    Jakkals dink en dink en sê toe oplaas: "Hoe kan ek uitspraak gee

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1