Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 8 Huistaal
Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 8 Huistaal
Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 8 Huistaal
Ebook278 pages4 hours

Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 8 Huistaal

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

’n Leesboek soos min! Die Piekfyn Afrikaans Leesboek is volgens die vereiste vir leesonderrig in die Senior Fase en die KABV ontwikkel. Die boek is ingedeel volgens verskillende genres met tekste en temas gepas vir leerders in hierdie fase. Wanneer leerders hierdie boek lees, gaan hulle hulself inleef in die gebeure, belewenisse, waarnemings en emosies van die karakters in elke teks.

Die Piekfyn Afrikaans Leesboek bestaan uit korverhale en volksverhale wat lesers nuwe avonture en ervarings laat beleef. Daar is dramas om in groepverband te beurtlees of op te voer, en gedigte om te lees vir genot of om te dramatiseer. Al hierdie lekker leeswerk gaan lesers help om Afrikaans spoggerig en vlot te lees, hulle taalbegrip te bevorder en hulle kennis en begrip van literêre tekste te ontwikkel.

Vir die klaskamer
Om die onderwyser te help met onderrig, het die samestellers die volgende inligting in die Leesboek voorsien:
• Vrae oor die meeste tekste wat volgens kognitiewe vlakke geformuleer is
• Toeligting by moeilike tekste
• Woordverklarings vir komplekse woorde
• Die stappe van die leesproses

Antwoorde op alle vrae is gratis beskikbaar op www.bestbooks.co.za.
LanguageAfrikaans
PublisherBest Books
Release dateOct 31, 2013
ISBN9781775891031
Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 8 Huistaal
Author

Riens Vosloo

Riens Vosloo is tans ’n vryskutsamesteller van opvoedkundige tekste vir Afrikaans Huistaal en EAT (Gr. 4-12). Sy stel letterkunde bloemlesings saam – meeste daarvan vir die katalogus van die DBO. Sy is bekend vir reekse soos Piekfyn, Verskuns, Kroonsteen, A Handful of Life en Creative Outcomes.

Read more from Riens Vosloo

Related to Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 8 Huistaal

Titles in the series (22)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 8 Huistaal

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 8 Huistaal - Riens Vosloo

    Piekfyn Afrikaans Leesboek

    Graad 8

    Huistaal

    Saamgestel deur Riens Vosloo

    Best Book

    Liewe leerder

    Jou Piekfyn Afrikaans Leesboek gaan nog jou beste maat word. Eintlik is boeke beter as maats, want hulle het altyd tyd vir jou, hulle praat nie terug nie, baklei nie, en hulle skinder ook nie van jou nie! En hulle neem jou na wonderlike wêrelde toe. Wanneer jy lees en jouself inleef in die gebeure en karakters in ‘n storie, vergeet jy van al die ander dinge rondom jou.

    Maar jy gaan nie net gewone stories lees nie. In jou Piekfyn Afrikaans Leesboek is legendes, mites, sprokies en vertellinge wat jou nuwe avonture gaan laat beleef of jou hare gaan laat regop staan. Daar is ook dramas wat julle in groepe kan beurtlees of opvoer, gedigte wat jy kan lees vir genot en selfs saam met jou maats kan dramatiseer. Dalk word jy ’n skrywer en gee jou Piekfyn Afrikaans Leesboek vir jou ’n paar goeie idees vir jou eie skryfwerk! Het jy geweet goeie skrywers lees sommer van jongs af baie?

    Al hierdie lekker leeswerk gaan jou help om Afrikaans spoggerig en vlot te lees. Geniet hierdie jaar se Piekfyn Afrikaans Leesboek!

    volks_hd.jpg

    Tradisies is gewoontes wat deur eeue heen dieselfde gebly het. Mense wat by hierdie gewoontes hou, is tradisioneel. Hulle leef in die meeste opsigte nog soos hulle voorouers geleef het.

    Volksverhale is een van die tradisies wat deur tradisionele mense in stand gehou word. Dit word al eeue lank oorvertel en ons weet nie wie dit eerste vertel het nie. Dus kan ons nooit sê wie die skrywer van ’n volksverhaal is nie, net wie dit oorvertel het. Daarom moet die skrywer se naam by die titel van ’n volksverhaal altyd verstaan word as die oorverteller.

    Daar bestaan baie variasies van een verhaal omdat elke mens ’n bekende storie op sy/haar eie manier vertel of skryf. In elke oorvertelling sal daar egter ’n basiese storielyn wees waaraan mens hierdie besondere storie herken. Hierdie storielyn sal omtrent altyd in een sin opgesom kan word. Iemand word byvoorbeeld gestuur om ’n boodskap oor te dra, maar hy dra die verkeerde boodskap oor. Of ’n man gaan soek na ’n meisie met daardie eienskappe wat hy in sy vrou wil sien, maar hy vind haar nie en kom huis toe. In ’n ander verhaal is die basiese storielyn dalk dat die karakters stry oor wie die sterkste is en nie een is reg nie. In die verskillende weergawes van die basiese storie kan die karakters verskillende name hê of ’n ander dier kan as karakter optree.

    Oorspronklik is volksverhale nie geskryf nie, maar om die vure vertel. Ouers het dit by hulle ouers gehoor en dit saans weer vir hulle kinders vertel. Hierdie kinders het dit weer vir hulle kinders vertel. En hulle het dit weer vir hulle kinders vertel. Só is dit deur die eeue heen van generasie tot generasie oorgedra en het dit vir ons behoue gebly. Daarom noem ons dit ook mondelinge verhale.

    Sedert die koms van skrif het skrywers hierdie verhale begin opteken. Dit is ’n wins, want nou is ons seker dié verhale gaan nie verlore nie. Maar wanneer mens ’n verhaal mondeling of skriftelik vertel, laat jy altyd iets weg of jy voeg iets by. Elke mens vertel ’n storie so ’n bietjie anders. Die verhaal bly as ’t ware lewend omdat dit voortdurend ’n bietjie verander.

    Boonop het elke generasie die vertelling so ’n bietjie aangepas om dit meer verstaanbaar te maak vir die kinders aan wie dit oorvertel word. In ’n mondelinge verhaal wat drie eeue gelede vertel is, sal ons byvoorbeeld lees van krygers wat baie dae en nagte te voet getrek het na ’n ver, ver land om hulle koning uit ’n bose monster se kloue te bevry. Moenie verbaas wees as die krygers met die trein reis wanneer hierdie verhaal in ons eeu oorvertel word nie! Dit maak nie die moderne verhaal verkeerd nie, dit is net meer verstaanbaar vir kinders wat nie verstaan hoekom mense te voet reis as daar ander maniere is nie. Die belangrikste is om te onthou die rolle wat die karakters speel en die lewensles wat dit inhou, bly dieselfde.

    Daar is nog ’n rede hoekom een volksverhaal so ’n bietjie van ander weergawes daarvan verskil. In ons land is die bobbejaan ’n simbool van domheid. Maar in Sjina is dit juis andersom, want daar is die bobbejaan ’n simbool van wysheid. Dalk het iemand ’n mooi Sjinese volksverhaal gehoor van ’n bobbejaan wat baie wyse dinge vir sy vriende leer. Maar as mens dit vir die Suid-Afrikanertjies vertel, sal hulle dit mos nie verstaan nie. Wel, storievertellers kan altyd planne maak. En die storieverteller sal weet in Suid-Afrika is die uil ’n simbool van wysheid. Dan word die bobbejaan in die Suid-Afrikaanse vertelling net ’n uil, dis mos maklik!

    Noudat skrywers mondelinge verhale begin opteken, dink ons dit kan nie meer verander nie, want dit staan op skrif. Maar dit kan, want onthou: Die karakters kan verander maar daar is steeds slimmes en dommes en bose, en die gebeure en die lewensles bly dieselfde.

    Nog ’n kenmerk van volksverhale is dat daar wonderlike dinge gebeur wat nie in die werklike lewe moontlik is nie. Diere kan byvoorbeeld praat en een rivier kan die hele wêreld van water voorsien. Mense met towerkragte kan met een towerwoord alles verander. Dit is alles deel van die wonderlike wêreld van verhale.

    Maar die wonderlike dinge wat in volksverhale gebeur, verskil van die onmoontlike dinge wat in wetenskapsfiksie (science fiction) gebeur. In volksverhale aanvaar ons net dit is moontlik. Maar in wetenskapsfiksie is daar meesal ’n verklaring en dit het gewoonlik te doen met vordering in die wetenskap wat dalk onmoontlike dinge moontlik kan maak. In volksverhale kyk ons in die eeue terug en in moderne verhale kyk ons hoofsaaklik die toekoms in. Goed, maar in Harry Potter gebeur daar ook dinge wat nie in die werklike lewe moontlik is nie? Ja, maar Harry Potter se verhale het in jou generasie ontstaan, so ook wetenskapsfiksie. Dit is nie verhale wat al geslagte lank oorvertel word nie en dit kan nie as volksverhale beskou word nie.

    Daar is ’n paar soorte volksverhale: sprokies, mites, spookstories, fabels. Dit is genoeg om te onthou dat die sake wat hier onder gelys word, kenmerke van die meeste volksverhale is. Elke volksverhaal sal – buiten die eerste aspek – nie al hierdie kenmerke vertoon nie, maar dit sal omtrent altyd meer as die helfte van hierdie kenmerke vertoon.

    Die belangrikste, wat alle volksverhale kenmerk: Dit word al eeue lank van generasie tot generasie oorvertel.

    Dinge gebeur wat nie in die werklike lewe moontlik is nie.

    Dit gaan oor iets wat lank terug sou gebeur het.

    Dit bied ’n verklaring vir die wêreld en die mens se ontstaan.

    Dit bevat ’n lewensles.

    Dit bevat ’n goeie karakter/s, ’n slegte karakter/s en soms ook ’n onskuldige slagoffer/s.

    Diere, lewelose voorwerpe en natuurkragte het menslike eienskappe, want hulle kan praat en vertoon emosie.

    Karakters wat reeds dood is, tree op asof hulle lewend is, of hulle word weer lewend, of hulle verskyn as ’n natuurkrag.

    Inligting of ’n sin of woord word soms herhaal.

    Dit is nie spanningsverhale nie.

    Dit word in die derde persoon vertel. Die verteller sal dus byvoorbeeld nooit skryf Eendag het ek ’n meisie gesien met hare so mooi as wat ek nog nooit gesien het nie.

    Die towersak

    Corlia Fourie

    towersak.jpg

    Prelees – groepbespreking

    Moetie is afgelei van die woord muti wat in verskeie Afrikatale voorkom. Dit beteken medisyne en dit is een woord vir tradisionele medisyne. Onkundige mense noem moetiedokters soms toordokters, maar dit is verkeerd want hierdie dokters toor beslis nie. Hulle kennis van plante en ander natuurmiddels is aan hulle oorgedra deur hulle ouers se ouers se ouers.

    Wat dink julle doen homeopate?

    Het jy al homeopatiese medisyne gebruik? Vertel die klas daarvan.

    Die verhaal

    Eendag was daar ’n meisie wat wou loop waar sy wil.

    Toe sê haar ma: My kind, jy is nie ’n seun nie. Jy kan nie loop waar jy wil nie.

    Maar haar pa sê: My dogter is anders, as sy groot genoeg is, mag sy loop waar sy wil.

    Eers het haar ma daaroor gehuil, maar omdat sy geweet het dis wat haar dogter wil doen, het sy na ’n moetievrou toe gegaan.

    Die moetievrou luister mooi. Sy dink diep en toe gaan haal sy ’n velsakkie agter uit haar hut. Gee dit vir jou dogter die dag wat sy gaan. Sy sê ook wat die ma vir haar dogter moet sê.

    Op ’n dag sê die meisie: Ek is nou groot en Pa het my geleer spiesgooi. Net môre loop ek.

    Haar ma gee haar toe die velsak en sê: As jy in die moeilikheid is, steek net jou hand in die sak en wat jy ook al nodig mag hê, sal jy kry. Maar een ding moet jy onthou: Jy mag nóóit die sak oopmaak en binne-in kyk nie, want dan sal jy jou storie moet ken.

    Die meisie verstaan nie wat haar ma sê nie, maar belowe om nie in die sakkie te kyk nie.

    Sy loop en sy loop.

    Sy sien steenbokke en duikers en blouwildebeeste met hulle snaakse afdraandrûe en kameelperde met hul koppe tussen die blare van bome. Springbokke ook. Troppe van hulle spring deur die veld. Leeus brul agter hulle aan en hiënas vreet tjank-tjank op die leeus se spore.

    Op ’n dag val ’n buffel haar aan. Sy gooi na hom met haar spies. Dis raak.

    Die buffel se bene swik onder hom. Maar toe steun hy orent en hardloop weg met die spies blinkend in sy skof.

    Die meisie volg die spore verby ’n miershoop en ’n kareeboom tot in die lang gras. Net toe sy dink hy het weggekom, spring hy meteens uit die lang gras voor haar op en storm op haar af.

    Sy ruk die riem van die sakkie los, steek haar hand daarin en pluk ’n leeu uit.

    Die leeu storm en byt die buffel dood.

    Die meisie los die spies in die buffel se nek en stap aan met haar velsakkie.

    Sy stap ver, sien baie dorpies en wilde diere en vlaktes en riviere en die hitte wat dans op die vlaktes.

    Op ’n dag kom ’n sterk jong man uit die stowwerige vlaktes na haar aangestap.

    ’n Mooi jong meisie soos jy het ’n man nodig om haar te beskerm, sê hy. Sy lag net, maar is nogal bly oor die geselskap, want soms sien sy dae lank niemand nie.

    Saam-saam volg hulle bokke se spore, sien ’n jangroentjie en ’n rooi-en-swart vink oor die vaal vlaktes flits, sing saam met die sonbesies en ruik die soet geur van die bossies in die vroeë oggendlug.

    Hulle sê dit nie, maar die wind fluister in hul albei se ore dat hulle lief is vir mekaar.

    Een aand toe hulle honger langs die vuurtjie sit, steek die meisie haar hand in die sakkie en haal bokvleis daaruit. Hulle maak dit gaar en gaan slaap met vol mae.

    Op ’n dag val krygsmanne hulle aan. Die jong man veg dapper, maar hulle vang hom en bind hom vas. Die meisie steek haar hand in die velsak en haal baie krygsmanne daaruit. Haar krygsmanne maak hom los en die vyand hardloop weg.

    Toe vra die jong man: Wat het jy nog in daardie sakkie?

    Wat ek ook al mag nodig kry.

    Ek is dors, sê hy. En hier is nie water nie.

    Sy steek haar hand in die velsakkie en haal ’n volstruiseierdop vol water daaruit.

    Dis ’n wonderlike sakkie, sê die jong man. Daar is kos en water in en krygsmanne om jou te verdedig. Daar is seker ook ’n hut, ’n mielieland en ’n trop beeste daarin.

    Ek weet nie. My ma het net gesê ek sal alles daarin kry wat ek ook al nodig mag hê. Ek wil nie nou al ’n hut of ’n mielieland hê nie. Ek wil rondloop en alles bekyk.

    Maar kyk net wat in die sakkie is. Dan weet jy mos wat jy later nodig sal kry.

    Dit mag ek nie doen nie.

    Hoekom nie?

    Omdat my ma so gesê het.

    Jou ma sal nie weet as jy net vinnig kyk nie. Sy kan jou mos nie sien nie.

    Ek het belowe.

    Toe vra die jong man dit elke oggend wanneer hulle hul oë oopmaak. Hy vra wanneer hulle langs die pad loop en hy vra wanneer hulle rus. Hy vra wanneer hulle bessies van die bome afpluk en hy vra wanneer hulle mooi blomme diep in die klowe sien.

    Kom ons kyk wat in die sakkie is.

    Die meisie sê nee en sy hou aan nee sê, maar toe sê die jong man: Jy het my seker nie lief nie, want as jy my liefgehad het, sou jy dit vir my gewys het.

    En so hou hy aan saans wanneer sy hout optel, en wanneer sy in die nag na die sterre lê en kyk, sit hy langs haar en neul: Kom ons kyk in die sakkie.

    En wanneer sy in die oggend wakker word, is die eerste ding wat sy hoor nie die geluid van die piet-my-vrou nie, maar die stem wat sê: Ek wéét jy is nie lief vir my nie.

    Oplaas kan sy dit nie meer uithou nie. Sy maak die sakkie oop en skud dit op die grond uit.

    Daar is niks nie.

    Heeltemal niks nie.

    Hy neem dit by haar, dop dit binnestebuite en bekyk dit. Hy krap selfs met sy vingers teen die vel soos ’n bobbejaan wat vlooie soek by sy maat.

    Maar nee, hy kry niks nie.

    Jy het alles eers uitgehaal, sê hy. Gisternag toe ek geslaap het.

    "Nee, ek het nie.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1