Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Studiewerkgids: Verskuns Graad 10 Huistaal
Studiewerkgids: Verskuns Graad 10 Huistaal
Studiewerkgids: Verskuns Graad 10 Huistaal
Ebook631 pages9 hours

Studiewerkgids: Verskuns Graad 10 Huistaal

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Best Books Studiewerkgids: Verskuns vir Huistaal
Hoe goed ken jy jou voorgeskrewe poësiebloemlesing? Verstaan jy die inhoud en struktuur van jou gedigte? Is jy reg om eksamen te skryf daaroor? Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Verskuns vir Huistaal, die voorgeskrewe poësiebloemlesing vir Graad 10 Afrikaans Huistaal, ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van elke gedig word daarin gedek – in taal wat leerders verstaan.
Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word deurgaans na die poësiebloemlesing verwys.
Wat maak ons studiewerkgidse anders?
Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam sê, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening van die gedigte vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek.
Inhoud van hierdie studiewerkgids
• Inleiding tot poësie.
• ’n Volledige bespreking van die gedig in konteks.
• Gedigontledings volgens poëtiese begrippe en uiteensetting van die gedig.
• Kontekstuele vrae.
• Literêre opstel by sommige gedigte.
• Ses konsepvraestelle om leerders se kennis te toets en vir eksamens voor te berei.
Alle studiewerkgidse in hierdie reeks is saamgestel volgens die KABV-voorskrifte. Hierdie studiewerkgids sluit aan by Verskuns vir Huistaal, die goedgekeurde voorgeskrewe poësiebloemlesing vir Graad 10 Afrikaans Huistaal. ’n Volledige antwoordstel is verkrygbaar by www.bestbooks.co.za [HYPERLINKED].
LanguageAfrikaans
PublisherBest Books
Release dateAug 25, 2016
ISBN9781776070169
Studiewerkgids: Verskuns Graad 10 Huistaal
Author

Riens Vosloo

Riens Vosloo is tans ’n vryskutsamesteller van opvoedkundige tekste vir Afrikaans Huistaal en EAT (Gr. 4-12). Sy stel letterkunde bloemlesings saam – meeste daarvan vir die katalogus van die DBO. Sy is bekend vir reekse soos Piekfyn, Verskuns, Kroonsteen, A Handful of Life en Creative Outcomes.

Read more from Riens Vosloo

Related to Studiewerkgids

Related ebooks

Related articles

Reviews for Studiewerkgids

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Studiewerkgids - Riens Vosloo

    Best Books Studiewerkgids: Verskuns

    vir Graad 10 Huistaal

    Saamgestel deur Riens Vosloo, Rina Lamprecht en Isabella Venish

    BB_logo

    Die uitleg van hierdie digitale uitgawe van die Best Books Studiewerkgids: Verskuns vir Graad 10 Huistaal kan verskil van dié van die gedrukte weergawe, afhangende van die instellings op jou leser. Die uitleg vertoon optimaal as jy die standaard instellings op jou leser gebruik. Lesers kan eksperimenteer met die instellings om die vertoning te verbeter.

    Die bladsyverwysings in hierdie uitgawe verwys na die bladsye in die gedrukte boek.

    Voorwoord

    Hierdie studiewerkgids is aanvullend tot die bloemlesing Verskuns vir Graad 10 Huistaal. Dit vervang dit nie, aangesien die gedigte self nie hier verskyn nie. Ons aanvaar dat jy die aantekeninge in die bloemlesing reeds gelees en die vrae daarin beantwoord het. Die inligting in hierdie gids bou voort op die inligting en vrae in die bloemlesing.

    Voor die gedigontledings is ’n inleiding tot die studie van poësie. Hier word poëtiese begrippe – beeldspraak, stylfigure en stylmiddele – opgesom vir hersieningsdoeleindes. Dit moet saam met die Woordelys – literêre begrippe in die bloemlesing bestudeer word.

    Sommige interpretasies kan verskil van dié in Verskuns. Die poësie is nie soos Wetenskap nie – daar is nie noodwendig net een regte antwoord nie, maar jy moet altyd jou antwoord kan motiveer.

    Vir jou gerief word die gedigte in die volgorde bespreek waarin dit in die bloemlesing verskyn – alfabeties volgens digter. Elke gedigbespreking sluit die volgende in:

    •Die bladsyverwysing vir maklike opsporing van die gedig in Verskuns.

    •Inligting oor die konteks van die gedig.

    •’n Volledige ontleding van die bou (uiterlik) en die inhoud (innerlik) van die gedig – per strofe en soms per versreël.

    •Poëtiese begrippe word aan die hand van voorbeelde vanuit die gedig verduidelik.

    •Kontekstuele vrae wat gerig is op inskerping en hersiening.

    •Enkele literêre opstelvrae.

    Dit is ’n werkboek en spasie word verskaf sodat jy die antwoorde in die boek self kan neerskryf. Daar is ook toetsvraestelle, wat jou sal help om voor te berei vir eksamens. ’n Memorandum met antwoorde op al die vrae in die studiewerkgids is beskikbaar op die webwerf www.bestbooks.co.za (volg die skakel wat by die titel van die bundel verskaf word).

    By die bestudering van gedigte is dit belangrik om twee dinge in gedagte te hou: Eerstens moet jy bepaal wat die gedig wil sê, en tweedens hoe die gedig dit sê. Hier volg ’n paar riglyne:

    •Lees die gedig – jy kan dit ook hardop doen om die klank en ritme (musikaliteit) van die gedig te ervaar.

    •Indien moontlik, kyk na illustrasies of foto’s wat agtergrondinligting oor die gedig kan gee.

    •Probeer om uit die titel te bepaal waaroor die gedig handel.

    •Lees dit dan weer stil deur – aandagtig en krities.

    •Probeer om die inhoud te visualiseer.

    •Onderstreep al die moeilike/komplekse woorde. Indien die betekenis nie uit die teks afgelei kan word nie, gebruik ’n woordeboek. Maak seker dat woorde nie ’n figuurlike betekenis het nie.

    •Bepaal wie die spreker in die gedig is en wat die stemming is (hartseer, romanties, vrolik).

    •Kyk na die bou van die gedig: strofes, versreëls, rympatrone, tipografie, die vorm van die gedig, hoofletters en leestekens.

    •Soek woorde/frases/versreëls wat met mekaar verband hou of herhaal word – ook woorde met dieselfde klanke en kyk of daar ’n patroon is.

    •Maak ’n kontrolelys van beeldspraak en/of stylfigure wat in die gedig voorkom en bepaal die betekenis en funksie daarvan. Gebruik hiervoor die inligting in die volgende afdeling en in die Woordelys – literêre begrippe in die bloemlesing.

    •Identifiseer die kerngedagtes van die gedig en probeer om hiervolgens die tema/boodskap/lewensles te bepaal.

    Ons hoop hierdie gids sal jou help om die gedigte in Verskuns vir Graad 10 Huistaal beter te verstaan, te waardeer en te geniet.

    Die samestellers

    Inleiding tot die studie van poësie

    Hersien poëtiese begrippe

    Die spreker in die gedig

    ’n Digter maak gebruik van ’n persona of ’n spreker in ’n gedig. Dit kan ’n eerste persoon of ’n derde persoon wees. Dit hoef nie altyd ’n mens te wees nie; dit kan ook ’n dier, insek of selfs ’n lewelose voorwerp wees.

    Plasing van woorde

    Alleenplasing word gebruik wanneer ’n digter iets wil beklemtoon. Dit word gedoen deur ’n woord alleen in ’n versreël te laat staan, terwyl die ander reëls langer is. Woorde of sinsnedes word ook geïsoleer in alleenstaande strofes ter wille van beklemtoning/uitheffing.

    Voor- en agterplasing: Belangrike woorde word voor of agter in ’n versreël geplaas deur die woordorde van die sin te verander ter wille van beklemtoning/uitheffing.

    Omgekeerde woordorde/inversie: Die woordorde word doelbewus verander om bostaande plasings te bewerkstellig.

    Funksies van omgekeerde woordorde (inversie) of ongewone woordorde:

    •Dit word gebruik ter wille van rym.

    •Belangrike woorde word hierdeur beklemtoon.

    •Dit bevorder die ritme in ’n gedig.

    Herhaling/repetisie

    Woorde, klanke, frases of selfs sinne word herhaal om ’n bepaalde effek te verkry, dikwels om te beklemtoon of ’n betekenisverband uit te lig. Herhaling bind ’n gedig tot ’n eenheid saam en maak dit klankryk. Dit kom algemeen voor in gedigte.

    Poëtiese tegnieke en stylmiddele

    Antonomasia/naamsverwisseling: Dit kom algemeen voor in omgangstaal wanneer ’n eienaam met sekere konnotasies gebruik word om iemand te beskryf, byvoorbeeld: Hy is ’n regte Goliat. Dit kom ook voor wanneer ’n bynaam of titel in plaas van ’n eienaam gebruik word.

    Beeldspraak (figuurlike taal) is ’n versamelnaam vir al die beelde wat in ’n literêre teks gebruik word. Dis belangrik om te onthou dat dit altyd op vergelyking berus.

    Bevoorregte posisie in ’n versreël: Sekere posisies in ’n sin (of versreël) dra groter klem as die res: gewoonlik die eerste woord en die laaste woord – en wanneer die woord in ’n rymposisie lê, word dit veral beklemtoon. Daarom speel skrywers en digters met woordorde en rymwoorde wanneer hulle sekere gedagtes wil beklemtoon.

    Enjambement is wanneer een reël van ’n gedig sonder ’n ruspunt na die volgende reël oorloop. Dit trek die aandag af van ’n opvallende rympatroon en beïnvloed die tempo en ritme van ’n gedig omdat dit die tempo kan versnel of vertraag.

    Inkeping kry ons wanneer ’n reël verder van die kantlyn af staan as die ander – ook dikwels om te beklemtoon.

    Kontras/teenstelling/antitese kry ’n mens wanneer twee sake met teenoorgestelde eienskappe teenoor mekaar te staan kom, byvoorbeeld lank en kort, vet en maer, iemand wat baie vredeliewend is teenoor iemand wat baie haatdraend is, ’n land wat baie vooruitstrewend en ryk is teenoor ’n land wat agterlik en arm is.

    Metafoor: In teenstelling met die vergelyking, gebruik digters metafore wanneer een saak direk in verband met iets anders gebring of gelykgestel word aan iets anders, byvoorbeeld: Die laat-middag het room geword (uit: Karoo-dorp: someraand deur N. P. van Wyk Louw, Tristia, Human & Rousseau).

    Metonimia: Wanneer ons een saak in plaas van ’n ander noem op grond van ’n verhouding wat tussen die twee sake bestaan, praat ons van metonimia of oornoeming, byvoorbeeld: Sy behoort respek vir my grys hare te hê. Ons bestudeer ’n Opperman hierdie jaar.

    Personifikasie: Ons personifieer wanneer ons aan die natuur, lewelose voorwerpe, diere en abstrakte begrippe die eienskappe en handelinge van mense toeskryf. Byvoorbeeld: Die wind sing ’n treurige lied in die grys oggendstilte. Die lewelose ding (wind) word in terme van menslike eienskappe beskryf (sing treurige).

    ’n Digter gebruik personifikasie sodat ’n leser kan identifiseer met die saak wat die digter in woorde wil verbeeld.

    Sinekdogee: ’n Deel van die geheel word genoem (gedeeltelike aanduiding), byvoorbeeld: ’n Duisend voete het al hierdie paadjie geloop. Ek het nie ’n droë draad aan my lyf nie.

    Sinestesie: Sinestesie is beeldspraak in die vorm van ’n metafoor of ’n vergelyking waarin die sake wat met mekaar vergelyk word tot twee verskillende gebiede van sintuiglike waarneming behoort. Dikwels word die sintuiglike waarnemings omgeruil, byvoorbeeld: Die sonskerp klanke van die viool laat my duisel./Haar sang gee my koue rillings./Ek proe die suikersoet strale van die son.

    Tempo is hoe vinnig of hoe stadig ’n gedig gelees word. ’n Digter kan die tempo manipuleer deur byvoorbeeld lang woorde met baie leestekens te gebruik as die tempo stadig moet wees. Wanneer die tempo moet versnel, kan die digter byvoorbeeld van enjambement gebruik maak, met kort woorde en klanke wat maklik uitgespreek word, met baie alliterasie en assonansie.

    Universeel: ’n Gedig of tema is universeel wanneer dit enige tyd, enige plek, op enige persoon van toepassing kan wees. ’n Ma se liefde vir haar kind is, byvoorbeeld, universeel.

    Vergelyking: Twee dinge wat sekere ooreenkomste met mekaar het, word verbind deur woorde soos die volgende: soos, nes, asof, net soos en as. Die twee sake kan op grond van ’n enkele ooreenkoms met mekaar vergelyk of selfs gelykgestel word. Byvoorbeeld: die feestafel staan gedek, die musikante wag sluimerend in hulle manelle soos dromende pikkewyne. (Uit: ek wag in my hart deur Breyten Breytenbach, die ysterkoei sweet, Perskor).

    ’n Wending vind plaas wanneer ’n gedig ’n nuwe rigting inslaan. Gewoonlik is daar ’n spesifieke woord wat daarop dui dat daar nou ’n afwyking gaan volg.

    Klank

    Rym is kenmerkend van die poësie. Dit ontstaan wanneer klanke herhaal word en sodoende die klankrykheid van die gedig versterk. Dikwels het dit ’n klanknabootsende, singerige funksie en dit word ook vir beklemtoning gebruik. Rym kan ook woorde verbind om die ooreenstemmende betekenis in die rymende woorde te beklemtoon.

    Daar is verskillende soorte rym:

    Funksies van rym

    •Dit skep ’n opvallende klankpatroon.

    •Deur rym word ’n atmosfeer of stemming geskep.

    •Rym is klankversterkend.

    •Rym verskaf ’n patroon en dien as bindmiddel tussen belangrike woorde.

    •Rym is ’n beklemtoningsmiddel: belangrike woorde word in rymposisies geplaas.

    Ritme is in alles wat lewe. Daar is ritme in ons hartklop, die klots van die branders teen die rotse, die wisseling van die seisoene, in musiek. Ritme word gekenmerk deur beweging. Dis een van die opvallende kenmerke van poësie, want dit organiseer die taal op ’n ongewone manier wat die leser of hoorder verras en plesier verskaf.

    Ritme ontstaan wanneer beklemtoonde lettergrepe (heffings) en onbeklemtoonde lettergrepe (dalings) ’n maatslag of klankpatroon skep. Hoe korter heffings op mekaar volg, hoe vinniger is die ritme. ’n Patroon van heffing/daling/heffing/daling se ritme is, byvoorbeeld, vinniger as ’n patroon van heffing/daling/daling/heffing/daling/daling. Dink maar aan musiek se ritme. ’n Vinnige ritme laat jou vrolik voel terwyl stadige, lang klanke ’n meer ontspanne of morbiede atmosfeer skep.

    Onomatopee (klanknabootsing)

    Klanknabootsing is die namaak van klanke in woorde. Sulke woorde help ons om in ons verbeelding ’n prentjie te vorm van die dinge, mense of plekke wat beskryf word. Somtyds klink ’n woord soos die geluid van die ding of handelingaksie waarna dit verwys, byvoorbeeld: kaplaks!, tjirp, brr, tingeling, ensovoorts.

    Hersien retoriese taal en stylfigure

    Soorte gedigte

    Ons kan onderskei tussen hoofsaaklik epies/verhalende (narratiewe) gedigte, soos ’n ballade, epos/heldedig (verhalende gedig), monoloog/alleenspraak en liriese (romantiese, klankryke) gedigte, soos die sonnet, himne, haikoe, elegie/treurdig, ode/lofdig. Ander soorte gedigte wat nie in die vorige twee kategorieë ingedeel word nie sluit in: vrye vers, limeriek, parodie (gedig wat ’n ander gedig naboots en grapprig maak), spotdig (gedig wat spot met die euwels van die samelewing).

    Gedigontledings

    Elmé Barnard

    Thumela (Verskuns, bl. 1)

    Die gedig in konteks

    Die digter het as Graad 10-leerder aan ’n poësiekompetisie deelgeneem en die gedig Thumela het in die bundel Poort, waarin die beste gedigte van die kompetisie publiseer is, verskyn. Elmé Barnard sê dat hulle as graad 10’s gekyk het na die uitbundige matrieks wat op hul laaste skooldag die skool en die dinge van hul kindwees gegroet het. Dit het só ’n indruk op haar gemaak dat sy hierdie gedig geskryf het.

    Ontleding

    Kontekstuele vrae

    1.Wat beteken die titel van dié gedig? Haal ’n woord uit r. 12–15 aan wat by dié betekenis aansluit.

    2.Skryf die betekenis van die titel in ten minste twee van Suid-Afrika se amptelike tale neer.

    3.Noem die drie dele waaruit die gedig bestaan en gee kortliks die inhoud van elke deel weer.

    4.Wat is die rede dat meneer in r. 1 met ’n kleinletter geskryf is?

    5.Watter emosie ervaar die jy in r. 2? Wat is die rede vir dié emosie?

    6.Skryf r. 3 neer. Onderstreep en benoem die halfrym in die reël.

    7.Watter ooreenkoms is daar tussen die reaksie van die skoolverlater in r. 1–17 en die onderwyser in r. 18–19? Haal ’n woord uit die gedig aan om jou antwoord te bewys.

    8.Benoem die beeldspraak wat in r. 12–14 voorkom.

    9.Waarna kan geskiedenis (r. 12) verwys?

    10.Dink jy dit is korrek om jou geskiedenisboeke weg te gooi? Motiveer jou antwoord.

    11.Waarna kan die woord verward (r. 14) verwys en hoe word dit beklemtoon?

    12.Haal ’n frase uit die gedig aan om aan te dui dat daar min mense op die skoolterrein was.

    13.Gee die geïmpliseerde betekenis van r. 16–17.

    14.Hoekom dink jy het die meneer weggedraai (r. 19)?

    15.Wie is die spreker in die gedig?

    16.Hoe kontrasteer die jy (r. 1–17) met die spreker? Lyk dit uit die gedig of die spreker ook soos die jy sal optree op die laaste dag van sy/haar skoolloopbaan? Motiveer jou antwoord.

    17.Hoe sluit die titel by die tema van die gedig aan? Motiveer jou antwoord.

    18.Gee bewyse dat hierdie gedig ’n vrye vers is.

    19.Met watter tradisies dink jy moet ’n skoolloopbaan afgesluit word? Motiveer jou antwoord.

    Boerneef (I.W. van der Merwe)

    Dit spook hier woes met nuwemaan (Verskuns, bl. 4)

    Die gedig in konteks

    Boplaas is ’n plaas in die Koue Bokkeveld naby Ceres waar Van der Merwes (Boerneef is die skuilnaam van die digter I. W. van der Merwe) reeds sedert 1743 woon. Die huis en ander geboue op die plaas is ’n nasionale monument. Die gebruik van plekname en eiename van mense wat waarskynlik in die Koue Bokkeveld woon, is kenmerkend van Boerneef se poësie.

    Ontleding

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1