Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Vers en vlam: ’n Poësiebloemlesing vir graad 10 Eerste Addisionele Taal
Vers en vlam: ’n Poësiebloemlesing vir graad 10 Eerste Addisionele Taal
Vers en vlam: ’n Poësiebloemlesing vir graad 10 Eerste Addisionele Taal
Ebook332 pages5 hours

Vers en vlam: ’n Poësiebloemlesing vir graad 10 Eerste Addisionele Taal

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Vers en vlam stel graad 10- Eerste Addisionele Taalleerders in staat om te beleef hoe Afrikaanse gedigte kreatief, intelligent en vindingryk met die taal omgaan. Die bundel is volgens die KABV se riglyne saamgestel. Die bundel se titel verwys na die Afrikaanse uitdrukking “iemand is vuur en vlam”, ’n uitdrukking wat daarop dui dat iemand baie opgewonde en entoesiasties is. In Vers en vlam is gedigte uit al die soorte Afrikaans opgeneem wat die belangrikste versvorme, literêre tydperke en temas in die Afrikaanse digkuns verteenwoordig. Só word daar ’n vlam aangesteek wat lig werp op die geskiedenis, op vandag se samelewing en verhoudings, asook op ontwikkeling en verstegnieke in die Afrikaanse poësie. Vers en vlam is vir die leerder en onderwyser ’n uiters bruikbare werkboek. Dit bevat: ’n inleiding tot die Afrikaanse poësie; biografiese inligting by elke gedig met ’n oorsig van die digter se lewe en werk; ’n kort inleiding oor die onderwerp waaroor die leerder bloot kan nadink of ’n gesprek kan voer of kan skryf; agtergrond oor elke gedig en ’n kort verduideliking waaroor dit gaan;
woordverklarings van moeiliker woorde in Afrikaans en Engels; ’n afdeling “Pitkos” wat die leerder se aandag op sake vestig wat ’n sleutel is om die gedig beter te verstaan; ’n afdeling “Leerfokus” wat die poësietegniek wat in die gedig gebruik word, saamvat; kontekstuele vrae wat leerders help om soveel as moontlik van die gedig te verstaan, dit te interpreteer, en hul gevoel daaroor weer te gee; ’n afdeling “Vir jou joernaal en/of in die klas” wat leerders die geleentheid bied om skeppend op aspekte van die gedig te reageer; ’n glossarium wat literêre begrippe verduidelik. Ekstra hulpmateriaal kan gratis afgelaai word by www.nb.co.za
LanguageAfrikaans
Release dateNov 6, 2015
ISBN9780798171717
Vers en vlam: ’n Poësiebloemlesing vir graad 10 Eerste Addisionele Taal
Author

Jeanette Ferreira

Jeanette Ferreira het in die Laeveld grootgeword. Na ’n akademiese loopbaan as o.m. professor in letterkunde, was sy by verskeie uitgewerye werksaam. Sy het al verskeie versamelbundels saamgestel, 12 boeke gepubliseer en is veral bekend vir haar gewilde historiese romans Babette, Catharina en Charlotta.  

Read more from Jeanette Ferreira

Related to Vers en vlam

Related ebooks

Related articles

Reviews for Vers en vlam

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Vers en vlam - Jeanette Ferreira

    VERS EN VLAM

    ’n Poësiebloemlesing

    Graad 10 Eerste Addisionele Taal

    Dr. Jeanette Ferreira, Erna du Toit, 

    dr. Hanna Geldenhuys, dr. Michael le Cordeur 

    en dr. Alicia van der Spuy

    Human en Rousseau

    Enige bladsyverwysings in hierdie uitgawe verwys na die bladsye in die gedrukte boek.

    Die uitleg van gedigte in hierdie digitale uitgawe van Vers en vlam mag verskil van dié van die gedrukte uitgawe, afhangende van die instellings op u leestoestel. Die uitleg vertoon optimaal indien die standaardinstelling op u leestoestel gebruik word. Lesers kan egter eksperimenteer met die instellings vir verskillende perspektiewe op die gedigte.

    Hoe om hierdie boek te gebruik

    Inleiding tot die Afrikaanse poësie maak jou vertroud met wat poësie is, hoe jy literêre begrippe onder die knie kan kry, die geskiedenis van die Afrikaanse poësie, soorte Afrikaans, wat die kanon is en hoe gedigte vir die bloemlesing gekies is.

    Pre-lees

    ’n Kort inleiding oor die onderwerp waaroor die leerder bloot kan nadink of oor gesprek voer of oor kan skryf.

    Biografiese inligting by elke gedig gee ’n oorsig van die digter se lewe en werk.

    Die gedig in konteks verskaf agtergrond vir die gedig wat volg en verduidelik kortliks waaroor dit gaan.

    Lees

    Die gedig is van versreëlnommers voorsien, wat nie deel is van die gedig nie, maar verwysing na versreëls makliker maak.

    Woordverklarings verduidelik moeiliker woorde in Afrikaans en bevat ook Engelse verduidelikings.

    Pitkos vestig jou aandag op sake wat vir jou ’n sleutel is na beter begrip van die gedig.

    Leerfokus is ’n samevatting van die kennis van poësietegniek waarmee jy in hierdie afdeling toegerus sal word.

    LET WEL: In Pitkos sowel as Leerfokus verskyn literêre begrippe wat nie by elke gedig weer verklaar kan word nie. Dit word wel in die Glossarium verduidelik. Raad­pleeg telkens die Glossarium wanneer jy begrippe teëkom wat jy nie verstaan nie.

    Post-lees

    Kontekstuele vrae is kortvrae wat jou help om soveel as moontlik van die gedig te verstaan en dit te interpreteer, asook jou gevoel daaroor weer te gee deur meer persoonlik daarop te reageer.

    Vir jou joernaal en/of in die klas bied jou die geleentheid om skeppend op aspekte van die gedig te reageer.

    Agter in die boek verskyn die volgende:

    Glossarium waarin literêre begrippe verduidelik word. Raadpleeg dit voortdurend wanneer jy ’n gedig bestudeer - soos hierbo aanbeveel - maar keer ook hier­die proses om: Lees die Glossarium onafhanklik en kyk of jy voorbeelde van hierdie begrippe in die gedigte vind soos in hierdie bloemlesing opgeneem.

    Erkennings verleen erkenning aan instansies wat toestemming gegee het dat gedigte in hierdie bloemlesing opgeneem mag word en dui aan uit watter bundels en ander bronne dit geneem is.

    Bibliografie bevat alle geraadpleegde bronne waarvan die samestellers gebruik gemaak het.

    Inleiding tot die Afrikaanse poësie

    Die Afrikaanse uitdrukking iemand is vuur en vlam verwys na iemand wat baie opgewonde en entoesiasties is. Hier­die bundel se titel is aan dié uitdrukking ontleen. Dit maak gebruik van woordspeling deur ’n deel van die bekende uitdrukking te behou en ’n ander deel te vervang. Dink aan ’n gedig soos aan ’n vlam. Wanneer ’n vlam aangesteek word, verdryf dit die koue en donker, daar is lig en waarde wat veel verder as die vlammetjie strek.

    Wat bied Vers en vlam?

    Vers en vlam stel jou in staat om te beleef hoe Afrikaanse gedigte kreatief, intelligent en vindingryk met die taal omgaan. Jy sal die geleentheid kry om die taal te hoor, te lees en te skryf en só te leer hoe taal gemanipuleer kan word om iets te beklemtoon en bykomende betekenis daaraan te gee. Die studie van elke gedig is verdeel in pre-lees, lees en post-lees om die verskillende fases van begrip te vergemaklik. Die doel is nie dat jy die regte antwoord sal vind nie, maar dat jy sal leer hoe om te verduidelik waarom ’n woord, frase of gedig ’n bepaalde betekenis vir jou skep. Ook sal jy leer dat gedigte mens kan ontroer, vermaak en jou verbeelding gaande maak. Jy sal ook die geleentheid kry om oor die tema of sentrale gedagte in verse na te dink en te sê of jy daarmee saamstem, daarvan verskil of heeltemal ’n ander mening huldig.

    Wat is poësie?

    Skeppende skryfwerk word ook fiksie genoem. Dit verskil van niefiksie in die sin dat dit nie net met feite werk nie, maar in die besonder met verbeelding. Fiksie kan verdeel word in prosa, drama en verse. Laasgenoemde is die afdeling wat in Vers en vlam verken word. Daar word ook na verse as poësie of gedigte verwys en al drie hierdie benamings kan gebruik word.

    In verse word taal só gebruik dat dit meer betekenis skep as wat die woord of frase in niefiksie kan. Die geheim is om met so min as moontlik woorde soveel as moontlik betekenis te skep. Poësie is so ’n gekonsentreerde vorm van taal dat dit as ’t ware taal onder die mikroskoop is; selfs ’n lettergreep kan meewerk tot ’n nuwe of breër betekenis. Elke spasie, leesteken, beklemtoonde woord, weglating van ’n woord, stylfiguur, ritme, rymwoord en herhaling dra betekenis.

    Ook die vorm van ’n gedig skep betekenis. Deur die eeue heen het vaste vorme ontstaan, waaronder koeplette, tersines, kwatryne, sonnette, haikoes, limerieke en ballades. In hierdie versvorme kan die leser ’n vasgestelde rympatroon verwag, asook ’n vasgestelde aantal versreëls en strofes. Wanneer daar van hierdie vorm afgewyk word, skep ook die afwyking nuwe betekenis, omdat dit indirek kommentaar lewer op die vasgestelde vorm. Vorm en inhoud kan egter net kunsmatig geskei word: Die wending – die versreël waarin die leser van iets nuuts of onverwags lees – verskyn gewoonlik in ’n vasgestelde strofe of versreël. Gewoonlik gaan hierdie inhoudelike wending ook saam met die een of ander wending in die aantal versreëls of rympatroon. Later het die vrye vers ontstaan, wat nie gebonde is aan rym of ’n vasgestelde aantal versreëls nie. Hoewel die vrye vers nader aan prosa of drama is, is dit steeds opsigtelik korter en gebruik dit steeds een of meer van die ander verstegnieke.

    Literêre begrippe

    In die studie van poësie het daar deur die eeue heen terminologie ontstaan wat dig­vorme en tegnieke beskryf: kwatryn, assonansie, ensovoorts. ’n Lys van hierdie begrippe en verduideliking daarvan verskyn agter in die boek onder die opskrif Glossarium. Dit is net prakties om hierdie terminologie onder die knie te kry, want só word daar met een woord ’n begrip beskryf wat andersins elke keer op omslagtige wyse beskryf moet word. Die maklikste manier om dit te doen, is om dadelik die glos­sarium te raadpleeg wanneer jy op ’n begrip afkom wat jy nie verstaan nie. Saam met die verduideliking daarvan kan jy dan in die gedig ’n voorbeeld daarvan sien. Voorbeeld en verduideliking is die beste manier om nuwe begrippe te leer ken.

    Poësiegeskiedenis

    Binne die groter raamwerk van ’n land se geskiedenis het die tale in die land ook ’n literatuurgeskiedenis. En binne die raamwerk van ’n literatuurgeskiedenis het die Afrikaanse poësie ook ’n geskiedenis. Dié poësiegeskiedenis is interessant, omdat dit ’n gedig en die digter vir ons in ’n periode plaas. Party digters het egter die periode waarin hulle begin publiseer het, oorleef deurdat hulle nog vir dekades daarna gepubliseer het. Om jou ’n digter in sy leeftyd te help plaas, word digters se geboor­te­datum aangedui met ’n * by die biografie geplaas en, indien van toepassing, die sterfdatum ná die simbool aangedui met ’n †.

    By elke digter word die literêre pryse wat deur hom of haar verower is, vermeld, omdat dit deel van die literatuurgeskiedenis is. Dit beteken egter nie dat digters wat geen pryse verower het se werk minderwaardig is nie. Toekennings dui konsensus onder letterkundiges oor ’n skrywer se werk aan, maar binne ’n bepaalde jaar kan daar byna net sulke goeie werk gepubliseer word wat nie bekroon kan word nie, omdat daar binne ’n afgebakende periode (soos die prys se reglemente bepaal) net een prys toegeken kan word en net in sekere gevalle kan die prys gedeel word. Die eenvou­digste vers kan vreugde verskaf of mens laat nadink. Ook die digter se akademiese kwalifikasies en ervaring wat by die biografie vermeld word, moet nie as ’n maatstaf vir die digter se bekwaamheid gesien word nie. Dit is bloot interessante en wetens­waardige besonderhede oor die mens agter die gedig.

    Dit is wel waardevol om tydperke binne ’n poësiegeskiedenis te onderskei, omdat mens daaruit kan aflei watter temas in so ’n tydperk vir die eerste keer aangeroer is en watter invloed dit op die digter se taalgenote en mededigters gehad het.

    Net een voorbeeld hiervan: Enoch Sontonga het in 1897 Nkosi sikelel’ i-Afrika in Xhosa geskryf. In 1946 verskyn dit in die Afrikaanse poësie toe H.A. Fagan dit in ’n gedig verwerk. Dié pleitgedig vir eenheid in Suid-Afrika was die voorloper van Afrikaanse digterstemme teen apartheid wat sedert die 1960’s in die poësie sou opklink: onder andere Breyten Breytenbach, Ingrid Jonker en Adam Small. In die 1980’s het strugglepoësie daarby aangesluit met gedigte van onder andere Peter Snyders, Patrick Petersen en Antjie Krog.

    Van die vroegste Afrikaans is sedert 1870 in versvorm gepubliseer. Hierdie gedigte is nie in Vers en vlam opgeneem nie, omdat dit in ’n baie ou vorm van Afrikaans verskyn wat kennis van Nederlands vereis om dit te verstaan. Dit is voldoende om te weet watter gedigte en digters uit hierdie tydperk kom: F.W. Reitz, Pulvermacher, Arnoldus Pannevis, C.P. Hoogenhout, S.J. du Toit en J. Lion Cachet. In Die Genootskap vir Regte Afrikaners, wat in 1875 gestig is, se koerant Di Afrikaanse Patriot het daar sedert 1876 ook verse verskyn oor politieke, sosiale en historiese sake.

    Sedert die begin van die jare 1900 was Eugène N. Marais, C. Louis Leipoldt, Jan F.E. Celliers en Totius in die Afrikaanse verskuns aan die woord. Die natuur, Afrika-­folklore, Oosterse kultuur, die Anglo-Boereoorlog, patriotisme en godsdienstige besinning is van die belangrikste temas in hierdie tyd.

    Die Afrikaanse digters wie se werk sedert 1930 verskyn het, het as die Dertigers bekend gestaan. Van die bekendstes was N.P. van Wyk Louw, W.E.G. Louw, Uys Krige, Elisabeth Eybers, C.M. van den Heever en I.D. du Plessis. Die benaming Dertigers kan egter misleidend wees, omdat hierdie digters nog vir dekades daarna gepubliseer het. Ander stemme het gaandeweg by hulle aangesluit en die Afrikaanse poësie verruim, onder wie D.J. Opperman, Adam Small, Peter Blum, Sheila Cussons, Wilma Stockenström, Antjie Krog, Ingrid Jonker en Breyten Breytenbach.

    Tydens die jare 1960 is daar van die Sestigers gepraat, van wie Jonker en Breytenbach die bekendste was. Hulle het veral van die vrye vers gebruik gemaak en politieke verset was sentraal in hulle werk. Maar Breytenbach, Stockenström en Krog publiseer tydens die verskyning van hierdie bloemlesing steeds en hulle jongste werk kan nie as deel van die Sestigerbeweging beskou word nie.

    Dit is dan ook nie realisties om een of meer temas te koppel aan verse wat sedert 1930 tot vandag verskyn het nie. Daar kan wel breedweg gesê word verse sedert hierdie tydperk werk met ingewikkelder tegnieke en diepsinnige vraagstukke oor die mens se plek in die wêreld, godsdiens, asook vrae oor apartheid. Laasgenoemde het sedert 1960 al hoe sterker op die voorgrond getree. In die 1980’s het struggleverse – wat oor die noodsaak van politieke bevryding en die ongeregtigheid van apartheid handel – ’n belangrike plek in die Afrikaanse verskuns begin beklee.

    Dekades lank is verset teen apartheid deur gedigte verwoord en dit is nie verbasend dat Afrikaanse digters weer eens deur die skryfkuns kommentaar lewer op eietydse maatskaplike toestande en figure nie. In Marlene van Niekerk se bundel Kaar verskyn verskeie gedigte oor onder meer polisiegeweld en korrupsie en Antjie Krog verwoord in haar gedig by oudpresident Mandela se dood wat ’n slag dié geliefde staatsman se dood vir Suid-Afrika was.

    Soorte Afrikaans

    Voor die 1950’s het slegs gedigte in Standaardafrikaans verskyn. Kaapse Afrikaans en Griekwa-Afrikaans was egter nog altyd deel van Afrikaans hoewel dit eers in die tweede helfte van die twintigste eeu in gepubliseerde vorm begin verskyn het. Dit is deel van die Afrikaanse kultuurskat en daar verskyn jaarliks al hoe meer daarvan.

    In Kaapse Afrikaans kom heelwat Engelse woorde voor en dit het soms in Kaapse Afrikaans ’n ander of ruimer betekenis as in Engels. Dit kan geensins as onsuiwer Afrikaans beskou word soos wanneer iemand Standaardafrikaans praat en Engelse woorde tussenin gebruik nie. Daar kom ook talle woorde uit Oosterse tale in voor. Dit is net so deel van Kaapse Afrikaans soos woorde uit Oosterse tale wat in Standaardafrikaans voorkom. Griekwa-Afrikaans vertoon ouer vorme van Afrikaans en woorde uit die Khoi- en Boesmantale. Hou in gedagte dat Kaapse en Griekwa-­Afrikaans meestal foneties gespel word – dit wil sê soos dit uitgespreek word – en die spelling daarvan wissel.

    Kaapse Afrikaans en Griekwa-Afrikaans word nie meer net in die Kaap en/of Namibië gepraat nie en dit is nie noodwendig die huistaal van digters wat in hierdie vorm van Afrikaans skryf nie. Sedert dit in gepubliseerde vorm verskyn en tans ook in media soos Facebook gebruik word, het die seggingskrag daarvan na alle Afrikaans­sprekendes versprei.

    Die kanon

    Die kanon (spreek uit kaanon) hou verband met literatuurgeskiedenis. Dit is daar­die gedigte wat sedert die ontstaan van Afrikaans so bekend geword het dat dit sinoniem met Afrikaanse poësie is. Hierdie gedigte word jaar ná jaar in versamelbundels opgeneem, telkens vir bestudering uitgesonder en telkens aangehaal en die digters se ander werk is so bekend dat hulle nuwe werk dadelik belangstelling uitlok. Sommige van hierdie gedigte het bekendheid verwerf omdat dit oorwegend die verstegniek daarin is wat so treffend is, ander omdat die inhoud daarvan tot soveel mense spreek. Die grootste verse is uiteraard dié waarin tegniek sowel as inhoud daartoe bygedra het dat dit onder poësieliefhebbers se gunstelinge tel.

    Maar ’n kanon is iets lewends, want daar verskyn voortdurend nuwe gedigte en lesers se opvatting van wat goed en minder goed is, wissel en brei uit. In hierdie bloemlesing is daar dus ook verse opgeneem van digters wat nog nie so bekend is nie, maar wie se werk knap is en oor dinge handel wat in ons tyd belangrik is.

    Sedert die tagtigerjare verskyn ook die Afrikaanse liedteks op die toneel. Alle lirieke wat deur moderne sangers gesing word, is egter nie sonder meer geslaagde verse nie. Rym en ritme wat nie bykomende betekenis aan woorde gee nie, is nog nie ’n vers nie. Van hierdie sangers se werk wat groot byval gevind het en wel ook as verse bestudeer kan word, is die bekendste name Koos du Plessis, Johannes Kerkorrel, Koos Kombuis en David Kramer.

    Keuse van gedigte

    In Vers en vlam is gedigte uit al die soorte Afrikaans opgeneem wat die belangrikste versvorme, literêre tydperke en temas in die Afrikaanse digkuns verteenwoordig. Só word daar ’n vlam aangesteek wat lig werp op die geskiedenis, op die heden­daagse samelewing en verhoudings, asook op ontwikkeling en verstegnieke in die Afrikaanse poësie.

    Verse lees en skryf

    Digter sowel as leser het ’n aandeel aan die gedig. ’n Vers op skrif bestaan net gedeeltelik. Dit is eers ’n volledige vers wanneer iemand dit gelees het, verstaan watter betekenis dit oordra en die tegniek waarmee hierdie betekenis geskep is, begryp. Die digter steek ’n vlam aan, die leser sien en voel dit. Dan eers is dit ’n ware vlam van ’n vers. Kom deel in die fees van lig en hitte.

    DIE SAMESTELLERS

    Peter Blum

    (*4 Mei 1925 – †5 Desember 1990)

    PETER BLUM WAS EEN VAN die boeiendste digters wat die Afrikaanse poësie nog opgelewer het. Hy is in 1925 in Wene, Oostenryk, gebore. Sy ouers was van Joodse afkoms en sy huis­taal was Duits. Die gesin het in 1936 na Suid-Afrika verhuis, waar die elfjarige seun in Johan­nesburg en Durban skoolgegaan en Afrikaans vlot aangeleer het. Daarna studeer hy aan die Universiteit Stellenbosch, maar voltooi nie sy graad nie. Eers in 1954 gaan hy terug na Stellenbosch, waar hy in 1955 die BA-graad in tale met lof behaal. Hy was baie intelligent en het wyd gelees in verskeie tale. Met sy kennis van die groot werke

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1