Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 9 Eerste Addisionele Taal
Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 9 Eerste Addisionele Taal
Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 9 Eerste Addisionele Taal
Ebook342 pages3 hours

Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 9 Eerste Addisionele Taal

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

’n Leesboek soos min! Die Piekfyn Afrikaans Leesboek is volgens die vereiste vir leesonderrig in die Senior Fase en die KABV ontwikkel. Die boek is ingedeel volgens verskillende genres met tekste en temas gepas vir leerders in hierdie fase. Wanneer leerders hierdie boek lees, gaan hulle hulself inleef in die gebeure, belewenisse, waarnemings en emosies van die karakters in elke teks.

Die Piekfyn Afrikaans Leesboek bestaan uit kortverhale en volksverhale wat lesers nuwe avonture en ervarings laat beleef. Daar is dramas om in groepverband te beurtlees of op te voer, en gedigte om te lees vir genot of om te dramatiseer. Al hierdie lekker leeswerk gaan lesers help om Afrikaans spoggerig vlot te lees, hulle taalbegrip te bevorder en hulle kennis en begrip van literêre tekste te ontwikkel.

Vir die klaskamer
Om die onderwyser te help met onderrig, het die samestellers die volgende inligting in die Leesboek voorsien:
• Vrae oor die meeste tekste wat volgens kognitiewe vlakke geformuleer is
• Toeligting by moeilike tekste
• Woordverklarings vir komplekse woorde
• Die stappe van die leesproses

Antwoorde op alles vrae is gratis beskikbaar op www.bestbooks.co.za.
LanguageAfrikaans
PublisherBest Books
Release dateOct 31, 2013
ISBN9781775891017
Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 9 Eerste Addisionele Taal
Author

Riens Vosloo

Riens Vosloo is tans ’n vryskutsamesteller van opvoedkundige tekste vir Afrikaans Huistaal en EAT (Gr. 4-12). Sy stel letterkunde bloemlesings saam – meeste daarvan vir die katalogus van die DBO. Sy is bekend vir reekse soos Piekfyn, Verskuns, Kroonsteen, A Handful of Life en Creative Outcomes.

Read more from Riens Vosloo

Related to Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 9 Eerste Addisionele Taal

Titles in the series (22)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 9 Eerste Addisionele Taal

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 9 Eerste Addisionele Taal - Riens Vosloo

    Piekfyn Afrikaans Leesboek

    Graad 9

    Eerste Addisionele Taal

    Saamgestel deur Riens Vosloo

    Best Books

    Liewe leerder

    Jou Piekfyn Afrikaans Leesboek gaan nog jou beste maat word. Eintlik is boeke beter as maats, want hulle het altyd tyd vir jou, hulle praat nie terug nie, baklei nie, en hulle skinder ook nie van jou nie! En hulle neem jou na wonderlike wêrelde toe. Wanneer jy lees en jou inleef in die gebeure en karakters in ’n storie, vergeet jy van al die ander dinge rondom jou.

    Maar jy gaan nie net gewone stories lees nie. In jou Piekfyn Afrikaans Leesboek is legendes, mites, sprokies en vertellinge wat jou nuwe avonture gaan laat beleef of jou hare gaan laat regop staan. Daar is ook dramas wat julle in groepe kan beurtlees of opvoer, gedigte wat jy kan lees vir genot en selfs saam met jou maats kan dramatiseer. Dalk word jy ’n skrywer en gee jou Piekfyn Afrikaans Leesboek vir jou ’n paar goeie idees vir jou eie skryfwerk! Het jy geweet goeie skrywers lees sommer van jongs af baie?

    Al hierdie lekker leeswerk gaan jou help om Afrikaans spoggerig en vlot te lees. Geniet hierdie jaar se Piekfyn Afrikaans Leesboek!

    volks_hd.jpg

    Tradisies is gewoontes wat deur eeue heen dieselfde gebly het. Mense wat by hierdie gewoontes hou, is tradisionele mense. Hulle leef nog baie soos hulle voorouers geleef het.

    afri.jpg

    Volksverhale is een van die tradisies wat deur tradisionele mense in stand gehou word. Dit word al eeue lank oorvertel en ons weet nie wie dit eerste vertel het nie. Dus kan ons nooit sê wie die skrywer van ’n volksverhaal is nie, net wie dit oorvertel het. Daarom moet die skrywer se naam by die titel van ’n volksverhaal altyd verstaan word as die oorverteller.

    Daar bestaan baie variasies van een verhaal omdat elke mens ’n bekende storie op sy/haar eie manier vertel of skryf. In elke oorvertelling sal daar egter ’n basiese storielyn (story line) wees waaraan mens die storie sal herken. Hierdie storielyn sal omtrent altyd in een sin opgesom (summarised in one sentence) kan word. Iemand word byvoorbeeld gestuur om ’n boodskap oor te dra, maar hy dra die verkeerde boodskap oor. Of ’n man gaan soek na ’n meisie met eienskappe wat hy in sy vrou wil sien, maar hy vind haar nie en kom huis toe. In ’n ander verhaal is die basiese storielyn dalk dat die karakters stry oor wie die sterkste is en nie een is reg nie. In die verskillende weergawes (versions) van die basiese storie kan die karakters verskillende name hê of ’n ander dier kan as karakter optree.

    ’n Generasie is mense wat min of meer ewe oud is. Jy en jou broers en susters is van dieselfde generasie. Jou ouers is nie van dieselfde generasie as jou grootouers nie. Moenie dat die Afrikaanse woord geslag jou verwar nie. Dié woord word soms ook vir generasie gebruik, maar soms verwys dit na ’n persoon se geslag, dus ’n seun of meisie. Die woord generasie sal egter nooit gebruik word om te onderskei tussen ’n seun en ’n meisie nie.

    afri.jpg

    Oorspronklik is volksverhale nie geskryf nie, maar om die vure vertel. Ouers het dit by hulle ouers gehoor en dit saans weer vir hulle kinders vertel. Hierdie kinders het dit weer vir hulle kinders vertel. En hulle het dit weer vir hulle kinders vertel. Só is dit deur die eeue heen van generasie tot generasie oorgedra en het dit vir ons behoue gebly. Daarom noem ons dit ook mondelinge verhale.

    Sedert die koms van skrif het skrywers hierdie verhale begin opteken (record). Dit is ’n wins want nou is ons seker dié verhale gaan nie verlore nie. Maar wanneer mens ’n verhaal mondeling of skriftelik vertel, laat jy altyd iets weg of jy voeg iets by. Elke mens vertel ’n storie so ’n bietjie anders. Die verhaal bly dan lewend (alive) omdat dit heeltyd ’n bietjie verander.

    Boonop het elke generasie die vertelling so ’n bietjie aangepas vir die kinders aan wie dit oorvertel word dit kan verstaan. In ’n mondelinge verhaal wat drie eeue gelede vertel is, sal ons byvoorbeeld lees van krygers (warriors) wat baie dae en nagte te voet getrek het na ’n ver, ver land om hulle koning uit ’n bose monster se kloue te red. Moenie verbaas wees as die krygers met die trein reis wanneer hierdie verhaal in ons eeu oorvertel word nie! Dit maak nie die moderne verhaal verkeerd nie, dit is net meer verstaanbaar (understandable) vir kinders wat nie verstaan hoekom mense te voet reis as daar ander maniere is nie. Die belangrikste is om te onthou die rolle wat die karakters speel en die lewensles (lesson for life) wat dit inhou, bly dieselfde.

    afri.jpg

    Daar is nog ’n rede hoekom een volksverhaal so ’n bietjie van ander weergawes daarvan verskil. In ons land is die bobbejaan ’n simbool van domheid. Maar in Sjina is dit juis andersom want daar is die bobbejaan ’n simbool van wysheid. Dalk het iemand ’n mooi Sjinese volksverhaal gehoor van ’n bobbejaan wat baie wyse dinge vir sy vriende leer. Maar as mens dit vir die Suid-Afrikanertjies vertel, sal hulle dit mos nie verstaan nie. Wel, storievertellers kan altyd planne maak. En die storieverteller sal mos weet in Suid-Afrika is die uil ’n simbool van wysheid. Dan word die bobbejaan in die Suid-Afrikaanse vertelling net ’n uil, dis mos maklik!

    Noudat skrywers mondelinge verhale begin opteken, dink ons dit kan nie meer ’n bietjie verander nie want dit staan op skrif. Maar dit kan, want onthou: Die karakters kan verander maar daar is steeds slimmes en dommes en boses, en die gebeure en die lewensles bly dieselfde.

    Nog ’n kenmerk van volksverhale is dat daar wonderlike dinge gebeur wat nie in die werklike lewe moontlik is nie. Diere kan byvoorbeeld praat en een rivier kan die hele wêreld van water voorsien. Mense met towerkragte kan met een towerwoord alles verander. Dit is alles deel van die wonderlike wêreld van verhale.

    Maar die wonderlike dinge wat in volksverhale gebeur, verskil van die onmoontlike dinge wat in wetenskapsfiksie (science fiction) gebeur. In volksverhale aanvaar ons net dit is moontlik. Maar in wetenskapsfiksie is daar meestal ’n verklaring en dit het gewoonlik te doen met vordering in die wetenskap wat dalk onmoontlike dinge moontlik kan maak. In volksverhale kyk ons in die eeue terug en in moderne verhale kyk ons hoofsaaklik die toekoms in. Goed, maar in Harry Potter gebeur daar ook dinge wat nie in die werklike lewe moontlik is nie? Ja, maar Harry Potter se verhale het in jou generasie ontstaan, so ook wetenskapsfiksie. Dit is nie verhale wat al geslagte lank oorvertel word nie en dit kan nie as volksverhale beskou word nie.

    Daar is ’n paar soorte volksverhale: sprokies, mites, spookstories, fabels. Dit is genoeg om te onthou dat die sake wat hier onder gelys word, kenmerke van die meeste volksverhale is. Elke volksverhaal sal – buiten nommer 1 – nie al hierdie kenmerke hê nie, maar dit sal omtrent altyd meer as die helfte van hierdie kenmerke hê.

    Die belangrikste, wat alle volksverhale kenmerk: Dit word al eeue lank van generasie tot generasie oorvertel.

    Dinge gebeur wat nie in die werklike lewe moontlik is nie.

    Dit gaan oor iets wat lank gelede sou gebeur het.

    Dit bied ’n verklaring (explanation) vir die wêreld en die mens se ontstaan.

    Dit bevat ’n lewensles.

    Dit bevat ’n goeie karakter/s, ’n slegte karakter/s en soms ook ’n onskuldige slagoffer/s (victim).

    Diere, lewelose voorwerpe en natuurkragte het menslike eienskappe want hulle kan praat en wys emosie.

    Karakters wat reeds dood is, tree op asof hulle lewend is, of hulle word weer lewend, of hulle verskyn as ’n natuurkrag.

    Inligting of ’n sin of woord word soms herhaal.

    Dit is nie spanningsverhale (thrillers) nie.

    Dit word in die derde persoon vertel. Die verteller sal dus byvoorbeeld nooit skryf eendag het ek ’n meisie gesien met hare so mooi as wat ek nog nooit gesien het nie.

    Die seun met die towerpenseel

    Linda Rode

    tower-penseel.jpg

    Prelees – groepbespreking

    Bespreek in groepverband wat julle weet van potyster en sweiswerk.

    Bespreek ook die sensitiewe saak van families en as mens skaam is vir jou familie.

    Watter raad sal julle aan een van julle maats kan gee wat skaam kry vir sy/haar familie?

    Watter leidrade gee die illustrasie oor die twee karakters en die verhouding tussen hulle?

    Hou jy van teken?

    Noem al die instrumente waarmee mens kan teken. Sê watter daarvan baie duur is.

    Op wat alles kan mens teken?

    Die verhaal

    ’n Arm seun met die naam Ma-Liang was baie lief vir teken. Sy ouers was al twee dood en hy het elke dag vir die ryk mense gaan riet en bamboes sny om ’n geldjie te verdien. Daar op die oewer van die rivier teken hy dan met ’n riet in die riviersand. Wanneer hy water uit die rivier moet gaan haal, teken hy met nat vingers op die gladde rotse. En met ’n stukkie houtskool van ’n uitgebrande vuur teken hy vir die armes voëls en vase en Chinese lanterns om die mure van hul huise mooi te maak.

    Ag, as ek net ’n regte penseel kon hê, soos die groot skilders, wens hy dan. ’n Dun, fyn verfkwassie.

    Een nag droom hy daar staan ’n ou-ou man met ’n lang dun baard en ’n lang haarvlegsel by hom. Ek gee vir jou ’n baie spesiale penseel, sê die ou man in sy droom. Wees versigtig hoe jy dit gebruik. Doen altyd goed aan ander mense. En hy druk ’n goue penseel in Ma-Liang se hand.

    Toe Ma-Liang wakker word, sug hy. Hy sou so graag so ’n penseel wou hê, maar hy het net genoeg geld om kos te koop. Jou waarlik, toe hy afkyk op sy hand, sien hy hy hou ’n verfkwassie vas met ’n goue steel. Ma-Liang se hart bons van vreugde.

    Met vinnige hale skilder hy op die muur. ’n Lieflike pou met ’n waaierstert van goud-en-pers en blou en smaraggroen vere. Toe Ma-Liang die laaste kolletjie op die stertvere klaar geteken het, sprei die pou sy vlerke en gaan sit op ’n wilgerboomtak.

    Ma-Liang kan sy geluk nie glo nie. Hy is so lus vir ’n bakkie rys. Gou skilder hy ’n mooi versierde kommetjie hoogvol rys. Toe hy sy penseel neersit, staan die bakkie rys voor hom, reg om geëet te word.

    Van toe af help Ma-Liang die arm mense. Hy skilder rysvelde net reg vir oes. As hulle ploeg breek, skilder Ma-Liang ’n nuwe. En vir die hongeriges skilder hy vis wat op die kole braai, of groot bakke kragtige hoendersop. Moenie dat die keiser dit hoor nie, sê Ma-Liang dan. Want die keiser van daardie tyd was baie inhalig en het nooit iets vir die armes gegee nie.

    Maar op ’n dag hoor die keiser tog van die towerpenseel en hy stuur sy soldate om Ma-Liang met sy penseel en al voor hom te bring. Ek hoor jy kan die mooiste pou op aarde skilder, sê die keiser. Skilder dadelik een vir my!

    Maar Ma-Liang verf blitsvinnig ’n kwaai ou haan wat dadelik lewe kry en om die keiser se kop fladder en kraai.

    Die keiser word baie kwaad. Gee hier die kwas, sê hy en ruk dit uit Ma-Liang se hand. Daarna laat hy Ma-Liang in die tronk gooi.

    Daardie aand nooi die keiser al sy ryk vriende na ’n verrassingsparty. Hy wil hulle wys hoe hy met die towerpenseel kan skilder. Hy vryf sy hande en stoot sy kroon op sy kop reg. Hy lig die goue penseel en skilder ’n berg van pure goud. Maar toe hy klaar is, bly dit net ’n tekening. Hy verf ’n kamer vol juwele wat flonker en skitter in reënboogkleure. Maar toe hy klaar is, bly dit net ’n prentjie. En dit gebeur met elke tekening.

    Toe laat haal hy Ma-Liang uit die tronk. Ek sal jou loslaat, sê hy, maar dan moet jy vir my skilder presies wat ek sê. Anders laat ek jou kop afkap. Toe, teken vir my ’n berg van pure goud!

    En Ma-Liang skilder ’n pragtige berg van goud, maar hy skilder dit só dat dit op ’n verre eiland in die grote see staan en glinster in die son.

    Jou onnosele seun, raas die keiser. Skilder nou vir my ’n reuseskip waarmee ons na die goue berg kan vaar.

    En Ma-Liang skilder ’n reusedrakeskip wat op die see lê en wieg. Die keiser vryf sy hande en hy en al sy ryk, inhalige vriende klim op die skip.

    Toe, skilder nou vir my ’n seewind sodat ons kan uitvaar na die goue berg! roep die keiser toe.

    En Ma-Liang teken so ’n ligte briesie wat die skip net effentjies roer.

    Domkop! skel die keiser van die skip af. Maak soos ek sê, skilder ’n stormwind sodat ons vinniger by die goud kan uitkom!

    Toe skilder Ma-Liang ’n loeiende stormwind wat briesend teen die drakeskip vaswaai en dit laat skommel en kantel en laat wegdryf in die mis, ver verby die eiland met die berg van goud. So ver dat niemand die keiser ooit weer gesien het nie.

    Ma-Liang gryp sy goue penseel styf vas, hy skilder ’n vurige swart perd en hulle galop terug na sy eie mense – die arm mense wat nooit iets van hul skatryk keiser gekry het nie. En Ma-Liang bly tussen hulle en skilder vir hul net wat hulle regtig nodig het, en hulle het nooit weer honger gely nie.

    Woordverklarings

    domkop (blockhead) – iemand wat dom is of dom dinge doen

    flonker (sparkle) – skitter, blink

    houtskool (charcoal) – oorblyfsel van hout wat uitgebrand het

    inhalig (greedy) – gierig

    kantel (topple, cant) – omval

    loeiend (roaring) – harde blaasklank

    oppervlakte (surface) – boonste, onderste of sykant

    reusedrakeskip (giant dragon ship) – ’n groot skip in die vorm van ’n draak

    skommel (rock, swing) – heen en weer beweeg

    stormwind (gale) – wind wat so sterk waai dat dit as ’n storm beskryf kan word

    weeshuis (orphanage) – tuiste vir kinders sonder ouers

    Postaktiwiteit (verryking)

    Skryf 8 tot 10 sinne oor wat jy sou teken as jy ’n towerpenseel soos Ma-Liang kry. Dit hoef nie tien voorwerpe te wees nie, dit kan ook net een wees. In jou sinne moet jy verduidelik wat gebeur wanneer die tekening ’n ware voorwerp word en hoe die omgewing lyk.

    So lief soos vir sout

    Linda Rode

    lief-soos-vir-sout.jpg

    Die verhaal

    Jare gelede was daar in Indië ’n koning met sewe dogters. Prinsesse met juwele in hulle blinkswart hare, en lang syrokke wat hulle sari’s noem.

    Eendag sit die koning sy sewe dogters so en kyk en hy kry ’n glimlag om sy mond. My dogters, sê hy, ek wil graag weet hoe lief julle vir my is.

    Nou, die koning was baie lief vir soetigheid. Hy het altyd ’n silwer bakkie vol Indiese soetgoed langs sy troon gehad.

    Die eerste ses dogters sê almal: Pappa, so lief soos vir die soetste suiker. En die ou koning se oë blink.

    Toe is dit die beurt van die sewende dogter. Haar naam was Sjameli. En jy, Sjameli, hoe lief is jy vir my? vra die koning.

    Die jongste prinses sê: Pappa, ek is vir jou so lief soos vir sout.

    Wat! dink die koning. Sy weet tog ek is so lief vir soetgoed. En toe dink die koning sowaar sy jongste dogter is nie lief vir hom nie. En hy sê sy moet vir haar ander woonplek soek as sy dan nie lief is vir hom nie.

    Die jongste prinses stap die grote wêreld in. Sy dool oral rond. Mense is goed vir haar, maar niemand weet sy is ’n prinses nie. Eindelik kom sy by ’n paleis met ’n leliedam vol bont visse wat daarin ronddartel. Sy verlang so na haar pa se paleis dat sy sommer daar by die leliedam onder ’n tamarindeboom gaan sit en huil.

    Kan ek miskien help? vra ’n sagte manstem agter

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1