VUURVRETER
Deur JOHA VAN DYK
HUMAN & ROUSSEAU, R189*
Watter kommentaar het jy op jou eerste boek, Branderjaer, gekry?
Tieners het my ge-DM op Instagram en gesê dis die eerste Afrikaanse boek wat hulle ooit klaar gelees het. Toe ek jonk was, was daar nie genoeg uitdagende, dik boeke in Afrikaans vir tieners nie, daarom het ek amper eksklusief Engels begin lees. So dis vir my belangrik en so lekker om nou lekker dik boeke vir tieners te kan skryf.
Vertel Vuurvreter se storie in ’n neutedop.
Ons volg Malherbe “Vuur” Albertyn op sy soektog deur Kransbos na die