Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Studiewerkgids: Die laaste karretjiegraf: vir Graad 11 Eerste Addisionele Taal
Studiewerkgids: Die laaste karretjiegraf: vir Graad 11 Eerste Addisionele Taal
Studiewerkgids: Die laaste karretjiegraf: vir Graad 11 Eerste Addisionele Taal
Ebook149 pages1 hour

Studiewerkgids: Die laaste karretjiegraf: vir Graad 11 Eerste Addisionele Taal

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Best Books Studiewerkgids: Die laaste karretjiegraf. Hoe goed ken jy jou voorgeskrewe drama? Verstaan jy die inhoud en struktuur? Is jy reg om eksamen te skryf daaroor? Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Die laaste karretjiegraf, die voorgeskrewe drama vir Graad 11 Afrikaans Eerste Addisionele Taal, ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van die drama word daarin gedek – in taal wat leerders verstaan. Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word die hele tyd na die dramateks verwys. Wat maak ons studiewerkgidse anders? Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam sê, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek. Inhoud van hierdie studiewerkgids: inleiding tot die drama; opsommings van al die tonele, met Engelse vertalings van moeilike woorde; ná elke opsomming volg kontekstuele vrae in Afrikaans, met genoeg plek vir leerders se antwoorde; antwoorde op alle vrae word verskaf; die struktuur van die drama, karakterisering, ensovoorts; literêre begrippe, simbole, styl, ensovoorts; verrykingsaktiwiteite om leerders se belangstelling aan te wakker; ’n Konsepvraestel (met antwoorde) om leerders se kennis te toets; alle studiewerkgidse in hierdie reeks is saamgestel volgens KABV-voorskrifte. Hierdie studiewerkgids sluit aan by Die laaste karretjiegraf, die goedgekeurde voorgeskrewe drama vir Graad 11 Afrikaans Eerste Addisionele Taal.
LanguageAfrikaans
PublisherBest Books
Release dateNov 26, 2015
ISBN9781776070176
Studiewerkgids: Die laaste karretjiegraf: vir Graad 11 Eerste Addisionele Taal
Author

Alicia van der Spuy

Alicia van der Spuy het ’n MA (cum laude) in Tweedetaal Onderrig en ’n doktorsgraad in Afrikaanse Letterkunde. Sy is tans ’n senior lektor en departementshoof (Corporate Communication and Marketing) aan die Walter Sisulu Universiteit in Oos-Londen.

Related to Studiewerkgids

Titles in the series (6)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Studiewerkgids

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Studiewerkgids - Alicia van der Spuy

    Best Books

    Studiewerkgids:

    Die laaste karretjiegraf

    vir

    Graad 11 Eerste Addisionele Taal

    Athol Fugard & Riana Steyn

    Saamgestel deur Alicia van der Spuy

    full col-BB NBafr

    Die bladsyverwysings in hierdie uitgawe verwys na die bladsye in die gedrukte boek.

    1.HOE OM HIERDIE STUDIEWERKGIDS TE GEBRUIK

    Beste leerder

    Die laaste karretjiegraf is ’n wonderlike drama en eg Suid-Afrikaans. Hierdie studiewerkgids is spesiaal geskryf om jou studie daarvan makliker te maak.

    Die gids bestaan uit verskillende afdelings. Afdeling twee gee vir jou die agtergrond van die drama. Hierin vertel ons jou meer van die skrywers, asook van die karretjiemense. Die derde afdeling handel oor die bou van die drama. Konsepte wat jy nodig het om die bou van die drama te verstaan, word hierin beskryf. Afdeling vier bied ’n uiteensetting (exposition) van die karakters. In afdeling vyf kry jy volledige opsommings van die drama. Na elke opsomming volg daar ’n woordelys met woordverklarings en ’n oefening wat jou sal help om dié spesifieke uittreksel beter te verstaan. Die vrae is so opgestel dat dit jou stelselmatig (step by step) deur die belangrikste aspekte van die drama neem. Daar is ook verrykingsoefeninge (exercises for enrichment) by sommige opsommings. Ná die opsommings volg daar in afdeling ses ’n bespreking van simbole wat gebruik word. Hierna word die kernaspekte van die drama in afdeling sewe gedek. Die elemente van ’n drama word hier gegee. Dit word gevolg deur die glossarium in afdeling agt. Die glossarium is alfabeties sodat dit vir jou maklik sal wees om begrippe na te slaan. Afdeling nege bevat ’n konsepvraestel wat spesiaal opgestel is om jou te help om vir die eindeksamen voor te berei. Moontlike antwoorde op al die vrae word in afdeling 11 verskaf.

    Geniet die gids en die oefeninge!

    2.AGTERGROND VAN DIE DRAMA

    2.1 Inligting oor die dramaturg en die medeskrywer

    2.1.1 Athol Fugard

    Harold Athol Lanigan Fugard is op 11 Junie 1932 op Middelburg in die Oos-Kaap gebore. Sy ma was Afrikaans en sy pa Engels.Toe hy drie jaar oud was, het sy ouers na Port Elizabeth verhuis.

    Fugard het aan die Universiteit van Kaapstad gaan studeer, maar het kort voor die eindeksamen besluit om liewer deur die wêreld te reis. Hy het werk op ’n skip gekry en twee jaar lank gereis. Toe hy terugkom na Suid-Afrika het hy as hofklerk begin werk. Hier het hy die ongeregtighede (injustices) van die apartheidstelsel gesien.

    In 1956 is hy getroud met Sheila Meiring. Hulle is later geskei. Hulle het een dogter, Lisa. Sheila en Lisa is ook skrywers.

    Athol Fugard het meestal in Engels geskryf. Sy eerste drama was Klaas and the Devil (1956). Dit was egter eers toe Blood Knot (1961) in 1964 in New York opgevoer is dat hy internasionale erkenning (recognition) begin kry het. Sy werk speel altyd in Suid-Afrika af en het aan die begin kritiek gelewer op die Suid-Afrikaanse samelewing tydens apartheid. Sy dramas was multikultureel en veelrassig. Dit het veroorsaak dat die regering sy paspoort vir vier jaar teruggetrek het. Gedurende daardie tyd kon hy dus nie oorsee reis nie.

    Ná 1990/91 het Fugard se werk meer persoonlik en outobiografies geword. Hy het in 2012 permanent teruggekeer na Suid-Afrika.

    Fugard se roman Tsotsi (1980) is verfilm. Dit het in 2005 die Oscar gewen as die beste rolprent in ’n vreemde taal. Hy het in 2011 die Tony-toekenning gekry vir sy lewenslange bydrae tot die teater.

    As akteur het hy in rolprente soos Gandhi en The Killing Fields gespeel.

    Die laaste karretjiegraf is Fugard se eerste Afrikaanse drama. Juis daarom het dit baie aandag getrek. Hy het dit in Afrikaans geskryf omdat sy ma hom voor haar dood gevra het om vir haar ’n Afrikaanse drama te skryf.

    2.1.2 Riana Steyn

    Riana Steyn is ’n antropoloog (anthropologist) wat vyftien jaar lank by Unisa klas gegee het. Sy het ’n MA-graad oor die karretjiemense (cart people) van die Karoo gedoen. Sy het Athol Fugard van raad bedien (advised) en was uiteindelik medeskrywer (co-author) van die drama.

    2.2 Die voorblad en titel

    Die voorblad van die drama wys ’n foto van ’n karretjiegesin op hulle donkiekar. Die kar word deur twee donkies getrek. ’n Hond stap agter die karretjie aan. Die mense sit bo-op al hul aardse besittings. Hulle ry op ’n stowwerige grondpad (dusty gravel road) en die veld lyk droog. Die omgewing is verlate (deserted). Die foto getuig van armoede (poverty) en ’n harde lewe, maar ook van die vryheid wat hierdie mense op die pad beleef. Hierdie vryheid is egter ironies, want hulle kan nie meer soos hulle voorouers (ancestors) werklik vry rondbeweeg nie – hulle moet agter werk aan trek.

    Karretjiegraf (cart grave) is ’n samestelling van twee woorde: karretjie (literally little cart) en graf. Dit sê eerstens vir jou dat die stuk oor karretjiemense gaan (soos gewys in die foto), en tweedens dat iets begrawe word/tot ’n einde kom.

    Die titel sluit aan by die tema van die drama: die einde/vernietiging (end/destruction) van die leefwyse van ’n unieke groep mense en hulle kultuur.

    2.3 Die historiese en sosiale agtergrond van die drama

    2.3.1 Die karretjiemense

    Die karretjiemense word so genoem omdat hulle van plek tot plek trek met al hulle besittings op ’n donkiekar gelaai. Hulle is tradisioneel skaapskeerders (sheep shearers), maar werk ook as draadspanners (fencers). Hulle leef nomadies, omdat hulle agter werk aan trek. Hulle is die afstammelinge (descendants) van die oorspronklike inwoners van Suid-Afrika, naamlik die San en die Khoi.

    Vandag woon baie karretjiemense in armoede in plakkerskampe, want skape word vandag meestal met elektriese skêre geskeer en boere het nie meer soveel skeerders nodig nie. Hulle doen los werkies op plase wanneer hulle kan.

    2.3.2 Die wêreld van die karretjiemense

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1