Wat maak mens as jou land uitmekaar val? Jy draai jou rug dat jou familie kan opklim
Uit die gedig “vrae met die bloedlyn af” deur Antjie Krog in die bundel Plunder (Human & Rousseau, R260)
Kevin Atkinson, Art and Life
redakteur Marilyn Martin (The Kevin and Patricia Atkinson Trust & Print Matters Heritage, R700)
Die invloed en bydrae van ’n kunstenaar tot die kunste en die gemeenskap word dikwels eers nadoods besef. Dié omvangryke boek gee ’n diepte-oorsig oor die legendariese Kaapse kunstenaar, leermeester, kulturele aktivis en filosoof Kevin Atkinson (1939-2007).
Atkinson was sy tyd vooruit, dikwels omstrede in sy verkenning en soeke na betekenis en patrone in die kompleksiteit van die sosiale struktuur in die Suid-Afrikaanse samelewing. Internasionale kunsgemeenskappe het sy kunsinstallasies en moderne abstrakte kunswerke hoog geag, maar