Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Fiela se kind, die drama (skooluitgawe) vir Graad 12 EAT: Skooluitgawe
Fiela se kind, die drama (skooluitgawe) vir Graad 12 EAT: Skooluitgawe
Fiela se kind, die drama (skooluitgawe) vir Graad 12 EAT: Skooluitgawe
Ebook203 pages2 hours

Fiela se kind, die drama (skooluitgawe) vir Graad 12 EAT: Skooluitgawe

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Die driejarige seuntjie van Elias en Barta van Rooyen raak spoorloos weg in die Knysnabos. In die Lange Kloof, anderkant die berg, ontferm Fiela Komoetie haar oor ‘n “weggooilam” wat een nag voor haar deur kom huil. Die een kind is Lukas, die ander Benjamin. Is dit dieselfde kind? Dié raaisel word nege jaar later oopgekrap deur twee sensusmanne wat die wit kind met die blou oë by ‘n bruin gesin in die Lange Kloof kry.
LanguageAfrikaans
PublisherTafelberg
Release dateNov 6, 2015
ISBN9780624076230
Fiela se kind, die drama (skooluitgawe) vir Graad 12 EAT: Skooluitgawe
Author

Dalene Matthee

Dalene Matthee (gebore Scott) is op 13 Oktober 1938 op Riversdal gebore. Sy het in 1957 daar gematrikuleer, en aan ’n musiekskool op Oudtshoorn en by die Holy Cross Covent op Graaff-Reinet musiekopleiding ontvang. Voordat sy oornag roem verwerf het met haar eerste Bosroman, het Dalene tydskrifverhale geskryf en twee populêre romans gepubliseer: ’n Huis vir Nadia (1982) en Petronella van Aarde, Burgemeester (1983). Haar eerste boek was 'n kinderverhaal, Die twaalfuurstokkie (1970), en in 1982 het daar ook van haar ’n bundel kortverhale, Die Judasbok, verskyn. Kringe in ’n bos (1984), haar roman oor die uitwissing van olifante en die uitbuiting van houtkappers in die Knysna-bos, was ’n internasionale sukses. Nog drie Bos-boeke het gevolg: Fiela se kind (1985), Moerbeibos (1987) en Toorbos (2003). In 1993 het Brug van die esels verskyn en in 1995 Susters van Eva. Haar roman, Pieternella van die Kaap, het in Maart 2000 verskyn. Dalene Matthee se boeke is in sowat veertien tale vertaal, onder meer Frans, Duits, Spaans, Italiaans, Hebreeus en Yslands. Sy het die ATKV-prys vir goeie gewilde prosa vier keer verower, en in 1993 het sy in Zürich ’n Switserse literatuurprys ontvang vir haar “lewenskragtige literêre werk en haar hartstogtelike belangstelling in natuurbeskerming”. Dalene Matthee sterf op Sondag, 20 Februarie 2005 in Mosselbaai nadat sy vir hartversaking behandel is.

Read more from Dalene Matthee

Related to Fiela se kind, die drama (skooluitgawe) vir Graad 12 EAT

Related ebooks

Related articles

Reviews for Fiela se kind, die drama (skooluitgawe) vir Graad 12 EAT

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Fiela se kind, die drama (skooluitgawe) vir Graad 12 EAT - Dalene Matthee

    Fiela se kind

    Die drama

    SKOOLUITGAWE

    Tafelberg

    Die bladsyverwysings in hierdie uitgawe verwys na die bladsye in die gedrukte boek.

    Pre-lees

    Inleidend: die drama as onderdeel van die letterkunde

    Ons onderskei drie hoofsoorte of genres in die letterkunde: die verhaalkuns, die digkuns en die drama. Hierdie drie genres kan elkeen weer in onderafdelings verdeel word. Ons konsentreer hier op die drama.

    Die woord drama kom uit die Grieks en beteken handeling. Waar ’n storie in die verhaalkuns aan die leser vertel word, word dit in die drama aan die gehoor deur middel van handeling en dialoog uitgebeeld of opgevoer. ’n Drama kan dus as teks deur ’n persoon gelees word of in ’n teater deur akteurs opgevoer word. Wanneer ’n teks gelees word, kan die leser die toneel vir homself voorstel en uit­beeld, maar wanneer dit opgevoer word, word dit deur ’n regisseur (saam met akteurs en verhoogtegnici) aan die gehoor uitgebeeld. Daarom kan verskillende regisseurs dieselfde teks heeltemal verskil­lend aanbied omdat ander dekor ’n ander atmosfeer kan skep, ander akteurs die karakters anders kan vertolk.

    Die drama se voordeel is dat die gehoor die gebeure voor hulle oë kan sien afspeel en die emosionele belewing van die karakters saam met hulle kan ervaar. Die gehoor se reaksie beïnvloed weer die akteurs se spel en so vind daar ’n wisselwerking tussen die gehoor en die akteurs plaas wat die toeskouers by die dramatiese gebeure betrek.

    Daar is ook nadele. Die toneelopvoering word beïnvloed deur tyd omdat dit binne ’n bestek van ongeveer 1 tot 2 uur opgevoer moet word (kan korter of effens langer duur); deur ruimte omdat handeling net tot die verhoogruimte beperk is; en, laastens, deur finansies, veral as daar ’n reuse-rolbesetting, duur dekorstelle en die nuutste tegno­logie benodig word.

    Die regisseur kan van allerhande tegniese hulpmiddele soos belig­ting en klank gebruik maak om van hierdie nadele te oorkom en spesiale effekte te skep. In Fiela se kind word byvoorbeeld deur middel van beligting suksesvol van verskillende vertellers gebruik gemaak. Wanneer gebeure nie op die verhoog uitgebeeld kan word nie, kan dit deur middel van klankeffekte gesuggereer word, of van die karakters kan vertel wat hulle gesien het. ’n Opvoering in groot teaters met ingewikkelde dekor en ’n reuse-rolbesetting is baie duur; daarom vertolk ’n speler meer as een rol (doeblering), word net die allernoodsaaklikste meubelstukke en voorwerpe gebruik, en help beligting en byklanke om ’n toneel te skep in plaas van omvangryke dekor (minimalistiese toneelinkleding).

    Omdat ’n roman en ’n dramateks soveel verskil, moes Suzanne van Wijk heelwat aanpassings maak om die verhaal van Fiela se kind in ’n verkorte dramavorm te verwerk. Deur slegs die hoofmomente te kies en die gedagtes van karakters te gebruik om emosionele be­lewinge op te som, kon sy daarin slaag om die verhaal tot ’n kern­gegewe te reduseer wat die gehoor elke oomblik vasgevang hou en steeds binne die verlangde tydsbestek afgehandel word.

    Die agtergrond rondom Fiela se kind

    Dalene Matthee se navorsing vir Kringe in ’n bos oor die Bos en sy mense het daartoe gelei dat nog ’n boek kort daarna verskyn het. Fiela se kind word in 1985 gepubliseer. In 1986 ontvang dit die ATKV-­Prosaprys.

    Dit speel af tussen 1860 en 1880, min of meer dieselfde tyd as Kringe in ’n bos. Die verhaal, wat op die werklikheid gebaseer is, is deur ’n sekere Elizabeth Grimble aan Dalene vertel. Fiela se kind handel nie net oor die Boswêreld nie, maar ook oor die kontras­terende, harde volstruiswêreld van die Lange Kloof.

    Kritici én lesers was gaande oor die boek en teen 1988 was 83 200 eksemplare reeds verkoop. Suzanne van Wijk het dit vir die verhoog verwerk en ’n filmweergawe is onder regie van Katinka Heyns gemaak. Shaleen Surtie-Richards het met haar vertolking van die rol van Fiela Komoetie in hierdie film bekendheid verwerf. Die roman Fiela se kind is in Engels, Duits, Frans, Hebreeus, Nederlands, Sloweens en Sweeds vertaal. In 1993 is die roman as ’n Engelse opera deur die studente van die Wits-musiekskool aangebied en in 1999 is dit in Kaapstad opgevoer as ’n musiekblyspel wat met twee Vita-toekennings bekroon is. In 1999 word Fiela se kind as die Afri­kaanse boek van die eeu aangewys.

    Biografie: Dalene Matthee

    Dalene Matthee (gebore Scott) is op 13 Oktober 1938 op Riversdal in die Suid-Kaap gebore. Die jong Dalene kon twee dinge goed doen – opstelle skryf en klavier speel. Sy het op Oudtshoorn en later Graaff-Reinet verdere musiekopleiding ontvang en haar lisensiaat in klavier behaal.

    Op die ouderdom van agttien jaar is sy met Larius Matthee getroud en ná die geboorte van haar drie dogters het sy begin skryf – eers kinderverhale vir die radio en toe kort- en vervolgverhale vir tyd­skrifte. Voordat sy roem verwerf het met haar Bosromans, het sy twee romans gepubliseer: ’n Huis vir Nadia (1982) en Petronella van Aarde, burgemeester (1983). Sy het ook ’n kinderverhaal, Die twaalfuur­stokkie (1970), en ’n bundel kortverhale, Die Judasbok (1982), die lig laat sien.

    Teen die einde van 1978 gaan sy op ’n driedae-staptog in die Knysnabos. By die Millwood-oornaghut op die Outeniqua-staproete begin sy vrae oor die uitheemse akkerbome in die middel van ’n inheemse woud te vra. Ná die staptog is sy na die museum op Knysna om meer oor die oorsprong van die bome uit te vind, en só het sy op ’n magdom inligting afgekom wat uiteindelik die onderbou van haar vier Bosboeke gevorm het. Hier het sy afgekom op die geskiedenis van een van die boswerkerkinders wat van sy familie weggebreek het om sy geluk op sy eie te gaan soek: dit het die verhaal van Saul Barnard in Kringe in ’n bos geword.

    Een van Dalene Matthee se filosofieë was: Jy skryf vir daardie een mens wat meer weet as jy. Sy het tot vier jaar se navorsing vir elke boek gedoen voor sy haar hand op papier gesit het. Kringe in ’n bos het uiteindelik in 1984 verskyn. Dit was die begin van groot dinge. Die aanbiedinge vir vertalings het vanoor die hele wêreld ingestroom en die roman word in Nederlands, Engels, Portugees, Fins, Frans, Hebreeus, Duits, Yslands, Italiaans, Noorweegs, Spaans en Sweeds vertaal. Die uiteinde was onvermydelik en so het die film Circles in a Forest deur Philo Pieters Produksies die lig gesien.

    Nog twee Bosboeke het gevolg: Fiela se kind (1985) en Moerbei­bos (1987). In 1993 het Brug van die esels verskyn en in 1995 Susters van Eva. Pieternella van die Kaap het in 2000 verskyn en twintig jaar ná die publikasie van Kringe in ’n bos het die vierde en laaste Bos­boek gevolg: Toorbos.

    Op 20 Februarie 2005 is Dalene Matthee oorlede. In September dieselfde jaar word haar laaste boek, Die uitgespoeldes, gepubliseer.

    Dalene se boeke het ’n groot impak op die samelewing gehad. In 1986 het sy die Suider-Afrikaanse Instituut van Boswese-toekenning ontvang. Die toekenning is aan haar gemaak vir Kringe in ’n bos en Fiela se kind en ook vir haar uitbeelding van die Knysnabos, die vroeë houtkappersgemeenskap en die ontwikkeling van die hout­bedryf op Knysna. Hierdie toekenning was veral spesiaal omdat sy die eerste ontvanger van die toekenning buite die Departement van Boswese was en ook die eerste vrou was wat dit ontvang het. Die toekenning is in 2004 vir ’n tweede keer aan haar gemaak ter erken­ning van haar uitsonderlike diens aan boswese in Suider-Afrika.

    Sy het ook talle ander toekennings ontvang: sy het die ATKV-Prys vir goeie gewilde prosa vier keer verower en in 1993 het sy in Zürich, Switserland, die Stab-toekenning ontvang vir haar warm en krag­tige romans wat uitdrukking gee aan haar betrokkenheid in dié bedreigde omgewing en aan elke persoon se fundamentele reg tot ’n kulturele identiteit en vir haar lewenskragtige literêre werk en haar hartstogtelike belangstelling in natuurbewaring. Sy was die eerste Suid-Afrikaner wat hierdie toekenning ontvang het.

    In 1999 word ’n meningsopname by 350 biblioteke landswyd gedoen om die 100 gewildste boeke aan te wys. Fiela se kind word as die Afrikaanse Boek van die Eeu aangewys. In die algemene kategorie was J.R. Tolkien se Lord of the rings eerste, Fiela se kind tweede en Kringe in ’n bos derde.

    In 2007 word die Nasionale Departement van Kuns en Kultuur se Suid-Afrikaanse Literêre Toekenning nadoods aan Dalene toegeken, en met die samewerking van Tafelberg-Uitgewers en die Suid-Afri­kaanse Nasionale Parke is op 23 Februarie 2008 ’n gedenksteen vir Dalene by die groot geelhoutboom by Krisjan-se-nek in die Knysna­bos onthul. Hierdie 880-jarige boom is herdoop na die Dalene Matthee Big Tree, en die naam van die staproete wat by Krisjan-se-nek begin, het die Kringe in ’n bos-staproete geword. Haar laaste wens was dat haar as by Krisjan-se-nek in die Knysnabos gestrooi moet word.

    Dalene Matthee is die enigste skrywer in Afrikaans van wie meer as een miljoen boeke in Afrikaans in Suid-Afrika verkoop is. In 2007 kondig Exclusive Books ’n lys van 101 Books to read before you die aan en beide Kringe in ’n bos en Fiela se kind is op hierdie lys.

    Voormalige staatspresident Nelson Mandela het, terwyl hy in die tronk op Robbeneiland was, die boeke van verskeie Afrikaanse skrywers gelees en veral van Dalene se boeke gehou. Hy het Dalene gebel om haar geluk te wens met Pieternella van die Kaap, wat onder meer op Robbeneiland afspeel.

    Dalene Matthee het daarin geslaag om deur middel van haar boeke tot die hart en siel van die mens deur te dring. Dit is waar­voor sy onthou sal word en waarom haar boeke vir lank nog gelees gaan word. Vir meer inligting omtrent die skrywer en haar boeke: www.dalenematthee.co.za.

    Inleiding tot die studie van Fiela se kind

    Die mens strewe sy hele lewe lank na geluk, tevredenheid en siele­rus, en om dit te bereik, sal hy aanhou veg met alles wat hy het. Dit is ’n primêre behoefte. Dit is ook die wesenskenmerk van ’n drama – dit handel oor ’n persoon se stryd om geluk.

    Die drama is ’n teks wat geskryf word om voor ’n gehoor opgevoer te word. Alles wentel dus rondom dit wat die gehoor sien en hoor. Die dramaturg werk hoofsaaklik met dialoog (akteurs se spreek­beurte) en handeling (hulle optrede), en aangesien dit oor die karak­ters se stryd gaan om geluk en sielerus te vind, sal daar konflik teenwoordig wees. Verdere aspekte wat belangrik is, is die karakters se kostuums en grimering, die beligting, klankeffekte en dekor. Wan­neer al hierdie elemente saamgevoeg word, word die regte atmosfeer geskep en kan die drama daarin slaag om die gehoor vas te vang.

    Omdat die drama op ’n verhoog opgevoer word, is daar ’n paar beperkings wat die dramaturg in aanmerking moet neem:

    •Die drama moet binne ’n tydsverloop van ’n paar uur opgevoer word en die intrige of verloop moet dus net ’n paar hoofmomente bevat.

    •Die ruimte. Omdat die verhoog ook beperkinge het, moet die handelinge van so ’n aard wees dat dit op die verhoog uitgebeeld kan word: dit kan nie op te veel verskillende plekke gebeur nie en tonele wat nie op die verhoog uitgebeeld kan word nie, moet op ander maniere aan die gehoor bekendgemaak word – byvoor­beeld deur byklanke, of vertellinge.

    Iemand wat die roman Fiela se kind of selfs een van die ander Bosromans van Dalene Matthee gelees het, sal ’n voordeel hê bo dié wat geen agtergrondkennis het nie. So ’n toeskouer sal ’n beter begrip hê van die sosiopolitieke situasie en die klasseverskille wat geheers het tussen die bosmense en die dorpsmense, asook tussen die wit en gekleurde deel van die bevolking. Hierdie kennis sal daartoe bydra dat so iemand die drama beter begryp en meer sal geniet as die oningeligte toeskouer.

    Dialoog (natuurlike onthullende dialoog)

    In die drama verwys die term dialoog na dit wat gesê word. Dit kan in die vorm van ’n monoloog wees, soos wanneer Elias aan die begin van die drama vir die toeskouer inligting gee, of dit kan wees waar twee of meer karakters ’n gesprek voer.

    Deur middel van dialoog word die vernaamste inligting aan die gehoor oorgedra en word die verhaalplan verder gevoer omdat dit situasies kan laat verander en konflik uitbeeld. Deur middel van dialoog word die gevoelens en eienskappe van

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1