Idees

OP JOU LEESLYS

 KOS

NOW & THEN

TESSA KIROS (MURDOCH, R695)

Hierdie boek is die gewilde kosskrywer Tessa Kiros se persoonlike oorsig oor 'n leeftyd van kosmaak en eet. Met haar tipies vrygewige gees nooi Tessa lesers na haar kombuis waar sy wys wat sy tans kook: 'n opwindende mengsel van nuwe ontdekkings en immergroen gunstelinge wat die verskillende drade van haar lewe bymekaartrek. Hoewel die Toskaanse platteland al vir meer as twee dekades haar tuiste is, bly haar invloede wonderlik divers: haar kinderjare in Suid-Afrika, reise na Mexiko en New Orleans as 'n jong volwassene, gereelde besoeke aan familie in Thailand en Griekeland, en bowe alles 'n groeiende waardering vir ligter plantgebaseerde kos. Deels memoires, deels reisgids, deels kosreis, en natuurlik 'n lieflike kookboek met meer as 150 resepte.

FLAVOUR

SABRINA GHAYOUR (OCTOPUS, R715)

Dié topverkoper- Midde-Oosterse sjef se jongste boek bevat meer as 100 resepte waarin geur – en 'n Midde-Oosterse kinkel – die botoon voer. ‘Die resepte wat ek skryf, moet aan drie woorde gestalte gee: eenvoudig, geurig en ekonomies … Om by dié beginsels te hou verkies ek om resepte te skep wat eerlik, toeganklik, aanpasbaar en altyd boordens toe vol geur is,’ verduidelik Sabrina in die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees1 min read
Pere In Skilferkorsdeeg
Maak: 12 Bereidingstyd: 1 uur Gaarmaaktyd: 20 minute Oondtemperatuur: 190 ºC ♥ 80 ml fyngekapte geroosterde amandels ♥ 50 ml suiker ♥ 2 ml fyn kaneel ♥ 6 klein, ryp pere ♥ 400 g gekoopte bevrore skilferkorsdeeg, ontdooi ♥ versiersuiker, om oor te sif
Idees9 min read
Konfetti Onder Die Melkhoute
Die drie vroue was eers halsstarrig met die groetery. Ignoreer ons en loop sommer in die middel van die pad af asof dit aan hulle behoort. Maar Mr Bright Shoes en ou Smiley was van die begin af vriendelik. Ook Howard met sy mank been en kierie. Laasg
Idees6 min read
Hang Uit!
Hierdie lieflike koek is niks anders nie as 'n reuse-toebroodjie gemaak van brood en lae geurige sout bestanddele. Dit is baie maklik om op te tower en gaan beslis die tonge laat klap. Genoeg vir: 10-12 Bereidingstyd: 45 minute, plus yskastyd ♥ 1 ron

Related