SOUT TOEBROODJIEKOEK
Hierdie lieflike koek is niks anders nie as 'n reuse-toebroodjie gemaak van brood en lae geurige sout bestanddele. Dit is baie maklik om op te tower en gaan beslis die tonge laat klap.
Genoeg vir: 10-12 Bereidingstyd: 45 minute, plus yskastyd
♥ 1 ronde ‘potbrood’-tipe brood ♥ 4 groot eiers, hardgekook ♥ 60 ml mayonnaise ♥ 3 sprietuie, dun gesny ♥ 2 houers (230 g elk) mediumvet-roomkaas (by kamertemperatuur) ♥ 45 ml fyngekapte gemarineerde sondroogtamaties ♥ sagte botter, om die brood te smeer ♥ 125 g dun hamskaafsels of gerookte salm ♥ 20 ml fyngesnipperde grasuie ♥ 150 g cheddarkaas, in skyfies gesny ♥ 30 ml Griekse jogurt ♥ 5 ml fyngerasperde suurlemoenskil (slegs as jy salm gebruik)
VIR VERSIERING ♥ 150 g radyse, gewas en netjies gesny ♥ 4-6 mini-komkommers ♥ 2 middelslag-wortels, geskil en punte gesny ♥ 3 selderystele, skoongemaak ♥ eetbare blomme en mikrokruie
Dop die hardgekookte eiers af en maak