Idees

PINKIE IN DIE LUG

TEE SAAM MET DIE KONINGIN

G’n formele teepartytjie is volledig sonder ’n bord fyn vingertoebroodjies nie. Ons het ons s’n gemaak met ’n heerlike kroningshoendervulsel met ’n ligte kerriegeurtjie. Die oorspronklike coronation chicken-resep is spesiaal vir koningin Elizabeth II se kroningsbanket in 1953 ontwikkel.

KRONINGSHOENDER-TOEBROODJIES

Genoeg vir: 6-8

Bereidingstyd: 45 minute, plus yskastyd

Gaarmaaktyd: 15 minute

♥ 4 sakkies menttee
♥ 6 hoenderborsfilette
♥ 1 witbrood, ongesny
♥ sagte botter, vir smeer
♥ gesnipperde grasuie en komkommerlinte, om voor te sit

SOUS

♥ 15 ml canola-olie
♥ 1 middelslag-ui, fyngekap
♥ 15 ml matige kerriepoeier
♥ 15 ml tamatiepasta
♥ 15 ml appelkoosblatjang
♥ 80 ml mayonnaise
♥ 40 ml crème fraîche of Griekse jogurt
♥ 30 ml vars koljanderblare, fyngekap

1 Plaas die mentteesakkies in ’n kastrol, voeg 250 ml kookwater by, en laat dit vir 10 minute trek. Verwyder die teesakkies. Voeg die hoenderborsfilette by die tee en verhit dit tot kookpunt. Verlaag die hitte sodra dit begin kook en laat dit dan vir 10 minute stadig prut. Haal die kastrol van die plaat af en laat die hoender in die kookvloeistof afkoel.

Verhit die olie in ’n kastrol. Voeg die ui by en soteer dit tot sag.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees3 min read
Onthoutye
Baie mense dink 'n plattelandse bestaan is 'n lewe van gemak en duursame dienlikheid, maar styl was nog nooit iets wat Illze Muller kon afskeep nie. Sy is die vrou met die kop vol drome agter die interieur van dié 180 jaar oue plaashuis. Teen die tyd
Idees3 min read
Maak So Mooi
‘Die skou is 47,2 kilometer lank en het 5 000 uitstallers se harde werk en aptyt vir risiko geneem om bymekaar te sit,’ vertel die aantreklike Duitse organiseerder. En dit was min of meer hoeveel ek van die perskonferensie kon verstaan. Dis wat gebeu
Idees1 min read
Pere In Skilferkorsdeeg
Maak: 12 Bereidingstyd: 1 uur Gaarmaaktyd: 20 minute Oondtemperatuur: 190 ºC ♥ 80 ml fyngekapte geroosterde amandels ♥ 50 ml suiker ♥ 2 ml fyn kaneel ♥ 6 klein, ryp pere ♥ 400 g gekoopte bevrore skilferkorsdeeg, ontdooi ♥ versiersuiker, om oor te sif

Related