Landbouweekblad

BOEREKOS VIR DIE SOMER

GEROLDE, GEVULDE VARKLIES

Jy kan só ’n gevulde varkvleisrol ook met ontbeende varknek maak pleks van lies.

■ 1 ontbeende varklies van 1,7 kg

■ Sout en varsgemaalde swartpeper

■ 8 knoffelhuisies, fyngedruk

■ Fyngerasperde skil van 1 suurlemoen

■ 30 ml heelkorrelmosterd

■ 30 ml olyfolie

■ 1 ui, baie fyn gekap

■ 2 stele seldery, baie fyn gekap

■ 5 repe spekvleis

■ 300 ml appelbier, plus ekstra indien nodig

Sit die vleis met die velkant na onder op ’n kapplank en geur met sout en peper. Meng die fyngedrukte knoffelhuisies, suurlemoenskil en mosterd en smeer dit oor die vleis. Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die ui en seldery stadig saam tot sag. Laat afkoel tot kamertemperatuur. Skep die uiemengsel op die mosterdsmeer en versprei egalig. Pak die repies spek op die uiemengsel en druk dit met jou hande vas. Rol die lies op en bind dit netjies met kombuistou op. Maak vlak snitte in die varkvleis se vel met ’n baie skerp mes.

Voorverhit die oond tot 220 °C en sit die gerolde lies op ’n draadrakkie wat in ’n oondbak pas. Giet die appelbier in

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad4 min read
Plaasverkope
EIKENHOF (323) 24 h, aan Destiny Spring Investments 3 (Edms.) Bpk., van S.P. Barnard, R9250000. FRISCHGEWAAGD (562) 503 h, aan Zumbani Prop (Edms.) Bpk., van Hendrik van Wyk Trust, R9 000 000. KOOLFONTEIN (431) 69 h; STERKFONTEIN (424) 87 h en WELVER
Landbouweekblad1 min read
Pryse By George Styg Met Byna 13%
In die Wes-Kaap toon 62% van die distrikte gunstige prysneigings vir die 12 maande tot Februarie 2024. Daar was 609 transaksies groter as 10 hektaar in hierdie tydperk in 27 distrikte, en 267 461 hektaar is vir R6,139 miljard verhandel. Die grootste
Landbouweekblad8 min read
Meer As Kop Bo Water Met Hidrokrag
J apie Marais van die Lowmarboerdery op die plaas Lowlands by Cradock in die Oos-Kaap het sedert einde 2023 danksy ’n hidrokragopwekker op dié plaas 24 uur lank krag vir die hele boerdery. Die stelsel wek tans 210 kW op, met die mikpunt om uiteindeli

Related