Studiewerkgids: My Japan Graad 11 Huistaal: Graad 11 Huistaal
()
About this ebook
Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam sê, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek.
Inhoud van hierdie studiewerkgids: 'n Volledige bespreking van die drama, Opsommings van al die tonele, Woordverklarings, Kontekstuele vrae, 'n Bespreking van die drama, karakterisering, literêre begrippe, simbole, temas, styl en motiewe, Post-leesverrykingsaktiwiteite om leerders se belangstelling aan te wakker, 'n Konsepvraestel, Foto's van die verhoogstuk.
Alle studiewerkgidse in hierdie reeks is saamgestel volgens die KABV-voorskrifte. Hierdie studiewerkgids sluit aan by Op die planke - My Japan, die goedgekeurde voorgeskrewe drama vir Graad 11 Afrikaans Huistaal. 'n Volledige antwoordstel (met onderwysernotas wat voorafinligting bevat) is verkrygbaar by www.bestbooks.co.za.
Hettie van Zyl
Hettie van Zyl het 'n BEd-graad by UV behaal en onderrig Afrikaans Huistaal by Hoërskool Warrenton (sy het ook in die grondslagfase skoolgehou). Hettie is die vakhoof van Afrikaans en Engels. Sy is 'n Vraestel 2 en 3 NSS-nasiener en bied vakansieskole in die Noord-Kaap aan. Hettie is betrokke by die skoolkoerant en redenaarskompetisies.
Related to Studiewerkgids
Titles in the series (6)
Studiewerkgids: My Japan Graad 11 Huistaal: Graad 11 Huistaal Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsStudiewerkgids: Fiela se kind - die drama Graad 12 Eerste Addisionele Taal Rating: 1 out of 5 stars1/5Studiewerkgids: Vers en Vlam: Studiewerkgids Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsStudiewerkgids: Die laaste karretjiegraf: vir Graad 11 Eerste Addisionele Taal Rating: 5 out of 5 stars5/5Studiewerkgids: Onderwêreld Graad 12 Huistaal Rating: 5 out of 5 stars5/5Studiewerkgids: Verskuns vir Graad 12 Eerste Addisionele Taal Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Related ebooks
Studiewerkgids: Verskuns Graad 10 Huistaal Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsLeë blikkies vol liefde en ander verhale: ’n Eerste Addisionele Taal Kortverhaalbundel vir die Senior Fase Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsStudiewerkgids: Droomdelwers Graad 11 Huistaal Rating: 4 out of 5 stars4/5Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 12 Eerste Addisionele Taal Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie Pro Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVers en vlam: ’n Poësiebloemlesing vir graad 10 Eerste Addisionele Taal Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPiekfyn Afrikaans Leesboek Graad 8 Eerste Addisionele Taal Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsStudiewerkgids: Die laaste karretjiegraf: vir Graad 11 Eerste Addisionele Taal Rating: 5 out of 5 stars5/5Die-kwart-voor-sewe-lelie (skooluitgawe) Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKringe in 'n bos: Skooluitgawe Rating: 4 out of 5 stars4/5Donker Web Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsStudiewerkgids: Pad na jou hart - die roman Graad 10 & 11 Huistaal en Eerste Addisionele Taal Rating: 2 out of 5 stars2/5Paljas: Skooluitgawe Rating: 4 out of 5 stars4/5Krismis van Map Jacobs: Skooluitgawe Rating: 4 out of 5 stars4/5Studiewerkgids: Fiela se kind - die drama Graad 12 Eerste Addisionele Taal Rating: 1 out of 5 stars1/5Fiela se kind, die drama (skooluitgawe) vir Graad 12 EAT: Skooluitgawe Rating: 5 out of 5 stars5/5Piekfyn Afrikaans Graad 6 Huistaal Leerderboek Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsStudiewerkgids: Vers en Vlam: Studiewerkgids Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPiekfyn Afrikaans Leesboek Graad 9 Huistaal Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (skooluitgawe) Rating: 4 out of 5 stars4/5Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 7 Eerste Addisionele Taal Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPiekfyn Afrikaans Leesboek Graad 9 Eerste Addisionele Taal Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPiekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPiekfyn Afrikaans Graad 5 Eerste Addisionele Taal Leesboek Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie laaste karretjiegraf Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsKristalvlakte Rating: 5 out of 5 stars5/5Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 7 Huistaal Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVroeë lesers: Vlak 1 sigwoord-boek – 7 maklik leesbare stories met sigwoorde Rating: 0 out of 5 stars0 ratings'n Droë wit seisoen Rating: 4 out of 5 stars4/5
Reviews for Studiewerkgids
0 ratings0 reviews
Book preview
Studiewerkgids - Hettie van Zyl
Best Books Studiewerkgids: My Japan
vir Graad 11 Huistaal
Saamgestel deur Hettie van Zyl
BB_logoHoe om die studiewerkgids te gebruik
Die Best Books Studiewerkgids: My Japan is so saamgestel dat jy in Graad 11 die nodige literêre kennis kan verwerf en tot begrip van die drama kan kom. Die gids sal jou help om jou voor te berei vir toetse en eksamens.
Afdeling A
Hierdie afdeling bied aan jou agtergrondkennis om jou voor te berei vir die lees van die drama. Belangrike temas wat in die dramateks voorkom, word hier bespreek. Tydens die lees van die drama kan jy dit gebruik as gids om onbekende begrippe te verklaar.
Afdeling B
Kort opsommings, verklarings van onbekende woorde en kontekstuele vrae word in dié afdeling aangebied. Die bladsynommers en spreekbeurte verwys na die dramateks wat voorgeskryf is vir Graad 11 Huistaal (HT). Afdeling A en D kan gebruik word as naslaangids om te help met die beantwoording van die vrae.
Afdeling C
In hierdie afdeling gaan jy leer hoe om ’n opstelvraag te beantwoord. Die werkkaart/tabel in hierdie afdeling sal jou help om die belangrikste inligting te memoriseer en voorberei om die opstelvraag te beantwoord. Wenke en eksamenhulp word ook hier aangebied. Daar is ’n voorbeeld van ’n opstelvraag en ook tien ander opsteltipe vrae wat jy kan uitwerk. Jy kan belangrike inligting in afdeling A en D naslaan en gebruik in opstelvrae.
Afdeling D
Hierdie afdeling se doelwit is om die drama jou te ontsluit en die literêre kennis van toepassing te maak op die drama My Japan.
Afdeling E
Gebruik die konsepvraestel vir eksamenvoorbereiding.
Afdeling F
Belangrike begrippe is hier kortliks opgesom met voorbeelde uit die dramateks vir vaslegging. Maak seker jy ken die terminologie.
Die samesteller en uitgewer
Voorwoord: Schalk Schoombie
My droom van Japan
Schalk Schoombie © 22082012 BEELD Kuns Schalk Schoombie Storie: Anna-Retha Bouwer Foto: Nicolene Olckers Foto24/Gauteng
Uit drome kom daar dikwels inspirasie. In die Bybel lees jy van profete, konings en gewone mense wat visioene en Goddelike boodskappe in drome ontvang.
Toe ek aan ’n tema en ’n storie wou dink vir ’n jeugstuk, het ek op my studeerkamer se mat op die naat van my rug gaan lê en my oë toegemaak. Ek het my gedagtes vrye teuels gegee, rustig asemgehaal, gedagdroom. Ek was nie vaak nie, net doelbewus na binne gekeer. Waaroor wou ek regtig skryf? het ek myself afgevra. Wat interesseer my diep?
Voor my gees het beelde geflikker van verre lande. Berge se sneeupieke. Woude, riviere. Ek hou van reis, en ek wil graag meer reis, het ek myself herinner. Dis belangrik om te reis, jou horisonne te verbreed, kennis van ander kulture te kry. Só begin jy jouself beter verstaan. Dít kan ek getuig uit eie ervaring.
Ek was waarlik in die greep van my dagdroom. Ek het effens nostalgies gedink aan plekke wat ek besoek het: Amerika, Engeland, Skotland, Australië, Zanzibar. Ek het gedink aan plekke wat ek nog wou besoek: die Verre Ooste, Thailand, China, Japan. Ek wou summier my tasse pak en my stapskoene aantrek, my spaarrekening plunder en die pad vat.
Watter van hierdie lande interesseer en fassineer my die meeste? het ek gewonder.
Ek het al baie gelees oor Japan se geskiedenis, kulturele gebruike, die natuurskoon van die eilande, die futuristiese stede. En omdat ek hou van vooruitgang en nuwe uitvindings het ek altyd gehunker om Japan te sien, die land waar tradisie en toekomsdrome hand aan hand loop.
Ek het ook onthou van ’n onderhoud vir ’n vrouetydskrif wat ek gedoen het met ’n jong vrou, Angelique Naude*. Sy het ’n paar jaar lank in Japan gaan onderwys gee. Haar stories was eksoties, vreemd, humoristies.
Angelique het vertel van die grootmense en kinders wat soveel korter as sy was, wat haar met verwondering aangeraak het. Sy het gewerk in ’n klein bergdorpie ver van die stede. Sy het my vertel van die goeie vriende wat sy daar gemaak het, die mense se werketiek en vriendelikheid. Sy was in Japan ten tyde van die tsoenami en was besorg oor haar vriende wat deur dié natuurramp bedreig is.
Dis waaroor ek wou skryf, het ek daar op my studeerkamermat besluit. Maar hoe? ’n Storie van ’n Afrikaanse onderwyseres in Japan? Haar ontdekkings en ervarings? Dis tog meer ’n reisbeskrywing en nog geen storie nie.
My dagdroom het my verder gevoer. Ek het getob oor die grootskaalse verwoesting wat die tsoenami gesaai het, die onbeskryflike verliese wat die mense gely het.
Was daar ’n manier om ’n tsoenami op’n verhoog uit te beeld? het ek gewonder. Ek het nog altyd as akteur, dramaturg en regisseur geglo dat ’n mens haas enige situasie met ’n raps verbeelding op die planke kan sit.
Toe ek uiteindelik van die mat af opstaan met die saadjie van ’n tema – Japan en tsoenami – het ek die dagdroom-toestand saam met my geneem na my lessenaar, waar ek die titel op my rekenaar getik het: My Japan.
Want voordat dit Ilse s’n was, was dit myne. My droom van Japan. My hunkering na die vreemde.
Ek het probeer om die losse struktuur van my dagdromery oor te dra op die toneelstuk, want jy kan ’n droom immers nie vaskeer in ’n hoek of ’n kategorie nie. ’n Droom het sy eie nielogiese reëls en wendings en verskeie situasies wat tegelyk afspeel. Metamorfoses, maskers en identiteitsveranderings.
In ’n droom kan jy immers wees wie jy wil – held én booswig, jagter én prooi, slagoffer én redder. Jy help soms skep aan jou eie droom – nes die skryf van ’n spookstorie.
Ek het begin skryf met ’n enkele visuele beeld in my gedagtes – wasgoed wat aan ’n draad wapper. Dit kan soveel dinge wees: Mense se identiteit kan van hul klere afgelei word. ’n Storm wat aan die broei is. ’n Kind wat tussen die klere verdwaal en skielik net weg is.
En so het die storie vanself begin ontvou; van Ilse wat droom daarvan om Japan toe te gaan, wat ’n spookstorie probeer skryf waarin sy haar eie verlies en skuldgevoelens probeer verwerk.
Die spookstorie kon uiteraard nie ’n gewone storie wees nie. Dit moes uiteindelik ’n Japannese tradisionele spookstorie wees. Spookstories en storms is ou vertroudes. Die cliché, It was a dark and stormy night
, was vir my ’n leidraad oor hoe ek Ilse se soeke na ’n spookstorie kon verbind met die tsoenami.
Dus, My Japan is ’n droomstuk.
Dit is die grootste sleutel om die stuk se struktuur en verskillende realiteite wat saamgeweef word te verstaan. Die situasie, plek, storie en karakters het by my ontstaan uit ’n dagdroom waar dinge nielogies saamgevloei het.
Die hele stuk speel basies af in ’n droomtoestand, in Ilse se onstuimige gemoed, hetsy dagdroom of nagmerrie. Dis die droom waar sy oplossings vir haar jong lewe probeer vind, én haar toekomsdroom waarin sy ontvlug met ’n ander naam en mooi tradisies en selfs ander (beter) ouers; dis die plek waar haar vermoeide ma steeds haar verlore seun soek, waar ma en dogter mekaar oplaas kan vind en versoen raak.
Want in drome kom alles saam. In drome ontdek ons die moontlikheid van ander plekke en dimensies, soms van ’n beter jy. Enige produksie van My Japan behoort hierdie droom-werklikheid
uit te beeld, waar dinge soms sin maak, en soms nie.
Ten slotte lei drome soms tot klaarheid, tot ’n nuwe insig en selfbegrip.
Tydens die skryf van hierdie toneelstuk wat so naby aan my hart lê, het ek baie geleer oor my eie droom van Japan.
Eendag, eendag ... wie weet.
– Schalk Schoombie
* Ek het staaltjies en inligting van Angelique Naude se tyd as onderwyseres in Japan in die drama met haar toestemming gebruik.
Voorwoord: André Stolz (regisseur van die teaterproduksie)
Die eerste vraag wat by my as vervaardiger/regisseur opgekom het toe ek besluit het om My Japan op te voer, was: is dit toerbaar? Aangesien dit in opdrag geskryf is as ’n tienertoneelstuk, het die dramaturg dit geskryf met ’n groot geselskap in gedagte.
Om die produksie egter van dorp tot dorp, skool tot skool te neem, moet die geselskap so klein as moontlik wees. Daar is sestien karakters plus die skadufigure (figurante) in die drama. Logisties en finansieël is dit bykans onmoontlik om met soveel akteurs te toer. Daarom is besluit om net die karakters wat sentraal in die drama staan, uit te beeld. Die randfigure (Tessan en Okiku) is dus met hierdie opvoering gesny. Van die akteurs doebleer ook (bv. Matrone/Juffrou Venter en Jun/Suster/Elzette). Die matriekleerders (Gerrit, Wim en die L-bende), Danie en die skadufigure word vertolk deur werklike leerders afkomstig van skole waar opgetree word.
Na afloop van die 2016 toer, wat dit duidelik dat bogenoemde besluit geen afbreek gemaak het aan die drama nie. Inteendeel: die sentrale storielyn – die van Ilse en Mercia – kom veral duidelik na vore. En ek glo ook dit was die skrywer se bedoeling: om ’n eenvoudige, menslike storie te vertel waarmee jong mense kan identifiseer.
Aanvanklik het ek my ook ’n bietjie blind gestaar teen die Japannese mitologie, die tsoenami en al die paralelle wat in die drama getrek moet word. Die besluit om eerder op die innerlike handeling en innerlike konflik te konsentreer, het daartoe gelei dat ons protagonis en antagonis gedistileerd aan na repetisie na vore gekom het. Die gebeure van die tsoenami, die spookstorie van Tessan Aoyama en Okiku, die mitologie van Akashita en Futakuchi-onna – alles het in plek geval.
In hierdie produksie is ook net van professionele akteurs gebruik gemaak. Saam het ons die teks ontleed, duidelikheid gekry op plekke waar daar verwarring was en biografieë vir Ilse en Mercia geskep – waar hulle vandaan kom, hulle verhouding voor Danie se verdrinking, hulle verhouding met Jacques. Dit het ons ook gehelp om die intrige in chrolonogiese orde te plaas. So het ons die subteks gevind en die karakters van die bladsy gelig.
Dramas word geskryf om opgevoer te word. ’n Dramaturg kan soveel teksaanwysings gee, soveel spelaanwysings – maar aan die einde van die dag word die teks deur ’n regisseur en akteurs geïnterpreteer en vertolk. Die interaksie tussen karakters kan sekerlik deur ’n leser met ’n goeie verbeelding gesien word, maar selfs dan kan die menslike energie
tussen die karakters – die vibe afwesig wees indien die leeswerk nie met baie aandag gelees word nie. Net ’n lewendige opvoering kan daardie magic skep. En dit is ook die geval met My Japan.
In die toneel waar Ilse begin om haar Japannese spookstorie te skryf (Die mal vrou stoei teen die orkaansterk wind …
) – begin van toneel 6 – is Mercia terselfdetyd op die verhoog en stoei met haar eie orkaansterk wind. Visueel is dit ’n baie kragtige beeld: Ilse se ontsnapping na haar verbeelding en Mercia se innerlike worsteling met die dood van haar kind. Dit skep ’n sterk jukstaposisie tussen ma en dogter.
In toneel 10, word Ilse se toespraak oor die tsoenami vermeng met die vertelling van Marioka San, musiek en byklanke asook die teenwoordigheid van al die ander karakters in die drama. Die wasgoedlyn is dan ook heeltemal gestroop van kostuums en ander voorwerpe soos die vlag en manga-masker. Die emosionele impak van hierdie toneel (ook die klimaks van die stuk) gaan Ilse se flou-word vooruit en beklemtoon haar eie bord wat breek.
Hiermee probeer ek sê dat leerders wat nie ’n opvoering kon of kan beleef nie, die stuk asseblief stadig en deeglik te lees en hulle indink hoe dit visueel op die verhoog kan lyk, hoe die karakters se emosies uitgebeeld word, wat die moontlik interaksie tussen karakters is – die gedagtes wat nie in die dialoog vervat word nie. Dit is ’n drama waarmee meeste van jong mense sal kan identifiseer en wat met hulle eie ervarings sal resoneer. Al kom hulle nie uit ’n gebroke huis of moes ’n broer of suster aan die dood afstaan nie …
Hierdie studiewerkgids is baie deurdag geskryf en sal beslis help om die drama beter te verstaan. Daarom gaan ek net hier my voorwoord afsluit met die volgende: My Japan is ’n besonderse drama en – in die ware sin van die woord – ’n wonderlike drama. Dit hanteer die issues wat jeugdiges en hul ouers het, die bou van karakter, die groei van geestelike waardes en introspeksie wat dikwels na ’n ramp (ook die ramp van die verlies van ’n geliefde) plaasvind.
Dit was vir my as regisseur ’n plesier om aan hierdie nuwe teks te kon werk