SARIE

EDWIN VAN DER WALT BOK VIR SPORT(S)

Dis soos dit is met Edwin van der Walt: Hy’s bal-befonk.

“Rol ’n stuk papier in ’n bal en gooi dit vir hom. En ’n halfuur se pret volg,” vertel Nina Swart, regisseur van verskeie TV-reekse waarin hy gespeel het. En hoor hier: Nes hy ’n bal gryp, takel hy die lewe, sê sy. “Met ’n jeugdige energie, uitbundigheid, lewenslus . . .”

Bennie Fourie, wat saam met hom branderplank leer ry het vir hul rolle in die fliek Die Pro, stel dit só: “Hy het die wakkerste oë wat ek nog gesien het.”

Edwin het ’n Peter Pan-sjarme waarmee hy jou as kyker om sy pinkie draai. Selfs al speel hy ’n bliksem wat op die verkeerde plekke jeuk, soos Schalk in die kykNET-
reeks Fraksie (later vanjaar op ShowMax). Jy kan verstaan waarom Nina (Roeline Daneel), sy beswaarde vrou, hom nógmaals vergewe.

“Schalk is charming en sjarmant, maar sy dade is bruut, sonder enige empatie,” sê Edwin. Hyself het ’n sterk empatiese sy en die eerste twee weke op stel was ’n uitdaging. Hy kon nie meer op sy, Edwin, se instinkte staatmaak nie. Dis nie wie Schalk is nie. “Dit was harde werk,” vertel hy met energieke handbewegings.

Vir Braam, sy karakter in die reeks (ShowMax), vóél hy egter. Braam is aanvanklik die ene onskuld

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Sarie
REDAKTEUR Michélle van Breda KUNSDIREKTEUR Maresa Pretorius PROJEKBESTUURDER Pieter Hugo STYL- EN SOSIALE REDAKTEUR Fanie Cronjé 082 934 5226 MODEREDAKTEUR Amaria Carstens 072 041 3393 KOSREDAKTEUR Herman Lensing SKRYWER EN ASSISTENT MODE EN KOS
SARIE5 min read
7 Dinge Oor Plasebo’s Medisyne Se Raaisel
Mense wat haar ken, weet al: As Shudira ingedagte is, woel sy met haar wysvinger in haar regteroor. Sy vroetel dan met die vuurhoutjie wat sy glo daarin afgebreek het. Glo, want al het ’n spesialis daai oor goed deurgekyk, kon sy niks opspoor nie. Ma
SARIE8 min read
Die Taylor Swift Effek
Ek is geen Swifty nie. Haar stem, beeld en hoofstroompopklank is vir my fifty shades of beige and vanilla. As die pa van ’n tienerdogter en ’n liefhebber van woord- en storievertelkuns, is ek egter ’n groot bewonderaar. En nes duisende ander joernali

Related