SARIE

Doener, dromer donnalee

Op honderd wil sy steeds nuwe dinge leer en ervaar en opgewonde wees oor die lewe.

Kafeïenvrye latte in die hand, gesels aktrise, vervaardiger en draaiboekskrywer Donnalee Roberts in die Chocolat Bistro in Durbanville, waar dit gesellig gons. Asof só gestileer, pas sy in by die ouwêreldse dekor in haar geblomde hoënek-rok, Alice in Wonderland-kopband en roomkleur stewels.

Haar rok is deel van haar klerereeks, The Romantic Collective. Dié aanlyn besigheid het goed gevaar tydens die pandemie. As sy nie in die filmbedryf was nie, bieg sy, was sy modeontwerper. “Ja, die ewige romantikus, dis ek.” Mooi rokke met gedrukte patrone laat ons eie Julia Robertsewebeeld breed glimlag.

Donnalee en Ivan Botha, wat in 2019 getroud is, het Suid-Afrikaners oorrompel met hul avontuurfilms Pad na jou hart (2014), Vir altyd (2016) en Stroomop (2018).

Maar in dié seisoen van hul loopbaan, ontgin hulle verskeie ander genres.

Waar baie tydens die pandemie moedeloos hande ten hemele gegooi het, het hulle verbete begin tik, konsepte rondgegooi en nagte deur gewerk. “Ons het nie geweet hoe die virus ons bedryf gaan beïnvloed nie, maar

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE8 min read
Net Cindy, Niks Fancy Nie
Hier is een rol wat Cindy Swanepoel-aanhangers nie sien kom het nie. Cindy as ’n idioom. Kry die prentjie: woordelose papierpop Cindy, met groot rooi kartonlippe en tande wat daaruit tuimel as dit oopgaan . . . ’n Mond vol tande. Die Wonderlike Wêrel
SARIE1 min read
Kosdinge
Nie tyd of lus om self koek te bak nie? Woolworths het allerlei opsies van koeke gereed om enige okkasie in ’n japtrap op te kikker. Die Chocolate Caramel Ombre Celebration Cake met ses lae is veral heerlik. R375 vir ’n 1,2 kg-koek. Sit jou koek en
SARIE1 min read
Leef Binne Na Buite
Marcus se huis is soos ’n treinstasie met ’n vloei van mense wat gou kom inloer, maar toe die huis in aanbou was, het hy ’n frons of twee van die plaaslike inwoners gekry. As argitek wou hy hê die huis moet sy opleiding in die modernistiese styl weer

Related