SARIE

‘Kritiek maak my nie meer benoud . . .’ Ontmoet Die Laan se storiemaker

Om negentien jaar lank elke weeksaand derduisende Suid-Afrikaners tussen 18:00 en 18:30 met die “Hillsiders” se manewales op hul stoele vasgenael te hou, wil gedoen wees. Die SABC2-sepie 7de Laan kry dit reg. Onlangse syfers dui op sowat 2,9 miljoen kykers per aand.

Sedert 2015 was Hanli Rolfes die sepie se hoof van storie-ontwikkeling en van 2017 hoofskrywer. “Ons is ’n goed geoliede masjien,” sê sy, “spanwerk gee die deurslag. Thandi Ramathesele, die vervaardiger, is baie betrokke by elke besluit wat die produksie beïnvloed.”

Hanli vertel vinnig sy is trots op haar span: storielynskrywers Piet Matipa, Martina Theunissen en Lian van der Westhuizen, storielynredigeerder Jo-Ann Scholtz, teksredigeerder Linda Scheepers en tekskoördineerder Luke Matthews.

Maar dis Hánli wat nuwe energie in die sepie geblaas het met die opwindende stories wat sy uitdink en wat mense laat praat, dink en sommige boos maak.

Toe Danie Odendaal, die skepper en vervaardiger, haar in 2014 gevra het om by 7de Laan aan te sluit, was sy baie opgewonde.

“Danie is ’n geniale storieverteller, maar dié sepie was nie meer so vir die tydgleuf waarin dit uitgesaai is nie. Mense is. Ons moes ’n vinniger pas kry, iets . Ons wou kykers se koppe oopbreek oor die wêreld waarin ons leef.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Leef Binne Na Buite
Marcus se huis is soos ’n treinstasie met ’n vloei van mense wat gou kom inloer, maar toe die huis in aanbou was, het hy ’n frons of twee van die plaaslike inwoners gekry. As argitek wou hy hê die huis moet sy opleiding in die modernistiese styl weer
SARIE2 min read
Hulle't Ja Gesê! TOP 35
Hulle’t ja gesê vir ’n kans om SARIE se veertiende Voorbladgesig-wenner te word. Ja! om die kroon te dra as SARIE se vyfde Nuwe Gesig. Oor sewe dekades het SARIE nog altyd gespog met voorblaaie wat iets sê van die wêreld waarin ons leef en die vroue
SARIE7 min read
‘My Ma Het Ons Nooit Weer Kom Haal’
Terry Steenhuisen onthou dit so goed asof dit gister gebeur het. Sy was nege jaar oud. Dit was Vrydag, ’n verpligte “uit-naweek” by die kosskool. Sy het met haar tassie by die venster gesit en uitgekyk vir haar ma. Die motors het gekom en gegaan, maa

Related