Rooi Rose

’n Nuwe SEISOEN

Dalk is dit die gesonde perspektief om nie die verwagting te hê om altyd al die balle in die lug te hou nie, meen die bedrywige Milan. “Nadat ek die boek Drop The Ball – Achieving More by Doing Less van Tiffany Dufu gelees het, het ek my hele ingesteldheid verander,” sê sy. “Ek dink elke vrou wat ’n sakeonderneming en kinders het, moet hierdie boek lees.”

Partykeer moet jy net op iets spesifieks fokus en die ander goed so ’n bietjie opsyskuif en laat hiberneer, voeg sy by. “Daar’s seisoene vir dinge in jou lewe en soms moet jy jou toelaat om in seisoene te leef, dan is die druk net soveel minder,” sê sy.

Milan het haar die afgelope drie dekades as aktrise gevestig met uitsoekrolle in Afrikaanse en Engelse sepies, dramareekse en rolprente. Sy het ook op die verhoog uitgeblink in verskeie produksies soos en die eenvrouproduksie wat in 2017 by die Aardklop-kunstefees as die gunsteling-produksie bekroon is. Sedert kykers haar in 1998 as die rebelse tiener Dusty da Silva in die SABC3-reeks leer ken het, het hulle sommer uit die staanspoor geweet: ’n blink toekoms wink vir dié jong aktrise met haar natuurlike aanslag en talent. Sy was nooit bang om te waag nie en het sedertdien uiteenlopende en uitdagende rolle in reekse soos Patrys in (2008), die gefrustreerde Kate in M-Net se (2011-2013) en die onsekere Julia Myburgh in kyk-NET se dramareeks (2017) baasgeraak.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rooi Rose

Rooi Rose6 min read
In Haar Element
Daar het baie water in die see geloop sedert ons Therese Bam as die gefolterde kelnerin Katryn in Jan Scholtz se dramareeks Song vir Katryn leer ken het. Dit was die jaar 2003 en kykNET se amptelike eerste dramareeks. Katryn, ’n kelnerin met ’n donke
Rooi Rose1 min read
Natuurlike Sofistikasie
LUCIA PICA SE WENK Beklemtoon die vou en onder die oë sodat jou oë opval en gebruik dan ’n wit oogomlyner net onder die boonste wimpers in die waterlyn van die oog. Wend maskara aan en moenie vergeet om jou wenkbroue in te vul nie. ’n Ligte onderlaag
Rooi Rose1 min read
Nog Wenke
• Sukses in die geleentheidsekonomie beteken ook harde werk, selfdissipline en bestuur. • Beoordeel jou aptyt vir risiko en jou selfbestuursvernuf en kry afrigting sou jy dit benodig. • Definieer sukses vir jouself, asook die rede waarom jy geleenthe

Related