SARIE

JAMES ALEXANDER ‘LOS ANGELES VIR NOU HUIS . . .’

Die ernstige man met sy diep, bruin oë was op skool eintlik die class clown. Maar as volwassene kom akteur James Alexander meer soos ’n filosoof as ’n grapjas voor.

Soos hy daar sit by die M-Net-gebou in Johannesburg, buk hy elke nou en dan vooroor, hand gevou om sy ken met die grysgespikkelde rooi baard terwyl hy nadink oor ’n antwoord. Wanneer hy klaar is, sit hy agteroor, die “werk” nou afgehandel. ’n Sagte groen trui, jeans en die gevlegte leerbandjies om sy een gewrig pas by dié prentjie.

Maar die grapmaker?

“Ja,” lag hy. “Ek dink ook soms té veel oor dinge na. Dis juis hoekom ek met tye ’n bietjie uithaak – vra maar op stel rond, as iemand iets simpels tydens ’n verposing aanvang, is dit gewoonlik ek. Daai ligte kant is my uitlaatklep. Ek neem myself en my werk baie ernstig op, ek wil als perfek hê, en ek moet myself soms herinner, komaan, jy red nie weeskinders in Rwanda of iets nie, jy maak of jy iemand anders is en word betaal daarvoor. My vrou, Anel [Alexander, aktrise], moet ook gereeld sê: ‘Baby, vat ’n chill pill.’ So as daar ’n geleentheid is om te lag en simpel te wees, doen ek dit!”

Wanneer hy gesels oor sy nuutste projek, die TV-reeks – die rede hoekom hy juis tydens die onderhoud, gebaseer op Deon Meyer se topverkoperboek , gaan wêreldwyd bekend gestel word. Dis danksy ’n samewerkingsooreenkoms tussen M-Net, die Duitse openbare uitsaaier ZDF en Cinemax, susterskanaal van HBO verantwoordelik vir treffers soos en . In die aksiebelaaide drama van ses episodes, waarin James een van die hoofrolle speel, word verskillende storielyne oor renosterstropery, diamantsmokkelary en ’n terreuraanval in Kaapstad verweef.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Sarie
REDAKTEUR Michélle van Breda KUNSDIREKTEUR Maresa Pretorius PROJEKBESTUURDER Pieter Hugo STYL- EN SOSIALE REDAKTEUR Fanie Cronjé 082 934 5226 MODEREDAKTEUR Amaria Carstens 072 041 3393 KOSREDAKTEUR Herman Lensing SKRYWER EN ASSISTENT MODE EN KOS
SARIE5 min read
7 Dinge Oor Plasebo’s Medisyne Se Raaisel
Mense wat haar ken, weet al: As Shudira ingedagte is, woel sy met haar wysvinger in haar regteroor. Sy vroetel dan met die vuurhoutjie wat sy glo daarin afgebreek het. Glo, want al het ’n spesialis daai oor goed deurgekyk, kon sy niks opspoor nie. Ma
SARIE8 min read
Die Taylor Swift Effek
Ek is geen Swifty nie. Haar stem, beeld en hoofstroompopklank is vir my fifty shades of beige and vanilla. As die pa van ’n tienerdogter en ’n liefhebber van woord- en storievertelkuns, is ek egter ’n groot bewonderaar. En nes duisende ander joernali

Related