Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Trompie die dromer (#5)
Trompie die dromer (#5)
Trompie die dromer (#5)
Ebook133 pages2 hours

Trompie die dromer (#5)

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die Boksombende word bedreig – deur ’n meisiekind! Trompie, die Grootkaptein en meesterlike planmaker, is smoorverlief en sit heeldag net en droom. Sy hare is gekam, sy hemp ingesteek en sy kouse opgetrek. Die bende belê ’n spesiale vergadering om hierdie saak te bespreek – hoe durf Trompie ’n meisie se geselskap bo hulle s’n verkies? Hul leier laat hom egter nie voorsê nie, maar gelukkig vir sy bende ontdek hy baie gou dis duur om ’n meisie aan te hou en sê haar een aand ná ’n dans by die skool af. Nou kan die Boksombende weer saam dinge doen soos om perskes te steel en na spookstories te luister. Die jaarlikse interskole atletiekbyeenkoms is om die draai en Trompie wil vreeslik graag spykerskoene hê sodat hy soos ’n ware wenner kan hardloop. Hy gaan ’n ingewikkelde ruiltransaksie met een van sy klasmaats aan en moet op die groot dag eers vuisslaan met ’n leerder van ’n ander skool wat hom gedurende ’n resies pootjie voordat hy uiteindelik met sy eer ongeskonde uit die stryd kan tree.
LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2011
ISBN9780798154598
Trompie die dromer (#5)
Author

Topsy Smith

Topsy Smith se karakter Trompie was vir die jongmense van sy era ’n rolmodel. Smith is een van die mees geliefde en suksesvolle jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie-reeks het ’n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.

Read more from Topsy Smith

Related to Trompie die dromer (#5)

Titles in the series (29)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Trompie die dromer (#5)

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Trompie die dromer (#5) - Topsy Smith

    Die Trompie-reeks

    1. Trompie

    2. Trompie die stouterd

    3. Trompie die soet seun

    4. Trompie die hoërskoolseun

    5. Trompie die dromer

    6. Trompie die speurder

    7. Trompie die kragman

    8. Trompie die groot minnaar

    9. Trompie die held

    10. Trompie die mooi seun

    11. Trompie die prefek

    12. Trompie die galante heer

    13. Trompie die vegter

    14. Trompie die krieketspeler

    15. Trompie die filmster

    16. Trompie die sakeman

    17. Trompie die sportman

    18. Trompie die waaghals

    19. Trompie die rebel

    20. Trompie die rugbyspeler

    21. Trompie die hanswors

    22. Trompie die reisiger

    23. Trompie die kaptein

    24. Trompie die alleenloper

    Inhoud

    Hoofstuk 1 – Trompie die dromer

    Hoofstuk 2 – Die vergadering

    Hoofstuk 3 – Trompie die danser

    Hoofstuk 4 – Trompie en oom Suurknol

    Hoofstuk 5 – Trompie en die spook

    Hoofstuk 6 – Trompie se grootste wens

    Hoofstuk 7 – Trompie die slimkop

    Hoofstuk 8 – Trompie die atleet

    icon_05Tdiedromer.tif

    1

    Trompie die dromer

    "Dit is die maand Oktober,

    die mooiste, mooiste maand:

    Dan is die dag so helder,

    so groen is elke aand,

    So blou en sonder wolke

    Die hemel heerlik bo..."

    Aandagtig sit Trompie en luister hoe die onderwyseres die gedig voordra. Dit is vir hom baie mooi. Net jammer hy het nie die hele gedig geleer nie, want die juffrou laat elke leerder gewoonlik een of twee versies opsê.

    Hy sug diep. Al wat hom vandag kan red, is dat sy hom vra om die eerste twee versies of net die eerste een op te sê. Dan is sy kop deur. Maar as sy hom vra om een van die ander versies voor te dra, sit ta vandag. Dit is seker.

    Terwyl die graadagts beurte kry om voor te dra, sit Trompie dromerig by die venster en uitstaar. Dit help tog nie hy probeer nou om die res van die gedig in sy kop te prop nie. Hy sal dit nooit regkry nie. Hy hoop maar net vir die beste.

    Hy kyk na die groen bome en rugbyveld. Dit was darem ’n heerlike rugbyseisoen. Hy was kaptein van die onder-13-span en hulle het sommer maklik die beker gewen. Dis nie dat hy dit graag self wil sê nie, maar dit was alles danksy hom. Dink maar net aan al die drieë wat hy gedruk het! Hy sal hulle probeer tel.

    Toe die twaalfjarige sproetgesig al tien sy vingers gebruik het om die drieë te tel, word hy moeg daarvoor. Daar is heeltemal te veel van die goed!

    Hy kyk in die klas rond. Hy sit agter teen die muur. Net voor hom sit Blikkies. Die ou se hand is voor sy mond en hy kou heerlik aan ’n stukkie kougom. Trompie kan sien hoe sy kakebene ritmies op en af beweeg. Hy lê gemaklik agteroor en sy lang bene is uitgestrek. Trompie glimlag. Die lui, ewig kouende en altyd rustige Blikkies is sy vriend, een van die Boksombende se lede.

    Langs Blikkies sit klein Dawie. Trompie kan sy wakker, ondeunde ogies nie sien nie, maar hy weet hulle vonkel. Hy weet ook Dawie weet dat hy wat Trompie is nie die hele gedig ken nie. Dawie ken dit natuurlik. Hy is mos kastig slim en doen elke dag sy huiswerk. En hy wag net dat die juffrou op Trompie se nommer moet druk om te kom voordra, want Dawie kry mos altyd lekker as een van die ander lede van die Boksombende in die moeilikheid beland omdat hulle nie die werk ken of nie huiswerk gedoen het nie. Seker omdat hulle met hom spot oor hy skool so ernstig opneem.

    Tog, dink Trompie, ten spyte van hierdie vreemde karaktertrek van Dawie wat sowaar van skoolwerk hou, is hy nie ’n slegte vent nie. Hy is Trompie se maat en ook ’n lid van sy Boksombende.

    Trompie kyk na die knewel langs hom en grinnik. Die sterk en goeie, maar dom, Rooie! Hy is so vaak dat hy sy oë nie kan oophou nie. Elke slag as hy insluimer, val sy kop vorentoe en skrik hy weer wakker. Dan knip hy sy oë, lek sy lippe af, skud sy kop en sit regop om te luister hoe die kinders voordra. Maar net ’n paar sekondes later ruk Rooie se kop weer soos hy indommel en die hele storie begin weer van voor af.

    Dit is die Boksombende se vier lede: Trompie, Rooie, Blikkies en klein Dawie. Hulle is saam deur laerskool en sit nou saam hier in die beroemde Hoërskool Kwaggaberg se graadagtklas. Trompie dink aan al die lief en leed wat hulle al die jare saam deurgemaak het. Niks of iemand sal ooit hul vriendskap kan ondermyn nie. Daarvan is hy seker.

    Tog – hy wonder wat sy drie vriende sal sê as hulle weet waaraan hy die afgelope week so sonder ophou dink. Hy wonder wat hulle sal sê as hulle weet hoekom hy nie die gedig geleer het nie, hoekom hy deesdae niks meer huiswerk doen en glad nie kan konsentreer nie. Hy hoop maar net hulle vind nooit uit wat die rede daarvoor is nie.

    Trompie besluit om vlugtig na die rede te loer. Sy sit heel voor in die klas. Haar naam is Lucille Vermaak en sy is nog net twee weke in hul skool. Sy is die nuwe landdros se dogter.

    Toe sy die eerste keer by die klas instap, het almal haar goed deurgekyk. Trompie ook. En hy het dadelik gehou van wat hy sien. Hy is nou nie juis ’n kenner op die gebied van skoonheid en sulke goed nie, maar sy is vir hom ’n mooi meisie. Lucille het donker, golwende hare en helder, laggende bruin oë. Daar is kuiltjies in haar wange en wanneer sy glimlag, sien ’n mens ’n stel perfekte wit tande.

    Ja-nee, sy is baie mooi. Maar dit het niks met hom te doen nie. Hy en sy drie maats is nie ouens wat hulle aan sulke vrotsige goed soos meisies steur nie. Trompie besluit om van die mooi nuwe meisie te vergeet. Hy sal haar behandel soos hy al die ander meisies behandel. Hy bly uit hul pad en hulle moet uit sy pad ook bly.

    Maar toe, ’n paar dae ná die nuwe meisie se koms, het daar iets gebeur wat Trompie nou nog nie kan verstaan nie. Dit was sommer net ’n klein, onskuldige insidentjie, maar daarná het hy by die dag meer dromerig en afgetrokke geraak.

    Trompie het dit al probeer ontleed, maar hy kry nie ’n verklaring vir hierdie salige gevoel nie. Hy voel of hy skielik in ’n land van ewigdurende geluk en sonskyn is.

    En hierdie gevoel dat hy hoog in die wolke rondsweef, het ontstaan bloot as gevolg van ’n liniaal wat hy opgetel het. Dit was maar al. Hy besef dit is Oktobermaand, so die veld is groen, die water in die kloof se dam is heerlik, die dae word langer en warmer. Daar lê hierdie somer baie pret vir hom en sy maats op die dorp hier aan die voet van die berge voor. Maar nogtans, hy het ander jare nooit dié gevoel van salige geluk gehad nie. Nee, hierdie gemoedstoestand is die regstreekse gevolg van daardie liniaal wat hy opgetel het.

    Dit was ’n week gelede. Trompie sien die toneeltjie weer duidelik. Asof hy dit ooit sal kan vergeet!

    Dit was pouse. Hy het die ouens buite op die skoolgrond laat staan en gou klaskamer toe gehardloop. Hy was honger en wou sy toebroodjies gaan haal.

    In die gang net voor die deur tel hy ’n liniaal op. Dit behoort seker aan ’n ou in die klas, dink hy. Hy sal dit op die onderwyseres se tafel neersit. Maar toe sien hy die naam op die liniaal – Lucille Vermaak. Dit is daardie nuwe meisie se liniaal. Hy besluit hy sal dit dan maar op haar bank neersit.

    Vinnig stap hy by die klas in. Lucille sit in haar bank en lees terwyl sy toebroodjies eet. Sy kyk op en sê vriendelik: Haai.

    Hallo, mompel Trompie en voeg stroef by: Dè, hier’s jou liniaal.

    Waar kry jy dit? vra sy met ’n glimlag en Trompie sien die kuiltjie in haar wange.

    Hier voor die deur opgetel, brom hy.

    Dis gaaf van jou. Baie dankie. Jou naam is mos Trompie, nè?

    Ja. Hy voeg amper by: En wat daarvan? Maar hy kan darem nie só onbeskof wees nie. Sy is nuut hier en boonop vriendelik en... baie mooi. Dis nou waar wors.

    Ek het al so baie van jou gehoor, sê sy skielik.

    Regtig? Trompie grinnik skamerig en hy stoot sy kuif effens reg. Soos wat nogal?

    O, baie goed. Maar ek gaan jou nie sê wát nie, sê sy en bloos.

    Ag nee, man, sê my nou wat het jy gehoor. Hy sien weer die kuiltjies in haar wange, haar mooi wit tande, haar oop, helderbruin oë. Sy stem is sag en hy vryf sy hande voor hom toe hy sê: Komaan, sê nou vir my. Hoekom wil jy nie?

    Ek is skrikkerig, sê sy en giggel half.

    Hoekom? Trompie stoot sy bors uit en sê grof: Jy hoef nooit bang te wees as ek naby is nie.

    Ek weet, maar ek is bang jy gaan te vol van jouself wees as ek jou vertel wat mense van jou sê en dan gaan jy nog minder notisie van my neem...

    Ag, nonsens, sê Trompie en vryf weer sy hande, dis jy wat nie van mý notisie neem nie.

    Is nie! Van ek die eerste dag hier ingestap het, loer ek altyd vir jou, maar jy kyk nie eens na my nie.

    Trompie dink ernstig hieroor na. Maggies, nè. Die mooiste meisie in die skool en sy loer heeldag na hom in die klas! Hy stoot sy kuif weer reg. Hy glimlag en probeer lyk soos daardie helde in die fliek wat altyd die mooi heldinne se voete so onder hulle uitslaan.

    Hy kyk diep in haar oë en sê: Komaan, vertel my wat hulle van my sê – toe nou.

    Wel, sê sy sag, hulle sê jy is sterk en kan goed baklei. En jy’s ’n bendeleier – jou manne volg jou glo blindelings...

    Ja, ja, en wat nog?

    Hulle sê ook jy was kaptein van die rugbyspan en jy is die beste rugbyspeler in die skool.

    Trompie het nooit gedink hy sal ’n gesprek met ’n meisiekind só kan geniet nie. Sy gesig straal.

    En, Trompie...

    Ja?

    "Al hierdie dinge

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1