Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Trompie die waaghals (#18)
Trompie die waaghals (#18)
Trompie die waaghals (#18)
Ebook133 pages1 hour

Trompie die waaghals (#18)

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Trompie en Rooie kom weg met ’n waarskuwing wanneer hulle resies jaag deur by die skool se traprelings af te gly. Dan daag hulle die noodlot verder uit deur met die interkomstelsel te peuter. Hulle bak die leerders in hul klas ’n lekker poets, maar dit boemerang ongelukkig op hulle! Trompie leen ’n waterpistool om sy klasmaats mee te skiet. Wanneer die pistool spoorloos verdwyn, moet hy uitvind wie dit gegaps het. Die sproetgesig kry ’n briljante idee om die skuldiges te vang met die hulp van sy getroue hond Boesman. Die Boksombende is nie lus om die kort vakansie op Kwaggaberg deur te bring nie. Hulle wil vir ’n verandering see toe gaan of op ’n plaas gaan kuier, maar die kanse vir so ’n wegkomkans is skraal – of is dit? Ons held wys weer eens wat in hom steek wanneer hy homself met twee dapper dade oortref. Hy red ’n hulpelose meisietjie en reken af met ’n gevaarlike bende smokkelaars.
LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2011
ISBN9780798154130
Trompie die waaghals (#18)
Author

Topsy Smith

Topsy Smith se karakter Trompie was vir die jongmense van sy era ’n rolmodel. Smith is een van die mees geliefde en suksesvolle jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie-reeks het ’n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.

Read more from Topsy Smith

Related to Trompie die waaghals (#18)

Titles in the series (29)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Trompie die waaghals (#18)

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Trompie die waaghals (#18) - Topsy Smith

    Die Trompie-reeks

    1. Trompie

    2. Trompie die stouterd

    3. Trompie die soet seun

    4. Trompie die hoërskoolseun

    5. Trompie die dromer

    6. Trompie die speurder

    7. Trompie die kragman

    8. Trompie die hartedief

    9. Trompie die held

    10. Trompie die mooi seun

    11. Trompie die leier

    12. Trompie die rugbyreus

    13. Trompie die vegter

    14. Trompie die krieketspeler

    15. Trompie die filmster

    16. Trompie die sakeman

    17. Trompie die rebel

    18. Trompie die waaghals

    19. Trompie die sportman

    20. Trompie die hanswors

    21. Trompie die reisiger

    22. Trompie die kaptein

    23. Trompie die alleenloper

    24. Trompie die atleet

    Inhoud

    Hoofstuk 1 – Die interkom

    Hoofstuk 2 – In die moeilikheid

    Hoofstuk 3 – Die waterpistool

    Hoofstuk 4 – Knap speurwerk

    Hoofstuk 5 – Groot planne

    Hoofstuk 6 – Plaas toe!

    Hoofstuk 7 – Die smokkelaars

    Tdiewaaghals_ICON.tif

    1

    Die interkom

    Trompie Toerien kyk in die graad tien-klas rond. Party van sy klasmaats sit en lees of dink. Trompie sit sommer net. Hy is verveeld.

    Hier’s niks om te doen nie, mompel hy vir sy vriend Rooie wat langs hom in die bank sit.

    Rooie knik sy kop lui. Hy stem saam met Trompie. Hier is niks om te doen nie.

    Dit is die laaste paar dae van die kwartaal, dan begin die tiendaevakansie. Die kinders is alleen in die klas. Al die onderwysers is in die personeelkamer vir ’n vergadering met die skoolhoof. Die graadtiens het werk gekry om te doen, maar is lankal klaar daarmee. Nou doen hulle maar waarvoor hulle lus is.

    Trompie het ’n waterpistool by ’n laerskooloutjie geleen omdat hy geweet het hulle gaan nie baie besig wees in die klas noudat die toetse agter die rug is nie. Hy wou ’n bietjie pret maak met die pistool.

    Ná die onderwyser na die vergadering toe is, het Trompie die werk wat hy vir die klas gegee het, afgerammel – en daarna het hy die een leerder ná die ander wat voor hom in die klas sit met ’n straal water agter die kop geklits.

    Dit was eers groot pret, maar toe begin die speletjie hom verveel. Hy kan elke keer net twee leerders – of drie as hy dit ligweg doen – natskiet voor hy die pistool weer moet gaan laai. En dit is ver om te stap. Hy moet by die klas uitgaan, dan met die gang en die trap af en dan by die sydeur uit. Dit is waar die naaste kraan is.

    Ja-nee, dit is gans te ver. Nou sit Trompie maar net en sug dat hier niks is om te doen nie.

    Wat gaan ons dié vakansie doen, Rooie? vra hy verveeld.

    Seker maar swem en so, antwoord Rooie.

    Trompie trek sy sproetgesig skeef. Swem en so is orraait, maar ons ouens moet ’n plan maak om bietjie van Kwaggaberg af weg te kom. Hier gaan nooit niks aan nie. Hy sug en Rooie sug ook.

    Agter Trompie en Rooie sit hul ander twee vriende: Dawie en Blikkies. Hulle is die vier lede van Kwaggaberg se beroemde (party mense sê berugte!) Boksombende. Trompie is hul leier, of soos hy homself liewer noem, die Grootkaptein.

    Net agter hom sit Dawie, die jongste van die vier vriende – hulle is vyftien en hy is nog maar net dertien. Hy is klein gebou maar geweldig intelligent. Daarom is hy saam met die ouer kinders in die klas.

    Dawie se ondeunde oë vonkel altyd as Trompie die een of ander kattekwaad voorstel. Die Grootkaptein het hom eenkeer gered toe hy amper in die kloof se dam verdrink het en van toe af is hy een van Trompie se vurigste ondersteuners. Soos hy al meer as een keer dramaties gesê het: Die dood het my in die oë gestaar, maar Trompie het my uit sy kloue gered!

    Daar is egter iets wat Dawie nie weet nie. Die einste Trompie wat hom so uit die dood se kloue gered het, het hom in werklikheid in die dam ingestamp. Trompie het hom nooit gesê nie. Hy voel dit is onnodig dat Dawie dit hoef te weet. Toe hy gesien het Dawie sluk water en verdwyn aanhoudend onder die oppervlak het hy mos sommer so met klere en al ingespring en sy vriend uitgepluk.

    Langs Dawie sit die lang, skraal Blikkies. Hy is goedgeaard, maar soos hy self ruiterlik erken, nie eintlik ’n ou wat hou van werk nie.

    Blikkies se kakebene beweeg altyd. As hy geld het, kou hy kougom. As hy platsak is, het hy ’n grashalmpie in sy mond. Geld is maar skaars onder die Boksombende se lede – en Blikkies kou nou ’n grashalmpie.

    Langs Trompie sit die kort, sterkgeboude Rooie wat sy naam te danke het aan sy boskasie vlammende rooi hare.

    ’n Hele paar jaar gelede toe hulle vier nog maar in graad vyf op laerskool was, het Rooie eenkeer gedink hy kan vir die Boksombende net so ’n goeie (indien nie beter nie) kaptein as Trompie wees. Hulle het mekaar toe met die vuiste bygedam en Rooie onthou die blouoog wat hy gekry het nog tot vandag toe. Hy het Trompie se bekwaamheid as Grootkaptein daarna nooit weer in twyfel getrek nie.

    Die Boksombende is lelik verveeld in die klas.

    Wat gaan ons dié vakansie doen? vra Trompie nou vir Dawie en Blikkies agter hom.

    Hulle dink ook soos Rooie dat hulle hulself seker maar moet besig hou deur te swem en so.

    Ja, oukei, sê Trompie, maar ons moet ’n plan maak om ’n slag bietjie hier van Kwaggaberg af weg te kom.

    Ons vier saam? wil Rooie weet.

    Natuurlik, antwoord Trompie.

    Waarnatoe sal ons gaan? vra Blikkies en verskuif sy gekoude grashalm behendig van die een kies na die ander.

    Dis waaroor ons moet dink, sê Trompie.

    Moet ons nóú daaroor dink? vra Dawie en sy ondeunde oë vonkel.

    Probeer jy miskien snaaks wees, hè? Trompie draai om sodat hy reguit na Dawie kan kyk.

    Nee, skud Dawie sy kop, hy probeer nie snaaks wees nie. Hy lyk so soet en onskuldig asof botter nie in sy mond kan smelt nie. Maar hy wil darem graag weet hoekom Trompie dink hy wat Dawie is, probeer om snaaks te wees. Hy het mos maar net ’n eenvoudige ou vragie gevra.

    Dan sê Trompie: Ons het nou niks om te doen nie, so ons kan maar net sowel daaraan dink.

    Trompie plooi sy voorkop om te wys hy begin nou diep dink. Hy sit sy gebalde vuis onder sy ken en probeer lyk soos daardie beroemde beeldjie van Die Denker in sy pa se studeerkamer. Trompie voel hierdie houding maak ’n goeie indruk. Dit wys mos hy dink baie ernstig oor ’n probleem.

    Ná ’n paar oomblikke vra Blikkies in sy lui stem: Waaroor dink ons nou weer?

    Trompie kyk vies na hom en sê: Hoe ons vier saam vir die vakansie hier van Kwaggaberg af kan wegkom.

    O, sê Blikkies net en dan beweeg sy kakebene weer ritmies op en af soos hy aan die grashalmpie in sy kies kou.

    Moet ons aan ’n plan dink om see toe te gaan? wil Dawie nou weet. Of plaas toe?

    See toe of plaas toe, sê Trompie, solank ons net kan gaan vakansie hou.

    Die vier vriende sit nou kamtig en dink, maar hulle dink nie waar hulle kan gaan vakansie hou nie. Hulle weet mos dit is onmoontlik. Hulle ouers sal hulle nie laat gaan nie – en dit is nou ook al te laat om reëlings te tref.

    Die seuns weet hulle sal die vakansie maar weer hier op Kwaggaberg moet deurbring, maar maak nogtans of hulle ernstig aan ’n plan dink om weg te gaan – see toe of plaas toe.

    Trompie dink aan volgende kwartaal wanneer die rugbyseisoen weer begin. Hy wil vanjaar sommer ’n barshou speel. Die Britse Leeus gaan boonop deur die land toer – hulle kom om die Springbokke te probeer onttroon as die wêreldkampioene, maar Trompie wil dit nog eers sien. Hulle sal dit mos nooit kan regkry nie.

    Rooie sit en dink hoe seer sy skoene hom maak. Hy wens dit is al die einde van die skooldag sodat hy die goed kan uittrek.

    Al is sy pa die beste skoenmaker op die dorp kan Rooie nie skoene aan sy voete verdra nie. Wanneer die laaste klok lui, maak hy altyd haastig spore by die skool. As hy buite op die sypaadjie kom, pluk hy sy skoene uit, bind die een se veters aan die ander een s’n vas, hang die skoene dan om sy nek en ry so huis toe op sy fiets.

    Dawie dink aan die toetsreeks wat hulle so pas klaar geskryf het. Hy voel ’n gloed van tevredenheid. Hy is seker hy het soos altyd uitstekend gevaar. Hy staan waarskynlik weer eerste in die klas.

    Blikkies dink nie. Hy sit sommer net en maak of hy dink. Sy oë is toe sodat dit moet lyk of hy ernstig nadink, maar in werklikheid is hy amper aan die slaap.

    Het julle klaar gedink? vra Trompie skielik toe hy moeg is van so stil sit en niks doen.

    Blikkies wip soos hy skrik. Hy, Rooie en Dawie verseker Trompie hulle het ernstig gedink, maar kon nie ’n plan kry om van Kwaggaberg af weg te kom en iewers by die see of op ’n plaas te gaan vakansie hou nie.

    Trompie sê hy kon ook nie aan ’n plan dink nie. Hy sê natuurlik nie vir hulle hy het die hele tyd oor volgende kwartaal se rugby gesit en droom nie.

    Die skool sluit eers oor ’n paar dae, kondig hy nou saaklik aan. Ons moenie moed opgee nie. Ons moet kyk of ons aan ’n plan kan dink om te gaan vakansie hou.

    Die ander drie verseker Trompie plegtig hulle sal probeer om ’n plan te beraam, maar hulle het nie baie hoop nie. Hulle sal die vakansie maar hier op Kwaggaberg moet deurbring en swem en so.

    Trompie se oë dwaal oor die klas rond. Net ’n paar kinders is nog besig met die werk wat die onderwyser vir hulle gegee het voor hy na die personeelvergadering toe is. Die ander lees biblioteekboeke en party sit en gesels.

    Hier’s niks om te doen nie, kla Trompie weer en sy vriende stem

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1