Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Trompie die sportman (#19)
Trompie die sportman (#19)
Trompie die sportman (#19)
Ebook129 pages2 hours

Trompie die sportman (#19)

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die Boksombende se Grootkaptein kom voor ’n krisis te staan. Die rugbyseisoen is om die draai en Gerrit Moerdyk, ’n seun met wie hy nog nooit klaargekom het nie, sê vir almal hulle moenie weer vir Trompie as hul spankaptein kies nie. Volgens Gerrit is Trompie ’n selfsugtige speler en is dit sy skuld dat hulle nie verlede jaar die beker gewen het nie. Dit lei tot ’n grootskaalse verkiesingsveldtog waarin ons held en sy vriende alles moet uithaal om sy naam in ere te herstel en almal te oortuig dat hy ’n waardige kaptein is. Die Grootkaptein dink self ’n gevatte slagspreuk uit om stemme te werf: “Hompie Kedompie – stem vir Trompie!” Kwaggaberg se sproetgesig kan sy geluk nie glo wanneer sy rugbyheld in die dorp opdaag nie. Hy kry die kans om van aangesig tot aangesig met die beroemde Springbok te gesels en handige wenke te kry – en word selfs na ’n toetswedstryd uitgenooi. Maar Trompie moet natuurlik eers ’n struikelblok of twee oorkom – nie dat dit ooit vir hom ’n probleem is nie!
LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2011
ISBN9780798154123
Trompie die sportman (#19)
Author

Topsy Smith

Topsy Smith se karakter Trompie was vir die jongmense van sy era ’n rolmodel. Smith is een van die mees geliefde en suksesvolle jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie-reeks het ’n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.

Read more from Topsy Smith

Related to Trompie die sportman (#19)

Titles in the series (29)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Trompie die sportman (#19)

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Trompie die sportman (#19) - Topsy Smith

    Die Trompie-reeks

    1. Trompie

    2. Trompie die stouterd

    3. Trompie die soet seun

    4. Trompie die hoërskoolseun

    5. Trompie die dromer

    6. Trompie die speurder

    7. Trompie die kragman

    8. Trompie die hartedief

    9. Trompie die held

    10. Trompie die mooi seun

    11. Trompie die leier

    12. Trompie die rugbyreus

    13. Trompie die vegter

    14. Trompie die krieketspeler

    15. Trompie die filmster

    16. Trompie die sakeman

    17. Trompie die rebel

    18. Trompie die waaghals

    19. Trompie die sportman

    20. Trompie die hanswors

    21. Trompie die reisiger

    22. Trompie die kaptein

    23. Trompie die alleenloper

    24. Trompie die atleet

    Inhoud

    Hoofstuk 1 – Die petisie

    Hoofstuk 2 – Trompie kry teenkanting

    Hoofstuk 3 – Die vredemaker

    Hoofstuk 4 – Die verkiesingsveldtog

    Hoofstuk 5 – Trompie die sportman

    Hoofstuk 6 – Ontmoet die rugbyheld!

    Hoofstuk 7 – By die toetswedstryde

    19Tdiesportman_icon.tif

    1

    Die petisie

    Daar’s groot moeilikheid in die land, sê Rooie en kyk na sy skurwe voete. Hy wikkel sy tone. Hy probeer om sy groottone stil te hou terwyl die ander beweeg. Dit is nogal moeilik.

    Met ’n sug gee hy moed op en sê weer in ’n swaar stem: Ja-nee, ouens, ek sê vir julle – daar’s groot moeilikheid in die land.

    Rooie se vriende, Blikkies en Dawie, sit by hom in sy buitekamer. Hulle kyk weemoedig voor hulle uit. Hulle dink duidelik ook daar is groot moeilikheid in die land.

    Blikkies kou aan ’n stukkie kougom. Hy versit dit behendig van die een kies na die ander en dan vra hy: Weet Trompie daarvan?

    Nee, antwoord Rooie, hy weet nog van niks nie. Ek het dit net toevallig uitgevind. Ek’t daar by die klomp ouens gekom en gesien hoe gryp hulle die papier en probeer dit wegsteek. Toe vat ek dit af by die ou wat dit agter sy rug hou en lees wat daarop staan. Ek sê vir julle, daar is al ’n hele spul name op daai lys.

    Dawie staar peinsend voor hom uit. Dit is ontsettende slegte nuus wat Rooie vir hom en Blikkies gegee het. As Trompie dit te hore kom, gaan dit vir jou ’n lelike ding afgee, hoor!

    Ja-nee, sê Dawie en sug, jy’s reg, Rooie – daar’s groot moeilikheid in die land.

    Ons kan net een ding doen, sê Blikkies en staan op.

    Rooie en Dawie kyk vraend na hom. Hulle sal graag wil weet wat hierdie een ding is. Blikkies wil egter nie sê voordat hulle vra nie. Dit is ’n paar oomblikke stil, dan brom Rooie: Wat’s dié een ding wat ons kan doen?

    Ek het vir daai vraag gewag, Rooie, sê Blikkies selfvoldaan. Ons moet Trompie dadelik gaan vertel van hierdie gemene ding wat die ouens teen hom beplan. En dan moet ons vier dink aan ’n plan om hulle uit te oorlê.

    Sê liewer te beveg, sê Rooie bars en bal sy vuiste.

    Dawie voel ook hulle moet die klomp wat Trompie so met ’n mes in die rug steek – en dit ná wat hy alles vir Kwaggaberg se rugby gedoen het – met hand en tand beveg. Tot waar Dawid die wortels begrawe het, sê hy en bal ook sy vuiste.

    Terwyl Rooie, Blikkies en Dawie in Rooie se buitekamer oor hierdie krisis gesels, sit Trompie op sy bed in sy kamer. Hy het ’n pragtige foto van sy rugbyheld uit ’n tydskrif geknip en dit in sy plakboek geplak. Hy kyk nou ingedagte daarna.

    Vanjaar se rugbyseisoen gaan die beste ooit wees! sê Trompie sag.

    Eerstens sal hy natuurlik gekies word as kaptein van die beroemde Hoërskool Kwaggaberg se onder-16-span, en vanjaar gaan hulle sowaar die beker wen!

    En tweedens kom die Britse Leeus vanjaar Suid-Afrika toe om die Springbokke, die wêreld se bobaasrugbyspelers, te onttroon. Gmf! sê Trompie en trek ’n suur gesig. Asof hulle dit ooit sal regkry!

    Daar word vier toetswedstryde gespeel – in Johannesburg, Pretoria, Port Elizabeth en Kaapstad. Hy sal ’n plan moet maak om by die twee in Pretoria en Johannesburg uit te kom. Hy wens hy kon die toetse in Kaapstad en Port Elizabeth ook bywoon, maar dit sal seker onmoontlik wees. Hy gaan genoeg moet soebat en smeek om sy pa sover te kry om hom saam Pretoria en Johannesburg toe te neem.

    Ja-nee, dink Trompie met ’n glimlag, hy wens dit is al volgende week. Dan begin hulle rugby oefen en dan kies die ouens ook die verskillende spanne se kapteins.

    Trompie se gedagtes word onderbreek deur ’n harde gefluit buite in die tuin. Dit is ’n hoë noot afgewissel met ’n lae een – die Boksombende se sein.

    Trompie fluit op dieselfde manier terug. Dit is sy drie vriende. Wat wil die ouens hê? Hulle het mos afgespreek om later vanmiddag in Rooie se buitekamer bymekaar te kom.

    Die Boksombende gebruik nooit ’n deur om by ’n vertrek in te gaan as daar ’n venster is nie. Hulle klouter altyd sommer deur ’n venster. Dit is ’n ongeskrewe reël.

    Rooie, Blikkies en Dawie klim nou deur Trompie se kamervenster.

    Haai, groet hulle hom kamtig vrolik.

    Haai, groet hy terug en voeg dan by: Daar’s nou vir jou ’n rugbyspeler, hoor! Hy wys na sy held, die bekende Blou Bul-senter, se foto.

    Rooie kyk eers na die foto van die senter, dan blaai hy deur die plakboek en kyk na al die ander sportfoto’s daarin. Ná Rooie is dit Dawie en Blikkies se beurt.

    Die vier vriende maak ’n gedugte groepie uit: Trompie, die ondeunde sproetgesig; Rooie, die sterkgeboude ou met die rooi hare; die besadigde, ewig kouende Blikkies en slim Dawie met die wakker bruin oë.

    Hulle is die lede van die Boksombende. Hulle is al van graad vier af vriende en is nou in dieselfde klas op hoërskool.

    Trompie is die Boksombende se leier of altans, hul Grootkaptein.

    Dawie – nadat Trompie eenkeer sy lewe gered het toe hy amper in die kloof se dam verdrink het – volg die Grootkaptein altyd blindelings. Trompie het natuurlik stilgebly oor die feit dat dit eintlik hy was wat Dawie by die dam ingestamp het, en dat hy so groot geskrik het toe hy sien sy vriend kan nie swem nie dat hy ingeduik het om hom weer uit te pluk. Maar volgens hom hoef Dawie dit mos nie te weet nie.

    Rooie – nadat Trompie hom eendag, ’n hele paar jaar gelede, ’n prag van ’n blouoog gegee het – is altyd gewillig om hom te volg as daar sprake van kattekwaad is.

    Blikkies is die een wat gewoonlik effens beswaar maak as Trompie met die een of ander voorstel kom. As daar nie eenparigheid is nie, stem die Boksombende en dan is Blikkies in die minderheid. Dit is altyd drie stemme teen een, so Blikkies moet gewoonlik maar saamspeel. Ten minste voel hy dat as hy een keer protes aangeteken het, is sy gewete darem skoon. As daar dan moeilikheid kom, kan hy mos sê hy hét hulle gewaarsku.

    Terwyl hulle na die plakboek kyk, vertel Trompie opgewonde hoe hy vanjaar sommer ’n barshou rugby gaan speel.

    Ek sê julle ouens, sê hy geesdriftig, ek gaan net so goed soos dié ou van die Blou Bulle wees. Hy’s ’n senter en ek ook. Ek het mos laas jaar gesien hoe hy maak-maak of hy deur ’n gaping gaan skiet en dan glip hy skielik deur ’n ander een – en dit terwyl die ander ouens nie eens weet daar is ’n ander gaping nie.

    Trompie glimlag selfvoldaan. Ja-nee, dis hoe hy vanjaar gaan speel: sommer ’n barshou. Hy kom nie eens agter dat sy drie vriende onderlangs na mekaar kyk nie.

    En as kaptein, sê Trompie en slaan met sy regtervuis in sy linkerhand, gaan ek my manne met ’n ysterhand regeer. Vanjaar moet ons vir Hoërskool Saamwerk van Johannesburg behoorlik op hulle plek sit. Ek sê julle, vanjaar gaan ons die beker wen!

    Blikkies, wat laaste deur die plakboek geblaai het, sit dit nou op die bed neer.

    Hy kyk vinnig na Dawie en Rooie. Hulle kyk na hom. Hulle wil duidelik hê hy moet die praatwerk doen. Hy het mos gesê daar is net een ding wat hulle kan doen en dit is om vir Trompie te sê van die lys wat by die skool rondgaan, so hý moet Trompie vertel daar is groot moeilikheid in die land.

    Blikkies versit sy stukkie kougom behendig van die een kies na die ander en sê dan in sy lui stem: Wie sê jy gaan kaptein wees?

    Hè? Trompie lyk verbaas.

    Wie sê jy gaan kaptein wees?

    Ék sê so! Ek het laas jaar twintig meer stemme as Ben ou Pen gekry en ons onder-15-span het die beker so amper gewen. Vanjaar is dieselfde ouens onder-16 en hulle sal mos weer vir my stem.

    Blikkies, Rooie en Dawie sê niks nie. Dit lyk nie of hulle met hom saamstem nie. Die Grootkaptein begin effens onrustig word. Skort daar dalk iets?

    Dink julle nie die ouens sal weer vir my stem nie? vra hy bekommerd.

    Party sal en party sal nie, mompel Rooie.

    Natuurlik, sê Trompie, maar daar sal meer vir my stem as teen my.

    Ons hoop maar so, sê Dawie en sug swaar. Rooie en Blikkies staar ernstig voor hulle uit. Dit is asof hulle wil wys dat hulle ook so hoop, maar hulle is bevrees…

    Miskien word nie een van die ander ouens eens voorgestel as kaptein nie, probeer Trompie homself moed inpraat. Laas jaar was dit mos net Ben ou Pen wat teen my gestaan het.

    Hy gaan vanjaar weer staan, sê Rooie.

    Ben – die kinders noem hom altyd Ben ou Pen, bloot omdat pen met sy naam rym en oor geen ander rede nie – is ’n koshuisseun. Hy was die onder-15’s se haker en het hom skitterend van sy taak gekwyt. Ben gaan vanjaar vir die onder-16’s haker speel.

    Hy kan maar staan, sê Trompie ongeërg. Ek het hom laas jaar met twintig stemme gewen – en vanjaar gaan dit nog meer wees.

    Rooie besluit die tyd het nou aangebreek om Trompie van die groot moeilikheid in die land te vertel.

    "Dit gaan dié

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1