Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Trompie die filmster (#15)
Trompie die filmster (#15)
Trompie die filmster (#15)
Ebook114 pages1 hour

Trompie die filmster (#15)

Rating: 3 out of 5 stars

3/5

()

Read preview

About this ebook

Trompie weet sommer hy het baie sleg in die wiskundetoets gevaar en maak hom reg vir swaar straf. Om alles te kroon vang hy dan iets in die personeelkamer aan wat hom in verdere moeilikheid laat beland. Teen die einde van die skooldag het hy soveel uitskryfwerk dat sy bendelede hom moet help, maar hulle wil natuurlik eerder in die kloof gaan swem. Ons held kry homself baie jammer. Kwaggaberg is in rep en roer wanneer tonele vir ’n Afrikaanse film in die dorp geskiet word. Dawie hoop hy gaan die hoof kinderrol kry aangesien hy al soveel boeke oor toneelspeel gelees het en presies weet hoe ’n akteur moet loop en praat. Hy daag Trompie-hulle uit om ook vir ’n oudisie te gaan sodat hy kan lag vir hoe hulle gekke van hulself maak, maar dan boemerang sy plan op hom. Die regisseur gee die sproetgesig Trompie wat so traak-my-nie-agtig is een kyk en weet sommer dadelik hy kan van hom ’n ster maak. Maar sal die niksvermoedende filmspan al Trompie en sy beroemde en berugte Boksombende se kattekwaad oorleef?
LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2011
ISBN9780798154604
Trompie die filmster (#15)
Author

Topsy Smith

Topsy Smith se karakter Trompie was vir die jongmense van sy era ’n rolmodel. Smith is een van die mees geliefde en suksesvolle jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie-reeks het ’n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.

Read more from Topsy Smith

Related to Trompie die filmster (#15)

Titles in the series (29)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Trompie die filmster (#15)

Rating: 3 out of 5 stars
3/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Trompie die filmster (#15) - Topsy Smith

    Die Trompie-reeks

    1. Trompie

    2. Trompie die stouterd

    3. Trompie die soet seun

    4. Trompie die hoërskoolseun

    5. Trompie die dromer

    6. Trompie die speurder

    7. Trompie die kragman

    8. Trompie die hartedief

    9. Trompie die held

    10. Trompie die mooi seun

    11. Trompie die leier

    12. Trompie die rugbyreus

    13. Trompie die vegter

    14. Trompie die krieketspeler

    15. Trompie die filmster

    16. Trompie die sakeman

    17. Trompie die waaghals

    18. Trompie die rebel

    19. Trompie die sportman

    20. Trompie die hanswors

    21. Trompie die reisiger

    22. Trompie die kaptein

    23. Trompie die alleenloper

    24. Trompie die atleet

    Inhoud

    Hoofstuk 1 – ’n Heerlike lentedag

    Hoofstuk 2 – Slegte vooruitsigte

    Hoofstuk 3 – ’n Spanpoging

    Hoofstuk 4 – ’n Belangrike kennisgewing

    Hoofstuk 5 – Die oudisie

    Hoofstuk 6 – Trompie se groot kans

    Hoofstuk 7 – Trompie die filmster

    film.jpg

    1

    ’n Heerlike lentedag

    Trompie sit vroegoggend in sy kamer op die punt van sy bed. Hy dink aan die wiskundetoets wat hulle gister vir Ou Pottie geskryf het. Hy is seker hy het nie een van die probleme reg uitgewerk nie.

    Sy klas kry vandag hul gemerkte toetse terug en Trompie verwag die ergste. Ou Pottie het hulle gewaarsku daar gaan groot moeilikheid wees as hulle die vyf probleme nie reg het nie.

    Die sproetgesig staar mismoedig voor hom uit en wonder of sy ma hom sal glo as hy sê hy voel siek.

    Trompie draai sy kop effens en kyk na die lang spieël in die klerekas se oop deur. Hy kan homself duidelik daarin sien. Hy trek ’n skewe gesig en laat sy mond wyd oophang. Dis mos hoe ’n ou lyk wat propperlies siek is. Hy sal dit probeer.

    Ma! skree hy hard.

    Trompie luister, maar kry nie ’n antwoord nie. Hy hoor sy ouers in hul slaapkamer gesels. Hy wonder of hulle doof geword het.

    Ma! Dié keer bulder die vyftienjarige Trompie dat die vensterruite eintlik skud.

    Daar is ’n oomblik lank stilte in die huis en dan roep sy ma: Wat’s fout, Trompie?

    Kom gou bietjie hier – asseblief, Ma.

    Trompie hoor hoe sy ma vir sy pa iets sê en dan by die hoofslaapkamer uitkom en in die gang af stap. Hy kyk weer vinnig in die spieël, knipoog vir homself, val dan terug op die bed en trek die beddegoed tot onder sy ken op.

    Hy laat sy mond weer wyd oophang en trek weer skewegesig soos netnou. Hy hoop dit is hoe iemand lyk wat aan ’n gevaarlike en vreemde siekte ly. Hy het ’n boek gelees oor die woude in Sentraal-Afrika en die mense wat daar op plekke nog afgesonder in woude bly. Baie van hulle kry ’n verskriklike koors wat omtrent altyd hul dood kos. Trompie gaan vir sy ma vertel hy het daardie oerwoudkoors onder lede. Hy wens net hy was ’n bietjie bleker.

    Toe mevrou Toerien naby sy kamer kom, begin hy hard kreun. Sy ma stap vinniger.

    Wat’s dit, my seun? vra sy terwyl sy by die kamer inkom.

    Ek weet nie, Ma, sê hy en vee met sy hand oor sy voorkop asof die sweet daarop pêrel. Ek weet nie wat gaan aan nie, maar ek voel baie siek. Trompie laat sy mond nog groter oophang en begin weer hard kreun.

    Het jy pyn? Sy ma staan nou langs hom.

    Ja, Ma. Sommer baie.

    Waar pyn dit? Mevrou Toerien kyk hom besorg maar ook effens agterdogtig aan.

    Sommer oral, Ma, kom dit kreunend. My hele lyf pyn. Ek dink dis... oerwoudkoors.

    Mevrou Toerien frons. Oerwoudkoors? Sy het nog nooit van so iets gehoor nie. Sy sit haar hand op haar seun se voorkop. Hy voel glad nie koorsig nie, maar sy sal moet seker maak.

    Trompie se kop lê bewegingloos op die kussing. Sy mond is wawyd oop en hy staar na die plafon. Hy kreun aanhoudend. So af en toe loer hy darem vinnig om te sien watter uitwerking hierdie gekreun op sy ma het. Sy is dronkgeslaan – dit is duidelik.

    Trompie wens sy wil nou sê hy moet maar liewer vandag in die bed bly. ’n Mens kan mos nie skool toe gaan as jy so ernstig siek is nie. Sy ma behoort dit tog te weet.

    Ek is nou terug, sê sy ma.

    Trompie maak sy mond toe en hou op kreun. Hy wonder wat sy nou gaan doen. Hy hoop maar net sy het nie die kasterolie gaan haal nie.

    Mevrou Toerien gaan vertel eers gou vir haar man, wat besig is om sy tande te borsel, van Trompie se eienaardige simptone.

    Hy sê hy het oerwoudkoors, sê sy nadat sy hom van die oop mond en kreungeluide vertel. Ek het nog nooit van so ’n siekte gehoor nie.

    Ek ook nie, sê Trompie se pa, wat ’n bankbestuurder in Kwaggaberg is. Het hy regtig koors?

    Ek weet nie. Ek het die koorspen kom haal om seker te maak. Trompie se ma haal dit uit die medisynekassie en stap terug na hul seun se kamer toe. Trompie se pa stap saam. Hy wil sien wat vir ’n ding dié oerwoudkoors is.

    Toe hy sy ouers in die gang hoor, begin Trompie weer hard kreun, laat sy mond weer wyd oophang en trek sy gesig sommer ekstra skeef.

    Hy besluit om vriendelik te wees, al is hy ook so ernstig siek.

    Môre, Pa, sê hy tussen die kreungeluide deur toe sy ouers by die kamer inkom.

    Môre, seun. Wat makeer jou?

    Ek weet nie, Pa, stamel Trompie kreunend, maar ek dink dis oerwoudsiekte… oerwoudkoors, Pa weet... Trompie rek sy mond nog wyer oop.

    Waar het jy pyn? vra meneer Toerien en kyk fronsend na die sproetgesig.

    Trompie besluit om vir sy pa dieselfde antwoord te gee as netnou vir sy ma. Dit sal in elk geval veiliger wees om die pyn nie tot een plek of ledemaat te beperk nie.

    Sommer oral, Pa sê hy. My hele lyf pyn. Net om seker te maak sy Pa glo hom, gee hy gou nog ’n paar ekstra harde kreune.

    Trompie speel goed toneel, net jammer dat hy die pap nou te dik aanmaak. Dit lyk vir sy pa of hy die kreungeluide te maklik aan- en afskakel. Verder kan hy sien sy seun loer elke keer vinnig om te sien watter indruk die gekreun op hulle maak.

    Oerwoudkoors? Meneer Toerien het nog nooit in sy lewe van so ’n siekte gehoor nie. En hier is ook nie ’n oerwoud naby Kwaggaberg nie. Ja-nee, dink Trompie se pa met ’n effense glimlag, die karnallie is tien teen een besig om hom uit vandag se skool te probeer draai. Hy het seker weer nie sy huiswerk gedoen nie.

    Laat ons sien of hy koors het, sê Trompie se pa vir sy ma. Hulle moet darem eers seker maak daarvan.

    Trompie se ma hoef hom nie te vra om sy mond oop te hou sodat sy die punt van die koorspen onder sy tong kan sit nie – sy mond hang mos reeds wawyd oop.

    Sy sit die koorspen onder sy tong en druk sy mond met een vinnige beweging toe. Nou steek net die koorspen uit.

    Trompie is bekommerd. Hy hou nie van die glimlag om sy pa se mondhoeke nie. Sy ma glimlag ook effens. Dit lyk of sy ouers nie glo hy is so ernstig siek nie. Hy wens net die koorspen wys só ’n hoë koors dat hulle hulle boeglam skrik en moet skuldig voel oor hulle hom gewantrou het.

    Maar dan sug Trompie swaar. Hy weet mos hy is nie siek nie, so die koorspen sal nie wys hy het koors – en dit nogal oerwoudkoors – nie.

    Sy ma haal die koorspen uiteindelik uit sy mond en sy en haar man kyk aandagtig daarna. Trompie kom regop.

    Laat ek sien, Ma.

    Lê stil! sê sy pa. Jy’s mos siek.

    Trompie val terug en begin weer hard kreun. Hy het amper vergeet hy is ernstig siek.

    Sy ouers kyk na mekaar. Trompie hou hulle benoud

    dop.

    Jy het glad nie koors nie, sê sy ma ferm.

    Nie, Ma? Trompie kyk verbaas na haar asof hy dit glad nie kan verstaan nie.

    Nee, die koorspen wys jou temperatuur is normaal.

    Dink Ma nie daar’s dalk fout met die ding nie? wil Trompie weet.

    Moenie laf wees nie, snou sy hom toe en hy kan duidelik sien haar simpatie het opgedroog.

    Ek gaan gou ontbyt maak, sê mevrou Toerien vir haar man. Praat jy met hom. Sy stap by die kamer uit.

    Meneer Toerien staan glimlaggend na Trompie en kyk. Hy onthou hoe hy jare gelede as seun ook af en toe gemaak het of hy siek is as hy om die een of ander rede by die skool in die moeilikheid was.

    Wat is die probleem, seun? vra hy en kom sit op die bed by Trompie.

    Kan Pa nie sien nie? Trompie begin weer hewig kreun. Ek is lelik siek.

    Staak nou hierdie onsin, sê sy pa streng. Jy is net so min siek as wat ek is.

    Trompie hou op met kreun. Hy oorweeg dit

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1