Die Nuwe Afrikaanse Makrogids
By Isabel Uys
()
About this ebook
Hierdie boek, Die Nuwe Afrikaanse Gids, is in 2020 nagesien en baie uitgebrei. Ouers, leerders, studente onderwysers, skrywers, almal ‒ hierdie is die boek waarvoor julle gewag het! Dis is nie 'n gewone taalgids nie. Dis ook 'n naslaanwerk met lang lyste inligting wat dikwels benodig word, taalreëls en baie nuttige algemene kennis. Die meeste taalinligting wat na gesoek word, is in hierdie omvattende bron te kry.
Voorbeelde van onderwerpe in die eerste deel van die boek: verkleinwoorde, meervoude, manlik en vroulik, geslag, geluide van diere, die direkte en indirekte rede, samestellings, woordsoorte, afkortings, idiome en spreekwoorde, een woord vir baie, versamelname, tydsvorme, sinonieme, antonieme, en veel meer.
Algemene kennis: die aarde, planete en dwergplanete, lande en hoofstede, vorige en huidige wêreldleiers, omrekeningstabelle, geldstelsels, uitvindings, geldstelsels van die wêreld, fobies, die Olimpiese Spele, inligting oor Suid-Afrika, en veel meer.
Die boek is nie bedoel vir taalkundiges nie, maar vir die gewone publiek. Alles is so eenvoudig moontlik verduidelik sodat die boek vir almal in 'n huisgesin nuttig kan wees.
Die Nuwe Afrikaanse Makrogids is 'n onmisbare bron vir almal wat korrekte taalgebruik en punktuasie wil aanleer, of wat inligting benodig. Die boek is 'n uitstekende bron vir leerders ‒ vir huiswerk of eksamenvoorbereiding. 'n Boek vir elke huis.
Isabel Uys
Isabel Uys is a prize winning South African author. She spent 14 years of her life as a teacher and five years as a book selector at the former Educational Library. She specialises in dictionaries, language aids and fact books. Many of her books were on best selling lists and have been reprinted and updated 13 - 15 times. Her fist book was published in 1994 and is still in print and an excellent seller. Isabel has a great love and respect for animals and believes that it is every person’s duty to take care of the planet and the animals that live on it.She lives with her husband, six cats (5 are adopted stray cats) and a wonderful Bouvier in Stellenbosch in the Western Cape. She has two grown-up sons.
Related to Die Nuwe Afrikaanse Makrogids
Related ebooks
Bygelowe en waar hulle vandaan kom Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPiekfyn Afrikaans Leesboek Graad 9 Huistaal Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsSê dit beter: Volume 1 Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPiekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 8 Huistaal Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPiekfyn Afrikaans Graad 4 Huistaal Leerderboek: ’n Geïntegreerde taalteks Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPiekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 9 Huistaal Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie heel mooiste Afrikaanse liefdesgedigte Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsStudiewerkgids: Onderwêreld Graad 12 Huistaal Rating: 5 out of 5 stars5/5Die Gewildste Afrikaanse gedigte Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsStudiewerkgids: Verskuns Graad 10 Huistaal Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPiekfyn Afrikaans Graad 6 Huistaal Leerderboek Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPiekfyn Afrikaans Leesboek Graad 8 Huistaal Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie prosa van die twede Afrikaanse beweging Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPiekfyn Afrikaans Graad 5 Huistaal Leerderboek: ’n Geïntegreerde taalteks Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPharos Tweetalige Skoolwoordeboek | Bilingual School Dictionary Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVroeë lesers: Vlak 1 sigwoord-boek – 7 maklik leesbare stories met sigwoorde Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsLeë blikkies vol liefde en ander verhale: ’n Eerste Addisionele Taal Kortverhaalbundel vir die Senior Fase Rating: 0 out of 5 stars0 ratings'n Baie lang brief aan my dogter Rating: 5 out of 5 stars5/5Piekfyn Afrikaans Graad 5 Eerste Addisionele Taal Leerderboek Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPiekfyn Afrikaans Graad 12 Leerderboek Huistaal Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPiekfyn Afrikaans Graad 4 Huistaal Leesboek Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsDie nuwe Afrikaanse prosaboek Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsVuur op die horison Rating: 3 out of 5 stars3/5Hartstories: Huis toe met 'n ligter tred: Huis toe met 'n ligter tred Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsPlesierengel Rating: 5 out of 5 stars5/5Suid-Afrikaanse Resepte uit my Ouma se Kombuis Rating: 1 out of 5 stars1/5Laat u Naam geheilig word: Leer ken 24 van God se Name Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOngenooide gaste op Keurboslaan #11 Rating: 0 out of 5 stars0 ratingsOp die vrou af 2 Rating: 0 out of 5 stars0 ratings
Related categories
Reviews for Die Nuwe Afrikaanse Makrogids
0 ratings0 reviews
Book preview
Die Nuwe Afrikaanse Makrogids - Isabel Uys
DEEL I TAALREЁLS EN NASLAANLYSTE
1. Getalle
Kardinalegetalle
RanggetalleDie skryfwyse van getalle
2. Romeinse syfers
Reëls vir die skryf van Romeinse syfers
Groot getalle in Romeinse syfers
Lys van Romeinse syfers
Die omskakeling van syfers na Romeinse syfers
Moderne gebruike van Romeinse syfers
3. Meervoude
Reëls vir meervoude
Reëls vir meervoude van eiename
Voorbeelde van meervoude van name en vanne
Reëls vir syfers, letters, simbole, grade en afkortings
Lys van meervoude
4. Dae van die week
Afkortings
Interessante feite
Skrikkeljare en skrikkeldae
5. Maande van die jaar
Afkortings
Dae in elke maand
'n Dekade, eeu en mellennium
Die uitspreek van jaartalle
Die seisoene
Die skryfwyse van datums
Die skryfwyse van tyd
6. Die alfabet
Letters
Vokale en konsonante
Hoe om woorde alfabeties te rangskik
Interessante feite
Die Braille-alfabet
7. Woorde en woordvorming
Stamwoorde
Agtervoegsels
Saamgestelde woorde
8. Lettergrepe en woordverdeling
Lettergrepe
Reëls vir woordverdeling
Voorbeelde van woordverdeling
9. Sinne
Stelsin
Vraagsin
Uitroepsin
Bevelsin
Enkelvoudige sinne
Veelvoudige sinne
Saamgestelde sinne
Sinsuitbreiding
Byvoeglike bepaling
Bywoordelike bepaling
Die ontkennende vorm
Dubbelsinnige sinne
10. Bysinne en frases
Byvoeglike bysin
Bywoordelike bysin
Frases
11. Tydsvorme
Die teenwoordige tyd
Die verlede tyd
Die toekomende tyd
12. Trappe van vergelyking
Reëls vir trappe van vergelyking
Die stellende trap
Die vergrotende trap
Die oortreffende trap
Lys van trappe van vergelyking
13. Hoofletters
14. Punktuasie (leestekens)
Die punt
Die komma
Die vraagteken
Die uitroepteken
Die dubbelpunt
Die kommapunt
Aanhalingstekens
Die aandagstreep
Hakies
Die ellipsteken
Die asterisk
Die skuinsstreep
15. Skryftekens
Koppelteken
Afkappingsteken
Deelteken
Kappie
Akuut
Gravis
16. Verkleinwoorde
Reëls vir verkleinwoorde
Voorbeelde van verkleinwoorde van name en vanne
Voorbeelde van verkleinwoorde van syfers, letters, simbole en afkortings
Lys van verkleinwoorde
17. Woordsoorte
Selfstandige naamwoorde
Soortname
Eiename
Versamelname
Abstrakte selfstandige naamwoorde
Massaname
Saamgestelde selfstandige naamwoorde
Byvoeglikenaamwoorde
Attributiewe byvoeglike naamwoorde
Predikatiewe byvoeglike naamwoorde
Werkwoorde
Reëls vir werkwoorde
Oorganklike werkwoorde
Onoorganklike werkwoorde
Koppelwerkwoorde
Hulpwerkwoorde
Hulpwerkwoorde van tyd
Hulpwerkwoorde van modaliteitof wyse
Hulpwerkwoorde van vorm
Bywoorde
Reëls vir bywoorde
Bywoorde van wyse
Bywoorde van plek
Bywoorde van tyd
Voornaamwoorde
Eerste-, tweede- en derde persoon
Persoonlike voornaamwoorde
Besitlike voornaamwoorde
Betreklike voornaamwoorde
Vraende voornaamwoorde
Aanwysende voornaamwoorde
Onpersoonlike voornaamwoorde
Onbepaalde voornaamwoorde
Wederkerende voornaamwoorde
Wederkerige voornaamwoorde
Deelwoorde
Die teenwoordige (onvoltooide) deelwoord
Die verlede (voltooide) deelwoord)
Die swak verlede deelwoord
Die sterk verlede deelwoord
Lidwoorde
Die bepaalde lidwoord
Die onbepaalde lidwoord
Voegwoorde
Neweskikkende voegwoorde
Onderskikkende voegwoorde
Telwoorde
Hooftelwoorde
Bepalende hooftelwoorde
Onbepaalde hooftelwoorde
Rangtelwoorde
Bepaalde rangtelwoorde
Onbepaalde rangtelwoorde
Tussenwerpsels
18. Voorsetsels
Reëls vir voorsetsels
Voorsetsels in vaste verbindings
Voorsetsels in vrye verbindings Lys van bekende voorsetsels
19. Sinonieme
20. Antonieme
21. Versamelname
Lys van versamelname
22. Intensiewe vorme
23. Vergelykings
Reëls vir vergelykings
Lys van vergelykings
24. Metafore
25. Geslag
Manlik, vroulik en gemeenslagtig
Lys van manlike en vroulike vorme
26. Dieregeluide
27. Algemene geluide
28. Spesiale name vir diere se kleintjies
29. Die onderwerp, gesegde en voorwerp
Reëls vir die onderwerp, gesegde en voorwerp
Die onderwerp
Die gesegde
Die voorwerp
30. Letterlike en figuurlike taalgebruik
Letterlike betekenis
Figuurlike betekenis
31. Direkte en indirekte rede
Die direkte rede
Die indirekte rede
Woorde wat emosies beskryf
Woorde wat verander in die indirekte rede
32. Lydende en bedrywende vorm
Bedrywende vorm
Lydende vorm
33. Homonieme
34. Homofone
35. Afleidings en verbuigings
36. Lande, mense en gewoontes
37. Afkortings en akronieme
Reëls vir afkortings en akronieme
Lys van afkortings en akronieme
38. Leenwoorde (woorde uit vreemde tale)
Reëls vir leenwoorde
Voorbeelde van leenwoorde
39. Woorde wat saam in uitdrukkings en idiome gebruik word
40. Spreekwoorde, idiome en uitdrukkings
41. Een woord in plaas van 'n omskrywing
Mense
Plekke
Algemeen
42. Nuttige woorde en frases in Engels en Afrikaans
43. Nuttige literêre terme
44. Spellys (woorde wat dikwels verkeerd gespel word)
DEEL II ALGEMENE KENNIS
1. Die grootste soogdiere ter wêreld
2. Die sterretekens (diereriem)
3. Belangrike uitvindings
4. Fobies
5. Die Olimpiese Somerspele (gasheerlande)
6. Griekse gode en godinne
7. Romeinse gode en godinne
8. Belangrike hoofstede
9. Die state en hoofstede van die Verenigde State
10. Belangrike geldeenhede van die wêreld
11. Die euro
12. Amerikaanse presidente
Die Withuis
13. Britse eerste ministers
Downingstraat 10
14. Belangrike huidige wêreldleiers
15. Die volkslied van die Verenigde State
16. Die volkslied van Engeland en die Verenigde Koninkryk
17. Geografiese feite
Die aarde
Die vastelande (kontinente)
Die grootste oseane
Die hoogste berge van die wêreld
Die langste riviere van die wêreld
Die grootste woestyne van die wêreld
Die grootste eilande van die wêreld
Die hoogste watervalle van die wêreld
Die grootste lande ter wêreld (oppervlakte)
Die kleinste lande ter wêreld (oppervlakte)
Die grootste stad ter wêreld (bevolking)
18. Die planete en dwergplanete
Planete vanaf die naaste aan die son tot die verste van die son
Planete vanaf die grootste tot die kleinste
19. Die sewe wonders van die antieke wêreld
20. Die boeke van die Bybel
Boeke van die Ou Testament
Boeke van die Nuwe Testament
21. Die Republiek van Suid-Afrika
Afrika
Suid-Afrika se oppervlakte, bevolking, provinsies en hoofstede
Die provinsies en hulle hoofstede
Die amptelike tale van Suid-Afrika
Die buurlande van Suid-Afrika
Die landswapen
Die nasionale vlag van Suid-Afrika
Die nasionale simbole van Suid-Afrika
Die volkslied
Eerste ministers en (staats)presidente van Suid-Afrika
Die Groot Vyf van Suid-Afrika
Suid-Afrikaanse Nobelpryswenners
Interessante feite oor Suid-Afrika
Openbare vakansiedae
1. GETALLE
• In Suid Afrika word die basis 10 (Arabiese) getalstelsel gebruik.
• 'n Spasie tussen elke drie syfers, van regs af getel, word gebruik. (2 450 600)
• Vir desimale eenhede word 'n komma gebruik. (10,5 kg)
• 'n Spasie word na syfers, voor mate en gewigte, gebruik. (80 kg)
• Benamings vir groot getalle verskil van land tot land. In hierdie boek word net die Suid-Afrikaanse skryfwyses gedek.
Kardinale getalle noem hoeveel van iets daar is. (Drie leerders het volpunte gehad.)
Let op:
Kardinale getalle waarin en voorkom, kan met of sonder koppeltekens weerskante van die en geskryf word. (Twee-en-twintig of twee en twintig)
Let op:
In Amerikaanse en Britse Engels verskil die benamings van die getalle van die wat in Afrikaans gebruik word.
Ranggetalle dui die orde van dinge aan. (Hy is derde in die ry.)
Let op:
Ranggetalle kry altyd koppeltekens weerskante van die en (twee-en-twintigste).
Let op:
• In sommige lande word 'n komma in plaas van 'n spasie gebruik. (2,450,600)
• Lande wat 'n komma tussen syfers gebruik, gebruik 'n punt as desimale eenheid. (10.5 kg)
Die skryfwyse van getalle
• Daar is verskillende maniere om getalle te skryf.
• Hierdie is die algemeenste reëls.
• Dis belangrik om dieselfde skryfwyse oral in 'n dokument te gebruik.
1. Getalle van een tot tien word in letters geskryf.
• Haar baba is al twee maande oud.
• Oor vier jaar is Jandré klaar gestudeer.
2. Getalle bo tien word gewoonlik in syfers geskryf.
• Oupa is volgende jaar 70.
• Pa wil die huis oor 15 jaar verkoop.
3. 'n Sin mag net met 'n syfer begin as dit 'n jaartal is.
• 2017 was 'n jaar vol politieke veranderinge in Suid-Afrika. (korrek)
• 30 mense is in die ongeluk beseer. (verkeerd)
• Daar is 30 mense in die ongeluk beseer. (korrek)
4. Moenie 'n getal wat met en verbind is, aan die begin van 'n sin gebruik nie.
• Honderd-en-ses mense het die vergadering bygewoon. (verkeerd)
• Daar was honderd-en-ses mense by die vergadering. (korrek)
5. Wanneer verskillende getalle, bo en onder tien, in dieselfde sin gebruik word, word almal op dieselfde manier geskryf.
• Daar is sewe seuns en twaalf meisies in die groep. (korrek)
• Daar is sewe seuns en 12 meisies in die groep. (verkeerd)
6. Gebruik 'n 'n syfer en 'n koppelteken wanneer 'n getal bo tien aan 'n woord gekoppel word.
• Paul se 13-jarige broer is langer as hy.
• Sy speel in die o.14-netbalspan.
7. Gebruik altyd syfers vir mate en gewigte. Geen koppeltekens word hier gebruik nie.
• Ma het 5 m materiaal nodig
• Sy hond weeg 25 kg.
8. In wiskundige berekenings en enige lyste word altyd syfers vir die getalle gebruik.
• 12 + 66 = 78
• 1. Brood
• 2. Melk
• 3. Tamaties
9. 'n Getal wat deel van 'n samestelling is, word in letters geskryf.
• sewevertrekhuis
• driewielfiets
• driepootpot
10 Wanneer twee getalle langs mekaar in 'n sin is, kan dit baie verwarrend wees. Skryf dan een van die getalle in letters.
• Daar is 12 sesjarige meisies en 7 sewejarige seuns in haar klas. (korrek)
• Daar is 12 6-jarige meisies en 7 7-jarige seuns in haar klas. (verkeerd)
11. Getalle groter as miljoen word in syfers geskyf gevolg deur die woord miljoen, ens.
• Meer as 4 miljoen soldate het in die oorlog gesterf.
• Die ryk man se bates is meer as R8 biljoen.
12. Moenie die meervoud van 'n getal voor 'n selfstandige naamwoord gebruik nie.
• Daar is sesduisend olifante in die park. (korrek)
• Daar is sesduisende olifante in die park. (verkeerd)
• Vyfhonderd van sy skape het gevrek. (korrek)
• Vyfhonderde van sy skape het gevrek. (verkeerd)
13. Desimale word in syfers geskryf. As 'n getal kleiner as een is, sit ons 'n nul voor die desimale komma. Ons gebruik nie 'n nul en desimale komma na 'n heelgetal nie.
• Die koek kry 0,25 ml asyn. (korrek)
• Die koek kry ,25 ml asyn. (verkeerd
• Ons moes elke dag 3 km na die winkel toe stap. (korrek)
• Ons moes elke dag 3,0 km na die winkel toe stap. (verkeerd)
14. Geldeenhede word in syfers geskryf.
• Marli het R28,50 vir die lekkers betaal.
• Pa het R4 miljoen vir die huis aangebied.(Sien: punt 11)
Let op:
Op tjeks word die bedrae in letters geskryf. (sewehonderd een-en-twintig rand en sestig sent)
15. 'n Desimale komma word nie gebruik vir bedrae minder as een rand nie.
• Sy moes nog sewe sent betaal. (korrek)
• Sy moes nog R0,07 sent betaal. (verkeerd)
• Sy het die orige 65 sent vir die bedelaar gegee.(korrek)
• Sy het die orige R0,65 vir die bedelaar gegee. (verkeerd)
16. Die woord rand word nie gebruik as daar reeds 'n randteken voor die bedrag is nie.
• Pa het R400 000 vir ons nuwe motor betaal. (korrek)
• Pa het R400 000 rand vir ons nuwe motor betaal. (verkeerd)
17. Ons gebruik die persentasieteken (%) na 'n getal wat syfers geskryf is. Daar kom geen spasie tussen die syfer en die persentasieteken nie.
• My suster het 25% verhoging gekry.
• Altesaam 86% van die leerders het geslaag.
18. Die persentasieteken word gebruik in berekeninge of verslae.
• 20% x 100 = 25
• Die wins in 2017was 95%.
19. Die woord persent word gebruik na 'n syfer wat in letters geskryf is.
• Net sewe-en-veertig persent van die ouers het die vergadering bygewoon.
• Ek is honderd persent seker ek het die boek op die tafel gelos.
Let op:
Koerante en ander publikasies gebruik dikwels die persentasieteken om plek te bespaar.
• Die boot het gesink en 35% van die passasiers het verdrink.
2. ROMEINSE SYFERS
• Romeinse syfers was die syferstelsel wat in antieke Rome gebruik is.
• Sewe letters van die alfabet word gebruik vir die vorming van Romeinse syfers.
• Hoofletters word gewoonlik gebruik.
• Getalle groter as 1 000 word selde in Romeinse syfers gebruik.
• Daar is geen Romeinse syfer vir 'n nul nie.
Die sewe letters wat gebruik word vir Romeinse syfers
Reëls vir die skryf van Romeinse syfers
1. ʹn Romeinse syfer word nooit meer as drie keer namekaar gebruik nie.
• 10 = X
• 20 = XX
• 3000
= XXX
• 40 = XL (50 - 10)
• 400 = LD (500 - 100) (korrek)
• 400 = LLLL (100 + 100 + 100 + 100) (verkeerd)
2. As daar 'n kleiner simbool na 'n groter simbool is, word die tweede simbool bygetel.
• 6 = VI (5 + 1 = 6)
3. Wanneer daar 'n kleiner simbool voor 'n groter een is, word die kleiner simbool afgetrek.
• 4 = IV (5 - 1 = 4)
4. Net een simbool mag van 'n ander een afgetrek word.
• 12 = XII (10 + 1 + 1) (korrek)
• 12 = IIIXV (15 - 1 - 1 - 1) (verkeerd)
• 13 = XIII (korrek want die III is bygetel)
5. Trek net die simbole I, X of C af. (Nie V of L nie)
• 150 = CL (100 + 50) (korrek)
• 150 = LCC (200 - 50) (verkeerd)
6. 'n Strepie bo-op 'n simbool vermeerder die waarde 1 000 keer. Dit word net gebruik vir getalle groter as 4 000.
Groot getalle in Romeinse syfers
Lys van Romeinse syfers
Romeinse syfers 1–99
Romeinse syfers 100–1 650
Die omskakeling van syfers na Romeinse syfers
Breek die getal op in duisende, honderde, tiene en ene en skryf hulle een-vir-een neer.
1 965
1 000 = M
900 = CM
60 = LX
5 = V
MCMLXV
Moderne gebruike van Romeinse syfers
Let op:
Op sommige wyserplate word IIII gebruik i.p.v. IV.
1. Romeinse syfers word dikwels op horlosies en wekkers se wyserplate gebruik.
2. Dit word gebruik om hoofstukke, dele in boeke, toneelstukke of ander geskrewe dokumente te nommer.
• Hoofstuk II
• Deel IV
• Bedryf V
• Toneel II
3. Dit word gebruik na die name van belangrike persone soos konings, koninginne en pouse as ander al dieselfde name gehad het.
• Henry VIII
• Elizabeth II
• Pous Benedict XVI
4. Romeinse syfers word gebruik vir die datum van kopiereg op rolprente, vertonings en dokumente.
• MXMLXXVI = 1976
5. Dit word gebruik op publieke geboue, monumente and grafstene.
• MDCCCLXXXV = 1885
6. Kleinletter Romeinse syfers word gebruik vir die eerste bladsye in 'n boek, voor die bladsynommers begin.
• i, ii, iii, iv, v, vi
7. Dit word gebruik om items in 'n lys te nommer. (kleinletters)
• i Stofsuig al die matte.
• ii Was die skottelgoed.
3. MEERVOUDE
Reëls vir meervoude
1. Baie meervoude word gevorm deur net 'n -s of 'n -e aan te las.
2. Woorde met die vokale a, e, i, o, u in die middel en 'n medeklinker aan die einde, se medeklinker verdubbel in die meervoud en dit kry 'n -e aangelas.
3. By woorde wat eindig op 'n f val die f weg en -we word aangelas.
4. By woorde met aa, ee, oo, uu tussen twee konsonante, val die een klinker weg en 'n -e word aangelas.
5. Woorde wat eindig op 'n y, kry net 'n -s aangelas.
Let op:
Leenwoorde uit Engels behou hulle meervoude soos in Engels. (lady — ladies, dandy — dandies)
6. Die meervoude van woorde met aai, eeu, ei, ie, eu, oe, oei, ooi, ou, ui, en y in die middel en een konsonant op die einde, kry net 'n -e aangelas.
7. Meervoude van woorde wat op i, o, u of 'n lang beklemtoonde a eindig, kry 'n afkappingsteken voor die s. (-'s)
Let op:
Oumas, massas, oupas en paddas eindig nie op 'n beklemtoonde a nie, daarom word 'n afkappingsteken nie gebruik nie.
8. Wanneer woorde op 'n g eindig, voorafgegaan deur e, ie, o, oe en oo, val die g weg en 'n -ë word bygevoeg.
Let op:
'n Diftong (tweeklank) is twee verskillende vokaalklanke langs mekaar wat sonder onderbreking uitgespreek word. (koei, leeu, strooi)
9. Woorde wat eindig op ee, ie of oe (nie deel van diftonge is nie) en meervoudsvorme met 'n -e kry, eindig onderskeidelik met -eë, -ië, -ieë en -oeë in die meervoud.
10. Vir sommige woorde gebruik ons dieselfde woord in die enkel- en meervoud.
Let op:
Sommige meervoude word ook op ander maniere gevorm.
Reëls vir meervoude van eiename
1. Die meeste eiename kry net 'n -s of 'n -e aangelas.
2. Meervoude van eiename wat eindig op s of e wat nie uitgespreek word nie, kry 'n afkappingsteken voor die s of e wat aangelas word. (-'s, -ʹe)
3. Eiename wat eindig op 'n beklemtoonde a, i, o of u se meervoudsvorm kry 'n -'s.
4. Eiename wat eindig op 'n vokaal met 'n diakritiese teken (é) kry net 'n -s in die meervoud.
Meervoude van syfers, letters, simbole, grade en afkortings
1. Alle syfers, letters, en simbole en kry 'n -'s of -'e in die meervoudsvorm.
Lys van Meervoude
Die woorde wat met 'n asterisk* gemerk is, word in dieselfde vorm in die enkelvoud en meervoud gebruik.
Enkelvoud — Meervoud
A — A's
A4 — A4's
aalmoes — aalmoese
aalwee — aalwees
aalwyn — aalwyne
aanbod — aanbiedings, aanbiedinge
aand — aande
aandenking — aandenkings, aandenkinge
aanklag — aanklagte
aanklag — aanklagte, aanklagtes
aanleg — aanlegte, aanlêe
aanmaning — aanmanings
aanneempa — aanneempa's
aansluiting — aansluitings
aansoek — aansoeke
aanspreekvorm — aanspreekvorme, aanspreekvorms
aantekening — aantekeninge
aanwysing — aanwysings
aap — ape
aarbei — aarbeie
aartsvyand — aartsvyande
aas* (vir vis) — aas
aas (kaarte) — ase
ab — abte
abakus — abakusse
abattoir — abattoirs
ABC — ABC's
abdis — abdisse
abdomen — abdomens, abdomina
abses — absesse
addendum — addendums, addenda
adjudant — adjudante
adjudant-generaal — adjudante-generaal
adjunk-direkteur-generaal — adjunk-direkteurs-generaal
admiraal — admiraals
adres — adresse
adverbium — adverbiums, adverbia
advertensie — advertensies
advokaat — advokate
afdraand (agteruitgaan) — afdraande
afdraand — afdraandes, afdraands
afdraande — afdraandes
affair — affairs
afgod — afgode
afleiding — afleidings, afleidinge
ag — ags, agte
agenda — agendas
agt — agts, agte
agtermiddag — agtermiddae, agtermiddags
akademikus — akademikusse, akademici
akkedis — akkedisse
akkumulator — akkumulators
akrobaat — akrobate
aksie — aksies
aktuaris — aktuarisse
akwarium — akwariums, akwaria
albino — albino's
album — albums
alfabet — alfabette
alibi — alibi's
alkali — alkalië, alkali's
allergie — allergieë
alluvium — alluviums, alluvia
almanak — almanakke
altaar — altare
alveool — alveole
ambagsman — ambagsmanne, ambagsmense, ambagslui
ambassadeur — ambassadeurs
ametis — ametisse, ametiste
amfibie — amfibieë
ammunisie* — ammunisie
ampère* — ampère, ampères
amplitude — amplitudes
amptenaar — amptenare
analoog — analoë
anekdote — anekdotes
angelier — angeliere
angora — angoras
anker — ankers
ansjovis* — ansjovis, ansjovisse
antenna — antennas
antibiotikum — antibiotikums, antibiotika
antie — anties
antiseptikum — antiseptikums, antiseptika
antwoord — antwoorde
apparaat — apparate
appel — appels
appèl — appèlle
appelkoos — appelkose
appendiks — appendikse
apteek — apteke
area — areas
arena — arenas
arend — arende
argeoloog — argeoloë
aria — arias
ark — arke
arm — arms
armada — armadas
armband — armbande
arme — armes
aroma — aromas
arpeggio — arpeggio's
as* (van hout) — as
as (staaf) — asse
asbes* — asbes
asem — asems
askari — askari's
aspersie — aspersies
aspirien — aspiriene
assessor — assessore, assessors
atlas — atlasse
atoom — atome
atrium — atriums, atria
attaché — attachés
avokado — avokado's
avontuur — avonture
AWS — AWS'e
B — B's
baai — baaie
baal — bale
baan — bane
baard — baarde
baba — babas
baber* — baber, babers
baccalaureus — baccalaureusse, baccalaurei
bad (badkamer) — baddens
bad (sonbad) — baaie
bagasie* — bagasie
bak — bakke
baksteen — bakstene
bakterie — bakterieë, bakteries
bal (sport) — balle
bal (dansparty) — balle, bals
balju — balju's
balk — balke
balkon — balkonne, balkons
bambino — bambino's
bamboes — bamboese
bandelier — bandeliere, bandeliers
banjo — banjo's
bank — banke
bankier — bankiers
barak — barakke
barbier — barbiere, barbiers
bariton — baritons
baron — baronne, barons
barrage — barrage'e, barrages
bars — barste
bas (van boom) — baste
bas (musiek) — basse
basaar — basaars
basis — basisse
bastion — bastions
bataljon — bataljonne, bataljons
battery — batterye
bed — beddens
bedanking — bedankings
bedrag — bedrae
bedrog — bedrieërye
bedryf — bedrywe
beeld — beelde
been (ledemaat) — bene
been (van skelet) — bene, beendere
bees — beeste
bef — bewwe, beffe
begrafnis — begrafnisse
bek — bekke
bekering — bekerings
belasting* — belasting, belastings
beleg — beleërings, beleëringe
beloning — belonings
bepaling — bepalings
berg — berge
berig — berigte
beroep — beroepe
besigheid — besighede
beskawing — beskawings
beskouing — beskouings, beskouinge
besoek — besoeke
bestanddeel — bestanddele
bestelling — bestellings
bestuur — besture
bestuurder — bestuurders
betaling — betalings
betoging — betogings
beton* — beton
betoog — betoë
betrekking (werk) — betrekkings
betrekking (verhoudings) — betrekkinge
beuel — beuels
beul (laksman) — beuls, beule
beurs — beurse
beurt — beurte
bevel — bevele
beweging — bewegings
bibliotekaris — bibliotekarisse
bidet — bidets
bier* — bier, biere
bikini — bikini's
biltong* — biltong, biltonge
biografie — biografieë
bioloog — bioloë
biseps — bisepse
bisley (skietsport) — bisleys
bison — bisons
bistro — bistro's
bivak — bivakke
blaai — blaaie
blaas — blase
blad (blaar) — blare
blad (deel van liggaam) — blaaie
blad (van boek) — blaaie
bladsy — bladsye
blik — blikke
bloed* — bloed
blok — blokke
blom — blomme
blyk (van waardering) — blyke
BMW —BMW's
boa — boas
bobbejaan — bobbejane
boedel — boedels
boef — boewe
boeg — boeë
boek — boeke
boendoe — boendoes
boer — boere
boete — boetes
bof — bowwe
bok — bokke
bolero — bolero's
bolla — bollas
bolo — bolo's
bonsai — bonsais
bonus — bonusse
boog — boë
boom — bome
boon — bone
boord — boorde
borskas — borskasse
bos — bosse
bot — botte
botanikus — botanikusse, botanici
botanis — botaniste
bottel — bottels
botter* — botter
boud — boude
bra — bra's
brak — brakke
brand — brande
bredie — bredies
breuk — breuke
brief — briewe
brigadier — brigadiers
bril — brille
broek — broeke
broer — broers
bron — bronne
brood — brode
brosjure — brosjures
brouery — brouerye
brug — brûe
bruidegom — bruidegomme, bruidegoms
bruilof — bruilofte
buffet — buffette
bui — buie
bul — bulle
bult — bulte
buro — buro's
bus — busse
buurman — buurmanne, buurmans
buurvrou — buurvroue, buurvrouens
by — bye
byl — byle
bylaag — bylae
byt — byte
C — C's
cabernet (druiwe, wyn) — cabernets
cache — cache'e, caches
caprice — caprice'e, caprices
casino — casino's
castrato — castrato's, castrati
centavo — centavo's
chaperone — chaperones
chauffeur — chauffeurs
chemikalie — chemikalieë
chemikus — chemikusse, chemici
chevron — chevrons
chignon — chignons
chirurg — chirurge
Christen — Christene
cirrus — cirrusse, cirri
cliché — clichés
collage — collages, collage'e
concerto — concerto's
corrigendum — corrigendums, corrigenda
cottage — cottages
cowboy — cowboys
crèche — crèches, crèche'e
credo — credo's
crescendo — crescendo's
croissant — croissants, croissante
cul de sac — cul de sacs
cumulus — cumuli
curriculum vitae — curricula vitae
D — D's
daad — dade
daeraad — daerade
daeraad (vis) — daerade, daeraads
dag — dae
dagblad — dagblaaie
dahlia — dahlias
dak — dakke
daktilus — daktilusse, daktili
dal — dale
dam — damme
dame — dames
damp — dampe
dans — danse
das — dasse
debat — debatte
debiet — debiete
debiteur — debiteure, debiteurs
deel — dele
dek — dekke
dekaan — dekane
dekor — dekors
deksel — deksels
delta — deltas
demokrasie — demokrasieë
den — denne
deposito — deposito's
depot — depots
derby — derbies
derm — derms
dermatoloog — dermatoloë
desperado — desperado's
dessert — desserte
deug — deugde
deur — deure
diabeet — diabete
diabetikus — diabetikusse, diabetici
diafragma — diafragmas
diagram — diagramme
diaken — diakens
dialek — dialekte
dialoog — dialoë
diamant — diamante
dieet — diëte
dief — diewe
dienaar — dienaars, dienare
dier — diere
diktafoon — diktafone
diktator — diktators
diktee — diktees
dilemma — dilemmas
dinamo — dinamo's
dinee — dinees
ding — dinge
dingo — dingo's
dinosouriër — dinosouriërs
dinosourus — dinosourusse
diploma — diplomas
direkteur — direkteure, direkteurs
direkteur-generaal — direkteurs-generaal, direkteure-generaal
disa — disas
disket — diskette
disko — disko's
diskonto — diskonto's
diskoteek — diskoteke
diskus — diskusse
distrik — distrikte
diva — divas
divisie — divisies
dodo — dodo's
doek — doeke
doel (oogmerk) — doeleindes
doel (sport) — doele
doelstelling — doelstellings, doelstellinge
doepa — doepas
dogma — dogmas, dogmata
dogter — dogters
dokter — dokters
doktor — doktore, doktors
dolos — dolosse
domino — domino's
dominus — domini
domkrag — domkragte
donateur — donateurs, donateure
donga — dongas
donkie — donkies
donna — donnas
donor — donors
dons — donse
doos — dose
dop — doppe
dorado — dorado's
doring — dorings
dorp — dorpe
dossier — dossiere, dossiers
dosyn* — dosyn*, dosyne
draad — drade
draai — draaie
draak — drake
drama (toneelstuk) — dramas
drama (surrogaat moeder) — drama's
drank — dranke
drenkeling — drenkelinge
drie — drieë, dries
drif (gevoel) — drifte
drif (in rivier) — driwwe
droom — drome
druif — druiwe
druk — drukke
duo — duo's
duvet — duvets
dux — duces
DVD — DVD's
dwaas — dwase
dweil — dweile
dwerg — dwerge
dy — dye
E — E's
e-adres — e-adresse
edelman — edelmanne, edelliede, edellui
edik — edikte
eed — ede
eelt — eelte
een — ene, eens
eend — eende
eenheid — eenhedeeeu — eeue
efod — efods
eg (werktuig) — êe, egge
eggo — eggo's
Egiptenaar — Egiptenare, Egiptenaars
ego — ego's
eienaar — eienaars, eienare
eienaar-bouer — eienaar-bouers
eier — eiers
eiland — eilande
eina — einas
einde — eindes
eisteddfod — eisteddfods
ek — ons
eksamenator — eksamenatore, eksamenators
eksekuteur — eksekuteurs, eksekuteure
ekstra — ekstras
el* (lengtemaat) — el, elle
eland — elande
elf (getal) — elwe, elfs
elf (uit sprokie) — elwe
elf (vis) — elwe
elmboog — elmboë
embargo — embargo's
embrio — embrio's
emeritus — emeritusse, emeriti
end* (einde) — end, eindes
engel — engele
Engelsman — Engelse
ensiklopedie — ensiklopedieë
entomoloog — entomoloë
entrepreneur — entrepreneurs
epikus — epikusse, epici
episentrum — episentrums, episentra
epos (literêr) — eposse
e-pos — e-posse (ge-e-pos)
e-posadres — e-posadresse
era — eras
erf — erwe
erfenis — erfenisse
erika (plant) — erikas
erratum — errata
esel — esels
Eskimo — Eskimo's
espresso — espresso's
essay — essays
etiket — etikette
F — F's
fabel — fabels
fabriek — fabrieke
faks — fakse
faksimilee — faksimilees
faktor — faktore
fanatikus — fanatikusse, fanatici
fantasie — fantasieë
Farao — Farao's
faro (varing, bier) — faro's
faset — fasette
fee — feë
fees — feeste
feminis — feministe
femur — femora
fes — fesse
fetus — fetusse
fiasko — fiasko's
fibula — fibulae
fiemies* — fiemies
fiets — fietse
figuur — figure
filiaal — filiale
filosofie — filosofieë
filosoof — filosowe
finalis — finaliste
Fingo — Fingo's
firma — firmas
fisant — fisante
fisikus — fisikusse, fisici
fiskaal — fiskale, fiskaals
fjord — fjords, fjorde
flambé — flambés
flamenko — flamenko's
flamink — flaminke
flap — flappe
flapteks — flaptekste
fles — flesse
fliek — flieke, flieks
flirt — flirts
fobie — fobies, fobieë
fokus — fokusse
folio — folio's
fonds — fondse
fondue — fondues
fonetikus — fonetikusse, fonetici
fontein — fonteine
fooi — fooie
forum — forums, fora
foto — foto's
fotograaf — fotograwe
fout — foute
foyer — foyers
frangipani — frangipani's
frase — frases
freesia — freesias
fregat — fregatte
fresko — fresko's