Weg!

BOEKE

Vleis: Die omvattende gids

Deur Annelien Pienaar, Human & Rousseau R380 in boekwinkels

Hierdie resepteboek is ’n viering van vleis en behoort enige karnivoorkok se hart bly te maak. Annelien Pienaar is ’n voedselwetenskaplike en sy het meer as 100 resepte vir beesvleis, lam en skaap, vark, pluimvee, afval en wildsvleis saamgestel.

Daar is ook ’n afdeling met marinades, souse, en soute wat goed saam met vleis werk. Die disse is propvol geur: filet met gerookte mossels en sampioene; hoendersaté met grondboontjiebottersous; eendborsies met ’n porten-kersiesous...

Met hierdie omvattende boek in jou kombuis sal jy nie net kook dat dit spat nie, maar ook iets leer. Pienaar verduidelik die verskillende vleissnitte en kookmetodes, hoe om vleis te vries en te verouder, en definieer vleisterme. Gou sal jy woorde soos “bardeer”, “quenelles” en “réchauffé” met selfvertroue agter die kospotte kan gebruik.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg5 min read
Ken Jy Al Dié Dagroetes?
Welmé de Beer, George welme.debeer Vensterberg (1 309 m) is definitief die piek wat my met die mooiste uitsigte beloon, ongeag die tyd van die dag. Met sonopkoms en sonsondergang doen die piek sy naam gestand, veral as daar ’n paar dramatiese wolke
Weg9 min read
Die Wildekus Se Wildste
Die Wildekus se naam vertel jou alles wat jy moet weet: Dis afgeleë, onderontwikkel en deurspek met egte wilde plekke. En Pondoland, tussen die Mthatha- en Mtamvunarivier waar die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal bladskud, is nog die heel “wildste” deel. Hi
Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid

Related