TESSELAARSDAL Die dal van naasteliefde
Grondpad. In die moderne tyd is dít iets wat ons te min aan ons bas voel. Dit laat jou stadiger ry, die hobbels in die pad vóél. Jy wil ruit oopdraai, die radio afsit, dieper asemhaal, beter ruik, fyner kyk… ligter voel.
Hier, op die grondpad nadat jy van die R320 – die Hemelenaardepad tussen Caledon en Hermanus – afgedraai het en die rûens en holtes van die Overberg in verdwyn, is die ervaring soveel intenser, die gevoel van rustigheid soveel meer voelbaar.
Dit is die middel van die winter, in die tyd van Covid19, en die koring staan groen en geil met die geel van canola wat kop uitsteek. Die lug is fletsblou met wit wolkstrepies, die dammetjies vol en roerloos en blink. Al moet jy jou oë oophou om hier en daar ’n slaggat te systap, sien jy soveel meer. Jy gewaar groepies vet skape langs die pad, ’n paar ongeërgde beeste en, as jy gelukkig is, ’n bloukraanpaartjie wat die wêreld langnekstatig bespied. En groen, groen, groen, so ver as wat die oog kan sien.
Dan, 18 km en enkele wuiwende verbygangers verder, spoeg hierdie grondpad jou uit in ’n holtetjie aan die voet van die Kleinrivierberg. Net ’n paar huise, die meeste van hulle uit ’n ander era, lê hier uitgestrooi tussen fynbos en bloekoms en akkerbome.
Dit is Tesselaarsdal. Die plek waar slawerny ’n vroeë dood gesterf het, waar die wreedste van apartheid se tentakels – gedwonge verskuiwings – nooit vatplek kon kry nie.
’n Plek van geloof, hoop en liefde.
DIT IS ALLERMINS ’n perfekte prentjie wat jy voor jou sien wanneer jy
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days