Idees

Met liefde

Ouma, ma en tante het destyds mos fluks babasteweltjies gebrei. En daar was altyd die allerfynste jakkies in pienk, blou en wit vir nuwe pienkvoetjies – alles geskenk aan die kerkbasaar om vir minderbevoorregtes geld in te samel.

Op sy dag het Johannes Kerkorrel ons almal opnuut herinner aan die swaarkry in Hillbrow. Huilmooi lirieke, dit sny steeds diep.

En gee, gee, gee. Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou klere vol gate
Gee jou hart vir Hillbrow
Ja, gee jou hart vir Hillbrow

Soos ’n vriendin graag die Joodse dagboekskrywer Anne Frank aanhaal: ‘Gee het niemand nog arm gemaak nie.’

Die ruimhartige Sharon Reynolds, ’n afgetredene van Edenvale in Johannesburg, stem saam. Sy werk vir die liefdadigheidsorganisasie met die mooi naam Beacon of Hope. ‘Ek wou nog altyd liefdadigheidswerk doen. Ons help waar ons kan, maak sop, deel pakkies kos uit … Nou het ek baie tyd. My volwasse seuns woon oorsee. Ek kom nie eens agter die nes is leeg nie, want ek is altyd besig,’ sê

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees1 min read
Pere In Skilferkorsdeeg
Maak: 12 Bereidingstyd: 1 uur Gaarmaaktyd: 20 minute Oondtemperatuur: 190 ºC ♥ 80 ml fyngekapte geroosterde amandels ♥ 50 ml suiker ♥ 2 ml fyn kaneel ♥ 6 klein, ryp pere ♥ 400 g gekoopte bevrore skilferkorsdeeg, ontdooi ♥ versiersuiker, om oor te sif
Idees9 min read
Konfetti Onder Die Melkhoute
Die drie vroue was eers halsstarrig met die groetery. Ignoreer ons en loop sommer in die middel van die pad af asof dit aan hulle behoort. Maar Mr Bright Shoes en ou Smiley was van die begin af vriendelik. Ook Howard met sy mank been en kierie. Laasg
Idees6 min read
Hang Uit!
Hierdie lieflike koek is niks anders nie as 'n reuse-toebroodjie gemaak van brood en lae geurige sout bestanddele. Dit is baie maklik om op te tower en gaan beslis die tonge laat klap. Genoeg vir: 10-12 Bereidingstyd: 45 minute, plus yskastyd ♥ 1 ron

Related Books & Audiobooks