Soos ’n seemeeu op die wind
JOLANDA hou die seemeeu dop waar dit hoog in die lug op die wind sweef. Is hy regtig vry? Soms moet hy gaan waar die wind hom waai. Dit is hoe sy oor haar lewe voel – rondgewaai.
Haar ontevredenheid maak alles erger, maar vandag kan sy haarself nie keer nie. Dit is haar verjaardag en Ben het haar nie gebel nie.
Die wind waai haar lang, bruin hare in haar gesig. Die seemeeu krys hard bo haar en bring haar tot die werklikheid terug. ’n Reusebrander breek oor die rotseiland waar sy vir die wêreld sit en wegkruip. Hoe lank sit sy al hier?
Nog ’n brander breek en stamp haar met geweld in die water. Jolanda weet ’n oomblik nie waar bo of onder is nie.
“Help!”
Niemand hoor haar nie.
Sy veg terug en haal diep asem.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days