Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Speurder Kwaaikofski 3: Die pienk skoolspook
Speurder Kwaaikofski 3: Die pienk skoolspook
Speurder Kwaaikofski 3: Die pienk skoolspook
Ebook57 pages26 minutes

Speurder Kwaaikofski 3: Die pienk skoolspook

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Moet ook nie Kwaaikofski se derde speursaak misloop nie!
Kommisarek, die skool se opsigter, het ’n groot probleem: hy glo dit spook by die skool. Die afgelope paar aande hoor hy snaakse geluide en sien vreemde, onaardse skaduwees op die skoolterrein rondsluip. Kwaaikofski skrik natuurlik nie vir ’n koue pampoen nie en hy besluit dadelik om ondersoek in te stel. Maar toe hy die pienk skoolspook een aand om middernag van aangesig tot aangesig aanskou, is selfs hý nie meer so braaf nie . . .
LanguageAfrikaans
Release dateFeb 15, 2013
ISBN9780798157384
Speurder Kwaaikofski 3: Die pienk skoolspook
Author

Jürgen Banscherus

Jürgen Banscherus is gebore in 1949 en het gewerk as ’n joernalis, ’n uitgewer en ’n onderwyser, voordat hy homself as vryskutskrywer gevestig het in 1989. Intussen het hy bekend geword as een van Duitsland se mees geliefde skrywers vir kinders en jongmense. Sy boeke is al met vele toekennings bekroon en is reeds in meer as 12 tale vertaal.

Related to Speurder Kwaaikofski 3

Titles in the series (13)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Speurder Kwaaikofski 3

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Speurder Kwaaikofski 3 - Jürgen Banscherus

    Jürgen Banscherus

    Speurder Kwaaikofski

    Die pienk skoolspook

    title_chew.jpg

    Vertaal deur Kobus Geldenhuys

    Met illustrasies deur Ralf Butschkow

    Human & Rousseau

    Hoofstuk 1

    1%20Hoofstuk%20ills.tif

    Die meeste groot speurders het nie goed gedoen op skool nie. Ek is nie so beroemd soos Sherlock Holmes of Kalle Blomkvist nie, maar ek doen nes hulle ook vrot op skool. ’n Privaatspeurder soos ek ver­veel hom dood sonder spannende avonture, gevaarlike jaagtogte en duister geheime.

    cup.jpg

    Maar wat doen ons op skool? Speltoetse, maal- en deelsomme, die lewensiklus van ’n padda, gesonde eetgewoontes en al sulke ongesonde dinge. G’n wonder ek slaap deur al die klasse en word eers pouse wakker nie!

    Hoekom bespreek ons nie regte afpers­briewe in ons taalklas nie? Hoekom werk ons nie in wiskunde uit hoeveel kos een dag in die tronk, of hoe om ’n taakmag na ’n bankroof uit te stuur nie?

    teacher.jpg

    In sulke klasse sal ek definitief nie aan die slaap raak nie – en die meeste van my klasmaats ook nie.

    My ma sê die wêreld is vir my een groot misdaadsaak. So sy dink dis goed dat skool nie ook oor diefstal, bedrog en rooftogte gaan nie. Die meeste mense wil in elk geval nie privaatspeurders word nie, maar eerder verpleegsters, busbestuurders of belastingkonsultante. En sulke mense moet allerhande normale goed leer.

    Dis snaaks, grootmense dink altyd hulle weet wat is normaal. Maar sit net die

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1