DIE REISENDE KARNAVAL
“Jy moet mooi dink.” Ciryllene sit haar leë sjerrieglas op die koffietafel neer en kyk Melinda waterpas in die oë. “Jy is mos nie ’n slagoffer nie.”
“Nee, ek is nie.”
“Nou vir wat neem dit jou so lank om oor die ding te kom?”
Ciryllene kan maklik praat, dis nie háár suster en háár kêrel wat saam weggeloop het nie. “Los dit eerder.”
“Goed so, maar dink aan wat ek sê.” Ciryllene staan stram op. “Is jy seker Karenza kan by jou oorslaap?”
“Natuurlik.”
Nadat Ciryllene weg is, los Melinda die voordeur oop sodat die nagbries die huis kan afkoel. Sy trek die buffetlaai oop. Die geraamde foto van Kobus is onder ’n hoop omsendbriewe en rekenings weggesit, en sy haal dit uit. Hy sit op sy motorfiets, die valhelm voor hom op die petroltenk, sy gladde, blink hare los
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days