Vrouekeur

DIE REISENDE KARNAVAL

“Ek is bly die slang het uit daardie mandjie weggekom,” sê Suzi. Soos dit ’n aktivis betaam, steek sy haar vuis in die lug.

Ciryllene kom uit die spens uit, haar gesig op ’n plooi. “Dit kom daarvan as jy truuks met adders probeer uithaal.”

Melinda skuif die bak met versiersuiker eenkant toe en vee haar hande aan haar voorskoot af. “Dalk is sy gifkliere wel verwyder. Ons moet vasstel of dit so is.”

’n Vermoede skiet haar te binne en sy kyk Suzi beskuldigend aan: “Dis jý wat dit gedoen het, is dit nie? Jy het die flippen slang vrygelaat!”

“Dink jy ek is so kinderagtig?” Suzi se oë vlam.

Yolandi staan op. “Met jou weet mens nooit. Aktiviste gaan soms op hol met ’n ding.” Sy gaan was haar hande. “Ek gaan plein toe, ek gaan kyk wat daar aangaan.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Vrouekeur

Vrouekeur1 min read
Woordspel 14
Hoeveel woorde van vier (4) of meer letters kan jy uit die gegewe letters saamstel? Elke letter in die rooster mag net een keer in ’n woord voorkom. Elke woord moet die letter in die ingekleurde blokkie bevat en daar moet minstens een woord met nege
Vrouekeur6 min read
Net ’n Drie Kan Vyf Tel
Hermien skuif tot op die punt van die stoel. Die uitgebleikte gordyne in die portaal eggo die afgeleefde skoolgebou. Almal is reeds huis toe. Behalwe meneer Pullen. Sy rem aan haar rok, trek dit oor haar knieë. Hierdie aansoek is kardinaal. Die kanto
Vrouekeur3 min read
Vra Vir Dr HERMANN
Ek het twee tienerdogters. Een is hipernetjies en perfeksionisties en die ander een is al die jare ’n regte slonskous. Alles tuimel uit haar kaste, skoon en vuil is deurmekaar en as jy die kamerdeur oopmaak, sien jy nie eens die bed nie. Praat, omkoo

Related