Vrouekeur

DIE REISENDE KARNAVAL

Die dag ná die rampspoedige Kersspel kuier Ciryllene en Karenza by Melinda. Die vroue drink koffie en Karenza eet roereiers met tamatiesous oor, die tiara op haar kop.

Ciryllene doop ’n stukkie beskuit in haar koffie voordat sy versigtig vra: “Het jy gesien Yvette was gisteraand daar?”

Melinda se hart spring in haar keel. “Nee.”

“Ja, skynbaar laat ingekom, heel agter gaan sit en tydens die chaos met die adder weer verdwyn. Carolus van die slaghuis het my vanoggend vertel. En hy’t gesê sy was verlede jaar ook daar, hy is byna seker daarvan.”

Melinda staan op, maar gaan sit dadelik weer. Yvette by die konsert? Hoekom?

Sy wip toe haar selfoon skielik piep. ’n WhatsApp-boodskap van Suzi: Ons het die slang gevang. Gifkliere wel uit, lees sy hardop.

“Nou is Suzi seker op hul case oor die gifkliere,” sê Ciryllene verlig.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Vrouekeur

Vrouekeur3 min read
VRIENDSKAP Se Prys
In die tyd toe besoekers ons dorpie tydens vakansietye oorval het, was al ons gastehuise vol bespreek. Daar was besoekers wat met viertrekke (of selfs peperduur bergfietse) Gamkaskloof toe gery het. Die hoofstraat was sulke tye dan besiger as Sandton
Vrouekeur2 min read
Op Die Verhoog
In ’n tyd van onderduimsheid, magsug, rugstekery en korrupsie het die Metropolitan Opera in New York vroeër vanjaar ’n opera aangebied waarin al dié elemente van die huidige politieke bestel uitgebeeld word. Dié opera sou van 31 Maart af in Cinema No
Vrouekeur3 min read
Die Belangrikste Boek
Ds Janine Bevolo-Manders is verbonde aan die Nederduitsch Hervormde Kerk Witfontein in Pretoria-Noord en is al 20+ jaar ’n predikant Die maatskappy Fedex het ’n advertensie gehad wat hulle op die fliek Castaway geskoei het. In die fliek is Tom Hanks

Related