Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Gedaantes en Geraamtes Omnibus 2
Gedaantes en Geraamtes Omnibus 2
Gedaantes en Geraamtes Omnibus 2
Ebook302 pages3 hours

Gedaantes en Geraamtes Omnibus 2

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Die tweede van drie omnibusse van Louise Prinsloo se gewilde spookstories in die Gedaantes en Geraamtes-reeks. Die titels in hierdie tweede omnibus: Gedaantes en Geraamtes-omnibus 2 is: Dwaalgees op Duiwelskantoor, Die Osiris-raaisel en Die geeste van die Amathole – laasgenoemde is ’n splinternuwe verhaal wat nog nie voorheen verskyn het nie. Die teks van die eerste twee stories is ten volle hersien en lesers behoort van nuuts af aan die drie vriende, Wikus, Karel en Giepie se lekker grillerige spookavonture te geniet.
LanguageAfrikaans
Release dateApr 1, 2011
ISBN9780798153546
Gedaantes en Geraamtes Omnibus 2

Related to Gedaantes en Geraamtes Omnibus 2

Related ebooks

Related articles

Reviews for Gedaantes en Geraamtes Omnibus 2

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Gedaantes en Geraamtes Omnibus 2 - Louise Prinsloo

    LOUISE PRINSLOO

    Gedaantes en geraamtes Omnibus 2

    Human & Rousseau

    AAN DIE JONG SKRYWERS VAN LAERSKOOL LYNNWOOD

    DWAALGEES OP DUIWELSKANTOOR

    Dwaalgees.tif

    1

    Dis lente in die Kaap. Die triestige winterweer is vir eers verby en Tafelberg staan trots en waak oor Tafelbaai.

    Vir Wikus Jordaan en sy twee boesemvriende, Karel en Giepie, graadneges aan Hoërskool Parow, beteken die laaste twee periodes op Maandae Geskiedenis by meneer Kruger. Of Napoleon, soos die kinders hom noem, want hy lyk nes die klein Franse generaal op die prent teen die klas se muur.

    Hoewel die soektog na goud in Suid-Afrika reeds tydens die Hollandse nedersetting plaasgevind het, begin Napoleon terwyl hy die truprojektor aanskakel en ’n transparant daarop neersit, is die eerste werklike ontdekking eers in 1870 gemaak. Hy druk met ’n pen op die transparant. Hier sien julle die goudvelde van die Pelgrimsrus-Lydenburg-gebied in die destydse Oos-Transvaal …

    Wikus se gedagtes is ver van goudvelde af. Hy dink aan hoe lekker dit nou sal wees om met sy branderplank in Blouberg se branders te baljaar. Hy voel die wind in sy hare en die son teen sy gesig, proe die sout op sy lippe en hoor die breek van branders en die gekras van seemeeue terwyl hulle duik vir kos in die wit skuim.

    Hy sug, staar verlangend deur die venster en sien hoe die swaeltjies teen die blou lug swiep en swaai. Hy rek sy nek om tussen Bianca en Chané se koppe deur Tafelberg net-net in die verte agter geboue te sien uitsteek.

    Sy gedagtes gaan terug Bloubergstrand toe. Hy sien Bianca op die klam seesand staan. Sy het haar swart bikini aan en daar is ’n helderkleurige sarong om haar middel geknoop. Haar lang swart hare hang los oor haar skouers en sy waai vir hom …

    Wikus! Napoleon se bulderstem ruk hom met ’n slag terug.

    Hy knip-knip sy oë en sien hoe almal hom aanstaar.

    Waar was jou gedagtes, of mag ons nie weet nie? Napoleon klink nie te kwaad nie, maar sy donker oë pen Wikus vas asof hy enige oomblik, nes die Napoleon van ouds, sy vyand gaan vermorsel.

    By Bianca, meneer. Hulle laaik mekaar, snip Chané.

    Die klas is nou die ene ore. Wikus voel hoe die rooi teen sy nek opklim. Nee … nee, meneer, ek het maar net gedink hoe lekker dit nou op Blouberg sal wees en …

    En ek is besig om die finale reëlings vir julle komende Geskiedenistoer Mpumalanga toe te bespreek, maar dit interesseer jou blykbaar nie. Napoleon klink nou meer geïrriteerd as kwaad.

    Ek is jammer, meneer, ek sal nou oplet. Ek sien baie uit na Vrydag. Ons het nie verniet die hele jaar so hard gewerk om geld in te samel en borge te soek nie.

    Reg. Meneer Kruger glimlag en stap tot voor in die klas. Soos ek gesê het, julle reis en verblyf en die oorslaap in Bloemfontein is deur die borge bevestig. Julle moet net onthou julle gaan self vir julle etes langs die pad betaal. Sorg dus dat julle genoeg sakgeld saamneem. Verder het Mpumalanga Toerismeburo ook laat weet dat hulle vir hierdie interprovinsiale uitreikaksie drie kombi’s beskikbaar stel wat julle op Nelspruit sal kry en na julle verskillende bestemmings sal neem.

    Jis, dis fantasties! skreeu Pieter van agter af en asof dit ’n teken is, begin almal gelyk praat en planne maak.

    Bly net eers stil; ek is nog nie klaar nie … Napoleon stap tussen die banke deur, een arm agter sy rug, soos dit sy gewoonte is wanneer hy die klas se onverdeelde aandag wil hê.

    Julle is reeds in groepe van tien ingedeel, elkeen met ’n onderwyser wat as toerleier sal optree. Napoleon druk weer met sy pen op die transparant. Groep Een, vergesel van mevrou Marais, gaan Pelgrimsrus toe. Groep Twee na Barberton word deur mevrou Joubert vergesel. En Groep Drie gaan Kaapschehoop toe. Mevrou Hanekom vergesel julle. Al wat julle nou nog moet doen, is om groepleiers te kies. Kan ek asseblief al die groepe bymekaar kry en … Maar voor die onderwyser verder kan praat, is daar ’n onaardse lawaai soos daar stoele rondgesleep word om groepe te vorm.

    Bianca gaan sit langs Wikus, en Giepie beduie vir Chané om langs hom te kom sit. Karel loer in Dottie se rigting. Al is sy ’n bietjie mollig, het sy vir hom die mooiste glimlag en dit is vir hom lekker om met haar oor sy stokperdjie te gesels, want sy stel ook baie in fotografie belang.

    Ek stel Wikus as ons groepleier voor, sê Karel.

    Giepie steek sy hand op. Sekondeer.

    Ja, beaam Roy. Hy is ’n goeie rugbykaptein. Hy sal ’n goeie toerleier wees.

    Nee. Chané skud haar kop. Hoekom moet seuns altyd die leiers wees? Meisies is net sulke goeie leiers, indien nie beter nie.

    Karel ruk sy skouers op soos altyd wanneer hy hom vererg. Enige ander voorstelle?

    Ja, antwoord Chané. Ek stel myself voor. Ek dink ek is ’n goeie leier. Ek het genoeg inisiatief en …

    Karel rol sy oë. Oeeee! I love myself – and you?

    Dis waar wat Chané sê, antwoord Dottie en steur haar nie aan die vuil kyk wat sy van Karel se kant af kry nie. Ek dink sy’s ’n gebore leier en doen alles wat sy aanpak met oorgawe. Kyk wat ’n goeie netbalkaptein en leier van die junior koor is sy.

    Ja, kom dit van Maxie wat gewoonlik nie veel sê nie. Ek stem vir Chané. Sy sal ’n goeie leier wees.

    En sy weet hoe om te organiseer, voeg Liesbet by. Sy is wat mens ’n natural noem.

    Karel haal sy skouers op en brom iets wat klink soos: Dan is dit seker maar reg so.

    Wikus lyk heel ingenome met die besluit. Ek sal bly wees as Chané die leier is, want dan het ek meer tyd om spoke te soek.

    Aag, man! kerm Giepie asof hy pyn op sy maag het. Moet jy altyd aan sulke goed dink?

    Wel, antwoord Wikus, so erg soos wat die goudsoekers mekaar gekroek en vermoor het, behoort daar iewers ’n dwalende gees te wees.

    Chané maak haar lêer oop. Ek dink ons los eers die spookpraatjies. Ons het nog ’n klomp dinge wat ons moet bespreek.

    Die groeplede is nou die ene konsentrasie.

    Eerstens, gaan Chané belangrik voort, moet ons kyk hoeveel inligting ons reeds het. Ek het net een paragraaf. Het enigeen van julle al iets gekry?

    Die ander skud hulle koppe.

    Goed, dan lees ek vir julle wat ek het: Kaapschehoop. Dorp in die De Kaapvallei, Oos-Transvaal. In 1884 as ’n goudkamp deur spoeldelwers gestig. Tans belangrike bosbousentrum. Bekend vir pragtige natuurskoon …

    Sy maak haar lêer toe. Dis al. Die res sal ons maar by die inwoners moet kry, want soos julle self agtergekom het, is inligting oor Kaapschehoop skaars. Wil iemand nog iets oor die taak sê?

    Nee, kom dit van Roy, agsteman van die onder-15-rugbyspan en held van vele, maar ons sal moet gou maak voor die klok lui, want ons moet nog ’n naam kry.

    Chané knik. Goed, gee vir my voorstelle, asseblief.

    Die groep sit vinnig koppe bymekaar, maar kry net nie die regte naam tussen Die Soekers, Snuffelaars, Arende, Kobras en Vinders nie.

    Wat van Die Delwers? sê Dottie ná ’n ruk. Ons gaan mos na ’n goudveld om in die geskiedenis rond te delf.

    Almal dink dis ’n uitstekende naam en Karel glimlag trots in Dottie se rigting.

    Chané het nou behoorlik vlamgevat. Sy haal haar dagboek uit en haar oë dwaal oor die groep. Erik en Liesbet, julle moet asseblief kyk of julle vir ons nog ’n bietjie inligting oor die omgewing kan kry. Hulle is, saam met Giepie, die slimkoppe in hierdie groep en altyd reg om op die Internet en in boeke rond te snuffel.

    Karel, jy’s ons fotograaf. Giepie, jy moet dagboek hou van elke dag se gebeure. En Wikus, sê sy met ’n speelse glimlag, jy kan ’n spookstorie oor Kaapschehoop uitdink.

    Wikus gluur haar verontwaardig aan. Ek dink g’n spookstories uit nie! Ek soek regte, egte geeste.

    Nou goed, antwoord Chané tong in die kies, jy gaan die spook van Kaapschehoop soek, maar moet net nie dat hy jou soek nie.

    Wikus grinnik. Ek sal vir jou en al die ander wat dink daar’s nie iets soos spoke nie, bewys daar’s iewers op Kaapschehoop se eertydse goudveld ’n gees wat nie tot rus kan kom nie …

    2

    Vrydag vroeg voor sonop is die meeste graadneges en hulle gesinne wat hulle kom afsien al by die skool. Almal groet en praat opgewonde oor en weer. Napoleon en die drie onderwysers wat saamgaan, het hulle hande vol om die klompie stil te hou.

    Sagter! beduie Napoleon. Die mense wat hier om die skool bly, slaap nog.

    Vir ’n rukkie gesels die leerders met gedempte stemme, maar nie lank nie, of dit praat en lag weer dat hoor en sien vergaan.

    Napoleon haal sy skouers op. Dit sal tog nie help om dié groep opgewonde kinders te probeer stilhou nie.

    Te oordeel na die slaapsakke, rugsakke, tasse en koekblikke wat eenkant op die sypaadjie staan, lyk dit of die graadneges vir ses maande weggaan eerder as vir ’n week op ’n Geskiedenistoer Laeveld toe.

    Chané het Die Delwers opgekommandeer om jeans en geel T-hemde en tekkies aan te trek. Die ander twee groepe het ook vir hulle iets gekies om hulle van die res te onderskei.

    Wikus staan en gesels by Bianca en haar ouers, en Karel het oudergewoonte sy kamerasak oor sy skouer. Hy en Dottie is in ’n druk gesprek oor al sy fotografiese toerusting wat hy op die toer saamneem.

    Giepie se kakebene beweeg op en af soos hy kougom kou. Sy elmboog rus op sy kitaar en hy kyk verveeld na waar Roy, Erik, Liesbet en Maxie staan en grappe maak. Ek wens die dekselse bus wil nou kom. Hierdie gewaggery maak my lam, sê hy vir niemand in die besonder nie.

    En net toe kom die bus om die hoek. Almal gryp opgewonde na hulle bagasie en begin in die rigting van die bus loop.

    Wikus gaan groet gou sy ouers waar hulle geamuseerd na die leerders se opgewonde geskarrel staan en kyk. Dankie dat julle my kom aflaai het … en gee vir Wagter ’n drukkie vir my part.

    Sy ma kyk hom bekommerd aan. Het jy alles? Onthou tog om …

    Ja, Ma … Hy haat dit as sy ma soos ’n broeis hoenderhen om hom kloek.

    Sy pa slaan sy arm om Wikus se skouers. Ou seun, moet asseblief nie weer dat jou verbeelding met jou op hol gaan nie. Jy was tot nou toe nog gelukkig, maar spoke jag, kan gevaarlik word.

    My verbeelding hol nooit met my weg nie, brom Wikus onderlangs. Ek reageer net op wat ek sien en hoor. Dis al. En ek weet wat ek doen, ek’s oukei. Ek sal bel as ons daar is!

    Môre … Môre! Môre! groet Buks Pretorius, die busbestuurder, en lig die bagasieruim se flappe op. Bring julle goed! Ons moet ry; die pad is lank.

    Dit word ’n gestoei en gestry soos wat elkeen probeer om eerste by die bus te kom en die lekkerste sitplekke te kry. Karel is min gepla; hy weet Dottie sal vir hom plek hou, want hy wil eers sien dat sy driepootstaander stewig vasgepak is. Hy is van plan om ’n goeie fotoportefeulje saam te stel wat hy vir die skooltaak en sommer ook vir toekomstige fotokompetisies kan gebruik.

    Toe hulle tot bedaring kom en elkeen ’n plek het, kontroleer Napoleon of almal daar is en beduie dan vir die bestuurder hulle kan ry.

    Kaapschehoop! roep Wikus, hier kom ons! Hy sit sy arms om Bianca se skouer en fluister teen haar oor. Dit gaan ’n fantastiese toer wees. Ek wed jou.

    Hulle ry verby Karl Bremer-hospitaal en klim op die N1-snelweg Paarl toe. Die opgewonde oor en weer gesels word gaandeweg stil soos die klompie die een na die ander omdop en slaap. Die vroeg opstanery en die vorige dag se opgewondenheid het sy tol geëis.

    Wikus het sy kussing agter sy kop ingeskuif en met Bianca se kop teen sy skouer ingedommel. Hy word wakker toe hulle met ’n slakkepas deur Du Toitskloof gaan. Hy rek hom uit. Ek weet nie van julle nie, maar nou’s ek honger!

    Hy maak sy padkos oop. Die geur van koue hoender en frikkadelle en toebroodjies trek soos ’n veldbrand deur die bus en nie lank nie, of koppe lig vaak-vaak op en daar is ’n geritsel van pakkies skyfies en kos- en lekkergoedpapiere.

    Die pad tussen Laingsburg en Beaufort-Wes is lank en warm, en die meeste van die graadneges lê maar weer en slaap. Ure later, op Beaufort-Wes, hou hulle eers stil. Bene word gerek en kleedkamers word besoek en die belangrikste van alles – kosvoorrade word aangevul.

    Toe-toe, julle, opskud! Ons pad is nog lank, roep Buks van die bus se kant af.

    Die pad oor Colesberg tot in Bloemfontein is wel lank, maar die kinders is nou op en wakker. Giepie haal sy kitaar onder sy bank uit en kort voor lank dreun dit in die bus soos wat hulle sing.

    Op Bloemfontein pak hulle af vir die nag. Napoleon en die onderwysers het nie veel moeite om die spulletjie ná ’n lang, vermoeiende dag in die bed te kry nie.

    Die volgende oggend tydens ontbyt beland Wikus, Karel en Giepie en ’n paar van Die Delwers aan dieselfde tafel as ’n middeljarige man. En toe? wil die man belangstellend weet. Waarheen is julle op pad?

    Ons gaan op ’n Geskiedenistoer Mpumalanga toe, antwoord Karel. Party van ons gaan Barberton toe, ander na Pelgrimsrus en ons klomp gaan Kaapschehoop toe.

    Kaapschehoop! Die man se gesig verhelder. Wonderlike plek daardie! Ek is daar gebore. Ons het daar gewoon tot ek vyftien jaar oud was en toe het ons Bloemfontein toe getrek.

    Hy kry ’n veraf uitdrukking in sy oë. Weet julle die dorpie se naam was eers Duiwelskantoor?

    Wikus, wat tot nou toe nog nie veel in die gesprek belang gestel het nie, sit skielik regop. Hoekom Duiwelskantoor?

    Omdat dit so onherbergsaam daar is. Van die destydse landmeters het altyd gesê die plek is so afgesonder en ruig dat net die duiwel daar tuis sal voel. Die mense in die omgewing het dit toe Duiwelskantoor begin noem, totdat die Kerk op ’n keer beswaar aangeteken het en die naam verander is na Kaapschehoop.

    Hoekom Kaapschehoop? vra Giepie, nou ook die ene belangstelling.

    Omdat die plek hulle so baie aan die Kaap herinner het – met die berg en die mis. En dan was daar natuurlik ook altyd die hoop om goud te ontdek.

    ’n Glimlag gly oor Wikus se gesig. Duiwelskantoor. Ek hou daarvan. Dit klink so … onheilspellend.

    Die man vee sy mond stadig af en knik. Dit is nogal, veral as die mis so oor die berg aangerol kom. Hy leun effens vorentoe en fluister geheimsinnig: Dit spook mos daar op Kaapschehoop.

    Nou is daar geen keer aan Wikus nie. Regtig? Vertel ons asseblief, oom.

    Die man bly so ’n rukkie stil asof hy wil seker maak hy het almal se aandag. Ek het die spook self nooit gesien nie, maar my oorlede pa het hoog en laag gesweer h´y het, met sy eie twee oë. Dis blykbaar …

    ’n Kelner kom nader met ’n trollie vol ratelende koppies en borde en Wikus kan nie hoor wat die man verder sê nie. Hy gluur vies na die kelner en probeer vir hom beduie om die trollie verby te kry. Hy hoor dan net hoe die man iets sê van: … wat nie tot rus kan kom nie.

    Wikus wil nog vir die man vra om te herhaal wat hy gesê het, maar hy het reeds opgestaan en begin aanstaltes maak om te loop. Nou ja, geniet julle kuier op Kaapschehoop.

    Voor Wikus agter hom kan aanloop, verskyn Napoleon iewers uit die niet en roep hulle moet gou maak, want die bus gaan ry.

    Wikus drentel traag bus se kant toe. Tot siens, oom … en dankie vir die gesels! roep hy oor sy skouer. Maar die man het reeds om die hoek verdwyn.

    In die bus plof Wikus langs Bianca neer. Jis! Ek is so spyt ek kon nie langer met die ou gesels nie. Hy frons vies. Aag heng, ek het vergeet om hom te vra wat sy naam is!

    Hulle pad loop verby Kroonstad, Vanderbijlpark, Johannesburg, Witbank, Middelburg en Belfast. By Waterval-Boven ry hulle deur die tonnel en hou op ’n parkeerterrein stil.

    Toe die klompie wat al suf en styf gesit is, wil uitstorm, roep Napoleon hulle tot orde. Tyd vir ’n Geskiedenisles! Volgens oorlewering, maak hy keel skoon om seker te maak almal luister, lê daar net soveel dwarslêers tussen die treinspoor hiervandaan tot in Mosambiek as wat daar werkers wat aan die spoorlyn gebou het, aan malaria dood is.

    Die graadneges kyk hom met groot oë aan. Napoleon sien hy het die regte snaar geslaan. Kom, dan gaan wys ek julle die ou NZASM-tonnel, oftewel die Nederlandsche Zuid-Afrikaansche Spoorweg Maatschappij se kliptonnel waardeur die eerste spoorlyn geloop het.

    Hulle skarrel opgewonde by die bus uit.

    Karel wink Die Delwers nader. Gaan staan in die bek van die tonnel dat ek ’n foto van julle kan neem. Ek wil ’n idee probeer gee van hoe groot dit is.

    Toe Karel hulle net mooi só het dat hy ’n goeie foto kan neem, kyk Wikus skielik om. Hei, staan stil! Hoe kan ek ’n foto neem as jy heeltyd omkyk?

    Dit voel of iemand vir my kyk, antwoord Wikus. Ek kan sy oë op my rug voel brand.

    Karel vererg hom. Dis vandat jy met daardie man op Bloemfontein gepraat het dat jou kop weer net vol spoke is. Staan stil! Kliek-kliek klik sy kamera. Dankie!

    Kom, julle, roep Giepie. Almal is al in; roer julle!

    Dis pikdonker in die tonnel. Hulle hoor nie ’n geluid nie. Wikus wonder vir ’n oomblik waar die ander is, maar stel homself gerus dat hulle seker al anderkant uit is.

    ’n Muwwe ou reuk van verval en vlermuismis kleef aan die klipwande vas.

    Bianca gril en druk haar neus toe. Sies! Dié plek gee my die creeps!

    Dottie voel-voel in die donker en haak haar arm deur Bianca s’n. Vir my ook. Dis erg grillerig. Kom ons loop vinnig dat ons anderkant kan uitkom.

    Hulle probeer vinniger loop, maar die nattigheid onder op die vloer van die tonnel maak dat hulle versigtig moet trap. Water drup-drup uit die tonnel se dak op hulle koppe.

    Skielik klief ’n bloedstollende gil deur die tonnel. Wikus-hulle hardloop nader. Is julle oukei? vra Karel en vat-vat met sy hande voor hom uitgestrek in die donker.

    Wat was dit? kom Dottie se dun stem, maar dan hoor hulle Chané se huilstemmetjie. Eina, ek het my toon gestamp en ’n vlermuis het amper teen my vasgevlieg. Ek wil nou hier uit; ek bly nie langer hier nie!

    Wikus voel hoe sy kopvel skielik begin kriewel. Voel julle dit ook? vra hy en kyk om hom rond. Hy raak koud tot in sy tone. Verbeel hy hom … of staan daar ’n perd met ’n man op sy rug?

    Wikus knip sy oë. Miskien hét hy hom verbeel, want toe hy weer kyk, is daar niks. Al wat hy sien, is die treinspoor, gruis en dwarslêers by die bek van die tonnel. Dis eienaardig …

    Wat? wil Karel weet.

    Ek weet nie, antwoord Wikus ingedagte. Ek kon sweer ek sien ’n man op ’n perd.

    Dan verstyf Wikus. Sjuut, luister.

    Die egalige geklop van perdehoewe kom nader.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1