Rooi Rose

Die ENGEL met die ROOI NAELS

Toe sy heupswaaiend die hoofstraat afstap, het die dorp gekyk. Die wip van die elegante romp om die skraal bene, die groot sonbril onder die breërandhoed, die rooi naels soos papawers wat in die vroeë lente langs die Weskuspad opspring.

Die mans by die motorhawe soek loerend na ’n sigaret om aan te steek, die eerste span vries in die lynstaan. By die bakkery kyk Marie, die prokureur se vrou, en Adél, die vierjarige Roelie aan die hand, selfbewus na hul vaal rokkies.

“Sy bly in oorlede Malie se hoekhuis skuins oorkant my. Nooit eens gesien kom nie, net gesien die ligte brand,” vertel Marie. Nou weet Adél hoekom Roelof so knaend by Marie en Jacobus kuier. Sy verstyf, groet haastig. Roelof is bekend vir sy dwalende oog.

Op die winkelstoep parkeer Randall die afleweringsfiets en kyk onderlangs na die vrou. Hy los gewoonlik haar bestelling op die hoekhuis se stoep. Daar is altyd ’n fooitjie, maar dis die eerste keer dat hy haar te siene kry.

Birgit Rodriguez sug innerlik, bewus van

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Rooi Rose

Rooi Rose2 min read
EK & JY Wie sou kon DINK?
DAAR IS TYE waarvan ons almal onthou “ek was presies daar, besig om dit of dat te doen, toe ... ” Nou is sekerlik so ’n tyd. As die nuus van die dag die eerste ruwe weergawe van die geskiedenis is, leef ons nou in ’n tyd waarvan ons nageslagte in die
Rooi Rose2 min read
OP die RAK
Beet, tamatiesous, rooiwyn … Jy ken daardie nare gevoel as jy op jou gunsteling-kledingstuk mors. Die geheim is om so gou moontlik iets aan die vlek te doen, maar ligloop vir skerp middels wat die materiaal kan beskadig. Personal Touch Fabric Stain R
Rooi Rose2 min read
Wat Jy Moet Weet
Weet onder watter bedeling jy getroud is. Huwelike in Suid-Afrika word deur die Wet op Huwelikseiendom 88 van 1984 gereguleer. Elke persoon wat wil trou, moet voor die tyd besluit of hulle ’n huweliksvoorwaardekontrak wil opstel. Die wet maak voorsie

Related