Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Polsslag
Polsslag
Polsslag
Ebook390 pages6 hours

Polsslag

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Speurder-kaptein Alek Strauss van die FSO word saam met sy span uitgeroep na ’n raaiselagtige moordtoneel. Die liggaam van ’n vrou is in ’n afgeleë bouval in Pretoria-Oos gevind. Advokaat Lynn Rawlins is skynbaar verwurg. Teen die muur staan in bloed geskrywe: Sprich nichts Böses. 
Doktor Nadiya Patel, forensiese sielkundige, is vas oortuig die moordenaar se modus operandi is ’n waarskuwing dat nog lewens in gevaar is.

’n Meesleurende spanningsroman deur Marie Lotz, die skrywer van Roofdier.
 
LanguageAfrikaans
Release dateJun 10, 2022
ISBN9780798182959
Polsslag
Author

Marie Lotz

Marie Lotz is gebore en getoë in Benoni, en behaal haar honneurs in toegepaste linguistiek by Universiteit van Johannesburg. Sy het meer as twintig jaar ervaring as tekswerker, en werk tans as vryskut persklaarmaker van mediese en regsverslae. Sy woon in Pretoria en het een seun. Roofdier verskyn in 2021, en ​Polsslag​ een  jaar later.   

Read more from Marie Lotz

Related to Polsslag

Related ebooks

Related articles

Reviews for Polsslag

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Polsslag - Marie Lotz

    MARIE LOTZ

    Polsslag

    Human & Rousseau

    Vir Armin en vir my pa

    Proloog

    ’n Stilte daal oor die ontvangslokaal van die LuxArt Galery toe die twee belangrikste gaste van die aand die deur oopstoot. Sabrina Adendorf is in ’n spierwit aandrok geklee: kaal skouers, kaal rug, spleet wat net genoeg been vertoon. Sy dra ’n 30-karaat-Adendorf ExcluDiamond-halssnoer met ’n sneeuvlokkie-ontwerp en bypassende oorringe. Leonard Adendorf se swart aandpak is veelbesproke, nes sy multimiljoenrand-saketransaksies as voorsitter van Adendorf Diamond Company. Dis ontwerp deur die meesterkleremaker Raphaël Mukendi. Wat egter die koppe laat draai, is die feit dat Adendorf die enigste manlike gas in die galery is wat nie ’n fedora ophet om by die 1920’s-tema te pas nie.

    Sjerrie, meneer? vra die kelner toe hulle na die galery beweeg.

    ’n Joernalis se kamera flits vanuit die een hoek.

    Adendorf neem ’n glas van die skinkbord. Hy knik vir ’n paartjie daar naby. Die vrou is eksoties mooi. Hoë wangbene. Soel vel. Glansende swart hare. Sy herinner aan ’n James Bond-aktrise. Teen die industriële dekor vertoon haar satynrok ekstra sag en swierig.

    Die lug is gelade met afwagting.

    By die fotomuur staan nog bekendes na nuutskeppinge en kyk. Roché van den Berg, Nkhensani Nkosi, David Tlale, Marianne Fassler, Wandile Zondo. Die nabyskote is van stukke uit die Waffe-reeks wat ’n beroering onder juweelliefhebbers veroorsaak het. Hangertjies, ringe en armbande versier met lewensgetroue miniatuurwapens. Pistole, messe, kruisboë.

    LED-ligte baai die strak argitektoniese lyne in ’n rooskleurige gloed. Vanuit die sweefplafon fluister die lugversorging geruisloos. Die lokaal is ’n vertoonstuk van weelderige oorvloed.

    Rhyno Weidemann staan aan die donker kant van die vertrek. Hy haal sy fedora af, trek sy vingers deur sy maanhare. Dis hoe dit in die media beskryf word. Sy lyf is ’n aks rysiger as die gewone, sy skouers breed.

    ’n Vrou vang sy aandag vas. Nie beeldskoon nie, maar bekoorlik. Haar heuningblonde hare is vanaand in ’n lae chignon vasgebind. Elegant in swart en met ’n enkele smaraghangertjie wat teen haar hals roer, is daar iets besonders aan haar ongekunsteldheid.

    Terwyl Marlia Heystek van gas tot gas beweeg, gooi sy haar kop agteroor, lag.

    Sy doen wat nodig is.

    Een van VISI se verslaggewers weifel by die vertoonkas van selfverdedigingsringe. Pragstukke in roos- en witgoud, platinum of sterlingsilwer, elk met ’n vyfmillimeter-miniatuurlem onder ’n roosknoppie of pêrel, aan weerskante waarvan twee karbonado’s ingesink is.

    Hoe lank neem dit om die versiering af te skroef om die lem te ontbloot? vra die vrou met die pelsdier-epoulette op die skouer.

    ’n Sekonde, mevrou.

    Marlia Heystek glimlag hier, raak aan ’n skouer daar.

    Twee minute voor jy opgaan, sê sy gedemp toe sy by Weidemann kom.

    Hy haal sy sakdoek uit en vee oor sy voorkop.

    Jy’s senuagtig vanaand.

    Ek kry warm in dié aandpak, dis al.

    Die aankondiger tik twee maal teen die mikrofoon. Dames en here, neem asseblief u plek in.

    Rhyno Weidemann tree na vore. Dis ’n berekende beweging, soos dié van ’n luiperd wat op ’n tak balanseer.

    Gee vir my die sakdoek. Só gaan dit onnet lyk in jou sak.

    Hy hou die sakdoek na Marlia uit. Die roosgloed van die lig laat dit opeens skarlakenrooi vertoon. Sy staar met ongeloof daarna, skud dan haar kop vir haarself.

    ’n Applous volg toe die eerste gaste vir Weidemann opmerk. Hy knik en glimlag, maar dit strek nie verder as sy mondhoeke nie.

    Goeienaand, dames en here, sê hy van agter die podium. Hy haal vyf toespraakkaartjies uit sy binnesak. Sy oë gly oor die elite en die arriviste, die beleggers en die bankiers. Vir ’n sekonde talm dit by sy vrou. Heidi se rooi hare is ’n baken in die see van gesigte.

    Vanaand vier ons my sukses. Dit waarvoor ek my lewe lank geswoeg het, het eindelik vrugte afgewerp.

    Jy’s ’n yster! kom dit uit die gehoor.

    ’n Glimlaggie pluk aan Weidemann se mondhoeke. Dankie, Esra. Veertig jaar se vriendskap lê agter ons. Ons gaan Griekeland toe en dis op my.

    Hoor, hoor! roep die donkerkopman terug.

    Weidemann verstar. Sy blik is vasgenael op die breedgeskouerde man wat in die deur verskyn het. Hy staan uit bo die res. Nie net vanweë sy fisieke voorkoms nie, maar ook omdat hy in informele drag geklee is.

    Ek het die LuxArt Galery vyf jaar gelede gekoop toe Edelsfeer met die Herbst-reeks begin het. Twee jaar gelede het die gedagte by my ontstaan om lewensgetroue wapens in my juweliersware te vergestalt. Nooit het ek kon droom die Waffe-reeks sou soveel sukses behaal nie.

    Meneer Weidemann, die stukke is bykans onbekostigbaar. Beoog u om in die toekoms ’n reeks te skep wat Jan Alleman ook kan bekostig? vra ’n joernalis.

    Die man in die deur draai om en verdwyn in die rigting van die voorportaal. Weidemann se oë agtervolg die lenige figuur.

    U weet almal ek het ’n besondere liefde vir karbonado’s. Eksklusiwiteit was nog altyd sinoniem met die Weidemann-naam. Om goedkoper reekse te skep sal beteken ons moet nagemaakte stene gebruik. Ek kan my nie daarmee vereenselwig nie.

    Ek stem! Ons betaal vir eksklusiwiteit! roep een van die gaste uit.

    Hoekom juis wapens? vra ’n ander verslaggewer.

    As kind het ek net speelgeweertjies en -messe gehad. ’n Knipoog.

    ’n Ruising van laggende stemme trek deur die vertrek.

    Dames en here, laat my toe om ’n heildronk op die reeks in te stel.

    Die gehoor staan op en klink hul glase. Weidemann staan ’n rukkie kop onderstebo. Hy knip sy oë teen die wasigheid.

    Die gaste raak stil.

    U weet almal ek het vyf jaar gelede my broer begrawe. Vanaand dra ek die reeks aan Rian op. Ek moes daar gewees het toe sy lewe so onherroeplik verander is, maar ek het hom in die steek gelaat.

    Dis nie waar nie! Hoe sou jy geweet het?! roep die donkerkopman weer en staan op. Op Rian!

    Op Rian! kom dit in ’n koor.

    Ons gaan nie vanaand hartseer wees nie. Ek’s bly soveel van julle het taxivervoer gereël, want ons gaan feesvier. Eet! Drink! Wees plesierig! Dis wat Rian sou wou hê.

    Die blonde man verskyn vir ’n tweede maal in die deur. Dié keer betree hy die vertrek.

    Geniet die aand, dames en here, sê Weidemann voor hy die verhoog onder dawerende applous verlaat.

    Een van die fotograwe rig sy kamera op die ongenooide gas, wat terugdeins en sy oë skreef teen die helder flits.

    Kaptein Strauss! roep die fotograaf uit. Gee u om?

    1

    DAG EEN

    Woensdag 3 Maart

    Om 07:15 draai Alek Strauss by die FSO se ingang in. Dis ’n siersteen- en betonstruktuur met eenvoudige, strak lyne, vyf verdiepings hoog, die dakontwerp soortgelyk aan dié van die Wuxi-teater in China om ’n voël se vlerke te vergestalt. Op die muur by die ingang is die eenheid se embleem, ’n Lanius collaris-fiskaal, in vlekvrye staal gemonteer. Die woorde Fiskale Spesiale Ondersoekeenheid pryk in swart daaronder.

    Terwyl hy onder die afdakke van versterkte glas parkeer, merk hy die vrou op wat saam met die eenheid se bevelvoerder na die ingang stap.

    Mieke Winterbach.

    Hy het haar die eerste keer ontmoet die dag by die Benjamin Wolff Inrigting toe hy daar was om sy suster te gaan besoek, sy om ’n gevangene te ondervra. Kort tevore het Mabuza hom van haar aanstelling by die FSO verwittig. Vandag word sy formeel aan die spanlede voorgestel.

    Die teensin stoot in hom op. Hy het nog nie eens behoorlik kans gehad om sy vorige spanmaat se dood te verwerk nie. Al het kolonel Malherbe hom bitterlik teleurgestel toe sy aandeel in die moordsindikaat van mensejagters op die lappe kom, kan hy nie die jare sonder meer vergeet toe die kolonel hom oneindig baie van polisieprosedure geleer het nie. André Malherbe het uit die ou Moord-en-Roofseksie van die SAPD gekom waar polisiewerk met trots aangepak is.

    Die absurditeit van die situasie tref hom met tye steeds. Dieselfde man wat sy tweelingsuster as kind aangeneem het, was die meesterbrein agter die sindikaat én ’n hegte vriend van Malherbe. Niel Ehmke het sy delusies op Olivia geprojekteer, met verreikende gevolge: Eindelik het sy hom en vyftien ander in sy sindikaat, insluitend kolonel Malherbe, op dieselfde manier tereggestel as wat hulle gemoor het.

    Sy gedagtegang keer terug na Winterbach. Hy onthou spesifiek haar ferm handdruk, sterk vir ’n vrou. Uit die paar woorde wat hy met haar gewissel het, kon hy agterkom sy is standpuntgedrewe. Hardegat vrouespeurders is die laaste ding waarvoor hy lus het.

    Drie hadidas kom stryk ongrasieus op die grasperk neer om vir wurms te delf. Hy kyk op na die imposante FSO-gebou. Buiten die personeelkantore en ondervragingskamers is daar ’n forensiese laboratorium op die grondvloer. Die aangrensende patologieseksie met lykshuisfasiliteite is onlangs deur Ilse Liebenstein ingerig nadat Mabuza haar ’n voltydse betrekking as forensiese patoloog aangebied het.

    Nóg sielewroeging.

    Ilse – Niel Ehmke se biologiese dogter. Dit gaan nie maklik wees om voltyds saam met haar te werk nie. Sy het hom geskiet, byna sy dood veroorsaak toe hy Olivia in hegtenis wou neem. Hy het nooit vir Ilse aan die kaak gestel nie, want hy was mos gek genoeg om op haar te gaan staan en verlief raak.

    Môre, kaptein, groet ’n FSO-lid in die verbygaan.

    Strauss knikgroet terug. Winterbach se aanstelling was verdomp voortydig. Hy en Vilakazi het nog altyd die voetwerk alleen gedoen.

    * * *

    Brigadier Jack Mabuza sit aan die kop van die tafel. Hy is ’n groot man in sy laat vyftigs. Breed van skouer. Sterk kaaklyn. Ten spyte van die geharde voorkoms omgeef ’n immer kalmte hom. Almal wat hom ken, weet onder die stoïsisme skuil daar ’n vurigheid. Lede verwys nie verniet na hom as die Hangman nie – ’n sinspeling op die fiskaalvoël wat sy prooi teen doringdrade ophang. Toe die Fiskale in opdrag van die destydse president op die been gebring is om die lading van die SAPD te verlig, is Mabuza as bevelvoerder aangewys. Die FSO word bestuur ingevolge die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag, no. 32 van 1998. Die nodige gesag is aan die direktoraat verleen om ernstige prioriteitsmisdaad te ondersoek en arrestasies te doen. Mabuza doen maandeliks verslag aan advokaat Sandile Mbele, die huidige Direkteur van Openbare Vervolging.

    Die raadskamer is keurig ingerig. Leerstoele, mahoniekonferensietafel en weelderige liggrys mat. Teen die een muur is geraamde foto’s van die president, die DOV en ander senior rolspelers in die Nasionale Vervolgingsgesag. Daar is ’n groot skerm en projektors, mikrofone, twee houtkabinette om toerusting te stoor en interaktiewe witborde.

    Mieke Winterbach sit regs van Mabuza.

    Strauss takseer haar. Sy takseer hom.

    Hy neem links van Mabuza plaas. Sy oë gaan vlugtig oor die lede: Andries Vogel en Godfrey Nkoli – die eenheid se IT-deskundiges; sersante Mulalo Legodi, Ivan Rieger, James Scott; konstabel Mandla Mbulawa. Luitenant Wilson Titus, die eenheid se forensiese deskundige en bloedspatselanalis, sit langs Mbulawa en adjudantoffisier Anele Vilakazi langs Titus. Elkeen besonders op sy of haar manier, met die hand uitgesoek om lid te wees van die elite-misdaadeenheid in die land.

    Mabuza open die vergadering, daarna doen sy blik die rondte om die tafel. Hy verwys bondig na Ilse Liebenstein wat vroeg in Februarie by hulle aangesluit het en noem dat die lykshuisfasiliteite sake aansienlik vergemaklik. Verder lig hy die spanlede in dat advokaat Mbele die aanstelling van ’n voltydse vlieënier goedgekeur het. Kaptein Leo Reitsma het hom onderskei in sy veld. Hy is een van die bestes, sê hy.

    Strauss frons. Dis onverwags, brigadier.

    Tot eergister was ek nog self in die war, kaptein. Mbele het my twee dae gelede eers verwittig. Ek het nie gedink hy sal vier aanstellings vir hierdie finansiële jaar goedkeur nie.

    Ek stem volkome saam met Reitsma se aanstelling. Dis hoog tyd. Ons is die elite-eenheid, maar ons maak al jare van SAPD-lugvervoer gebruik. Ek het net een bekommernis: Wat maak hy in die tye wanneer hy nie vlieg nie?

    Hy gaan negentig persent van die dag in die helikopter wees om lugobservasies te doen. Wanneer ons hom nodig het, sal hy naby genoeg wees.

    Ons het juis gewonder oor die Robinson in die buitegebou, sê Vilakazi. Sy is lank, met hoë wangbene en amandelvormige oë. Strauss ken haar moontlik die beste van almal om die tafel. Haar meganismes om die ongenaakbaarheid van die beroep te hanteer, is waarskynlik beter as enigiemand anders s’n in die vergadering. Hy het haar al op menige moordtoneel ’n traan sien wegpink, veral as die slagoffer ’n vrou of ’n kind was. Nogtans kom Vilakazi tydens wapen- en staminatoetsings bo uit.

    Een van ons privaat donateurs het die helikopter geskenk. Ek glo dit was ook deurslaggewend in Reitsma se aanstelling, sê Mabuza.

    Daar is onderlinge akkoord.

    Hy vleg sy vingers op die tafelblad. Kollegas, ek het besluit om nie in dié stadium kolonel Malherbe se pos te vul nie.

    Wie gaan direct order oorneem? vra Titus. Hy is van middelmatige lengte met ’n glimmende haselneutbruin kop, hoekige gesig en indringende bruin oë. As hoof van die forensiese afdeling is die hiërargie vir hom belangrik omdat sy personeel gereeld aan topbestuur terugrapporteer.

    Kaptein Strauss sal die leisels neem. Mabuza se oë draai na Strauss. Julle almal weet hoe hoog ek hom ag. As direkte bevelvoerder het hy hom al meermalig bewys.

    Agreed, brigadier. Malherbe het in any case die laaste tyd alles na hom gedelegate, sê Titus.

    Mabuza knik in ooreenstemming. Die meeste van julle werk tans sestien uur per dag. Ek het dus besluit om eerder nog ’n offisier aan te stel wat fisiese voetwerk kan doen. Sy blik verskuif na Winterbach. Luitenant Winterbach, welkom by die eenheid. Ek twyfel nie dat jou aanstelling ons tot voordeel sal strek nie.

    Dankie, brigadier, sê sy met ’n selfversekerde kopknik. Die ysblou oë vertoef by elkeen om die tafel, maar bly langer by Strauss. Ek wil graag ’n positiewe verskil maak.

    Strauss betrag die kortgeknipte swart hare, fyn gelaatstrekke. Hy wonder in watter mate dié vrou werklik ’n verskil in die eenheid kan maak.

    Mabuza se selfoon vibreer op die tafel. Hy kyk na die skerm, wys vir Strauss hy gaan die oproep buite neem. Die lede om die tafel koukus nog vir ’n paar minute oor die verwikkelinge, vra Winterbach uit oor haar loopbaan by die SAPD. Strauss staan op en loop na die koffiemasjien. Hy kyk tersluiks na haar. Sy lyk ietwat stram.

    Mabuza kom terug. Sy gesig vertrek van intense spanning. Kollegas, ons sal die vergadering moet kortknip. Ek het so pas ontstellende nuus verneem. Die geskende liggaam van ’n vrou is deur ’n hawelose in die verlate Villa-winkelsentrum gevind. Dis binne ons jurisdiksie. Kolonel Mthethwa van Garsfontein het bevestig die SAPD het die toneel afgekamp. Hulle sal daar bly tot ons arriveer.

    Strauss staan op, dan Titus, en daarna die res. IT sal solank die drones uitstuur, brigadier. Ons ry dadelik.

    Mabuza vee met sy duim en voorvinger oor sy oë. Sy blik dwaal grond toe. My vrou is op pad hierheen, ek gaan dus agterbly. Ek is jammer, kollegas, sy stem breek, dis advokaat Lynn Rawlins.

    Die Fiskale kyk vraend na hom. Hy sien hulle begryp nie sy ontsteltenis nie.

    Lynn was ’n geliefde vriendin van my en Nolwazi.

    2

    Advokaat Lynn Rawlins se oë is bloedbelope en selfs só, gestroop van alle lewe, lyk sy vreesbevange. Sy lê op haar rug, met haar voete in ’n coupé-posisie soos ’n ballerina – een been gebuig by die knie, voet wat na binne punt. Die regterarm onder die lyf ingevou.

    Die lug in die bouval is verstikkend. Asof die donkerte die suurstof verswelg. Ná etlike maande se bouwerk aan die Villa-winkelsentrum is konstruksie jare gelede gestaak toe die beleggingskema in duie gestort het. Sedertdien staan dit nog net so. ’n Skeletagtige beton-en-staalstruktuur wat alles in die omgewing verdwerg en ’n hele blok op die hoek van Delmasweg en De Villebois Mareuilrylaan opneem.

    Strauss en Titus staan met neergeslane oë. Al twee in taktiese drag – swart cargobroek, stewels en T-hemp met die wit FSO-embleem op die bors. Z88 onder die linkerarm. Hulle stewels is met ’n dik laag stof bedek.

    Die lewerrooi kleur van die sklera is van die bloedvate onder die oppervlak wat gebars het, verklaar Ilse die kondisie van die oë. Sy is verwurg, larinks vergruis en hioïed gebreek. Sy verskuif die straal van die Maglite na die mond. Die tong is verwyder nadat die slagoffer dood is. Minimale bloeding teenwoordig.

    Strauss kyk op na die sierskrif teen die muur. Elke letter is kunstig met ’n kwas geverf. Sprich nichts Böses! lees hy hardop.

    Dit lyk soos bloed, maar dit kan verf ook wees, Captain.

    My Matriekduits is verroes, maar ek weet dit beteken ‘Speak no evil’, sê Winterbach.

    Haal die juwele af, asseblief, versoek Strauss die forensiese assistent wat van die los gruis op glaspapier skraap.

    Elisa Gerritsen kom nader. Sy is jonk, skaars drie-en-twintig, ’n oop gesig met egalige karamelvel en koperbruin vlegsel wat laag in haar nek vasgemaak is. Sy verwyder die veeroorringe en diamanttrouring en plaas dit in ’n bewyssakkie.

    Die motief was beslis nie roof nie, sê Strauss. Dis ’n knewel van ’n diamant daai.

    Die swart opaalstene in die vere is net so waardevol. As die motief roof was, sou hy dit beslis gevat het, sê Ilse.

    Winterbach swaai haar flitslig oor die area. Dit lyk of hy die liggaam doelbewus hier kom los het.

    Dit was waarskynlik net makliker hier.

    Ek kan aan geriefliker plekke dink om ’n liggaam te los, kaptein. Haweloses beweeg heeltyd hier rond. Hy moes geweet het iemand gaan haar vind. Daarby is dit moeilik om oor die bourommel te beweeg.

    Strauss knik. Jy’t ’n punt beet, luitenant. Sover ek weet, bly en werk sy in Bryanston. Hy’t haar waarskynlik daar oorrompel en hierheen gebring.

    Nadiya Patel, die eenheid se forensiese sielkundige, staan nader; donkerblou langbroekpak, wit bloes, skouerlengte swart hare. Haar blik gaan oor die toneel, verskuif dan na die slagoffer. Luitenant Winterbach is reg. Hy wou ’n stelling maak deur die liggaam hier te kom laat.

    Maa watse statement kan hy daardeur maak, dok? vra Titus.

    Die oortreder is die georganiseerde tipe. Ek lei dit af uit die wyse waarop hy moor. Georganiseerde moordenaars is bedrywig op drie plekke: die toneel waar hulle die slagoffer ontmoet het, die primêre moordtoneel, en daar waar hulle die liggaam los. Hierdie gebou het ’n spesifieke betekenis in sy lewe.

    En die skrif teen die muur? vra Strauss.

    Ek vermoed dit het betrekking op die slagoffer, antwoord Patel. Daarmee wil hy óók iets sê. Nie net aan die polisie nie, maar aan die media. Dis die tipe detail waarop joernaliste inzoem en hy weet dit. Hy is waarskynlik Duitssprekend, maar dit kan ook wees dat die woorde in Duits is omdat dit iets met sy motief te doen het.

    Of om ons op ’n dwaalspoor te bring, sê Strauss. Iemand wat ons wil laat glo hy’s Duits.

    Verstaan ek jou reg, dok? Jy meen die perpetrator wil hê iemand wat hom rede gegee het om te moor, moet weet wat hy hier geskryf het?

    Ja, luitenant Titus, maar in dié stadium is dit net ’n afleiding.

    Haar ID en haar beursie was nog in haar handsak. Dis vol note, sê Titus.

    Strauss frons. Waar het julle die handsak gekry?

    Die SAPD het dit op die grondvloer opgetel.

    Dit was doelbewus. Hy wil hê ons moet weet die motief is nie roof nie. Dis waarskynlik ook nie seksueel van aard nie. Al haar klere is nog aan haar lyf, sê Strauss.

    Ek kon geen semen of enige ander liggaamsvloeistof op die liggaam onder die swartlig opspoor nie, maar ek sal eers ná die volledige post mortem seker wees as die rektale en vaginale deppers ontleed is. Ons hét al verkragtingslagoffers gehad waar die klere weer ná die tyd aangetrek is, kaptein, sê Ilse.

    Terwyl sy praat, gaan Strauss se oë oor die donker hare en die sensuele mond. Tog altyd só fokken professioneel. As die ander maar weet sy was die een wat hom geskiet het. Ek weet, dokter. Die Odette Boyce-saak.

    Winterbach kyk na Titus. Een van die slagoffer se skoene is weg.

    Die span het die scene gescrutinise, maar daar’s nog plekke waar dit te donker is, sê hy.

    Strauss skud sy kop grimmig. Dis die tweede maal wat die beligtingspan ry sonder toestemming. Hy haal sy selfoon uit en bel vir Vilakazi wat op die grondvloer na bewysstukke soek. Is Nkoli en Vogel nog by jou, adjudant?

    Ja, hulle is besig met die drones, kaptein.

    Iets van belang gevind?

    Bandspore en merke wat lyk soos ’n liggaam wat neergesit en gesleep is, toe weer opgetel is. Die rommel moes verhoed het dat hy haar verder sleep. Ek wonder net hoekom wou hy eerste vloer toe.

    Hy’t ’n gesegde in Duits teen die muur geverf, sê Strauss. Ek vermoed hy wou sy ritueel uitvoer sonder om gesien te word.

    Of keer dat rondloperhonde by die liggaam uitkom.

    Dit ook, ja. Ek stuur Forensies af om ’n afdruk van die bandspore te neem. Stuur die een drone op. Dis pik-fokken-donker hier binne.

    Hy loop terug na die spanlede. Hul koppe is geboë, oë wat heen en weer oor die grond beweeg. Die drone kom nou boontoe, sê hy vir Rieger. Ek wil hê julle moet al die vloere fynkam vir die slagoffer se ander skoen. Gaan ondervra ook die huisbewoners in die Green Leaves-kompleks oorkant die pad. Vind uit of iemand in die oggendure iets verdags opgemerk het.

    Ivan Rieger is in sy vroeë twintigs. Gespierd, nagenoeg 1,9 meter lank. Grys oë en rooibruin hare. Hy knik. Reg, kaptein.

    Strauss merk die entoesiasme in die fier skouers toe hy wegstap. Rieger is skaars ’n jaar by die eenheid, maar hy kan reeds die potensiaal in die jong sersant sien. En kyk in godsnaam waar julle loop! Ek soek nie spanlede met gebreekte rûe nie! roep hy agterna.

    Die plek is structurally sound, Captain. Titus kniel met sy kop teen ’n hoek van vyf-en-veertig grade om na variasies op die oppervlak te soek.

    Luitenant, as een van hulle deur ’n vloer bliksem, is dit weer my skuld. Stuur sommer jou mense grondvloer toe ook. Vilakazi het bandmerke daar gekry.

    Ilse manipuleer die slagoffer se knieë en gewrigte. Rigor mortis is nog net in die ooglede, laer kaak, nek en bolyf sigbaar. Dit sal die hele liggaam eers ná tien ure bereik.

    Tyd van dood? vra Strauss.

    Volgens lewertemperatuur ongeveer 03:00 vanoggend.

    Strauss betrag die nek wat soos ’n blomsteel geknak is. Hy het Lynn Rawlins nooit ontmoet nie, net in die media van haar gelees. Sy was relatief jonk, middelveertigs. ’n Vurige stryder vir geregtigheid. In dertien jaar het hy onmenslike boosheid aanskou. Onthoofdes. Gemarteldes. Ontbindes. ’n Mens leer met die brutaliteit saamleef, maar jy vergeet nooit die gesigsuitdrukking nie. Al die slagoffers wat verwurging oorleef het, beskryf die laaste oomblikke voor bewusteloosheid intree dieselfde:

    Ek kon nie asem kry nie.

    Daar was ’n tonnel.

    Alles was wit en swart.

    Ek het opgegooi, myself bevuil.

    Hy sug innerlik. Hemel weet, Rawlins was so ’n statige vrou. Advokate het altyd vyande, maar hoekom het sy hiér beland? En op só ’n manier.

    Haar gewrigte was met maskeerband vasgebind. ’n Strook armhare is uitgepluk, die gomresidu is sigbaar, sê Ilse wat die linkerpols met ’n vergrootglas bestudeer. Sy kyk op na Strauss. Help my om haar te lig, asseblief.

    Strauss sak op sy hurke, vat die regterbobeen en skouer vas sodat sy die arm onder die lyf kan uithaal.

    Die spanlede kyk met afgryse na die verminkte arm waarvan die hand by die pols geamputeer is. Minimale bloeding teenwoordig. Dié amputasie het ook plaasgevind ná die slagoffer reeds dood was.

    Ons moet direk hierna na die Rawlins-huis toe gaan. Julle moet Bluestar spuit en kyk of daar enige bloed is, sê Strauss vir Titus.

    Dis vriende van die brigadier, Captain. Ons moet dalk eers wag.

    Ek sal Mabuza bel en sê ons gaan. Daar kan in ’n paar uur van baie bewysstukke ontslae geraak word. Die slagoffer se man is eerste onder verdenking.

    Die amputasie by die gewrigsbeen is besonder netjies uitgevoer. Die skuldige het dit waarskynlik met ’n mediese saag en skalpel gedoen, sê Ilse.

    Dit kan ’n vrou ook wees, dokter.

    Ek twyfel, kaptein. Dis redelik moeilik om ’n dooie gewig uit ’n kattebak te lig en ’n verdieping op te dra. Sy is nie ’n klein vrou nie.

    Jy’t dieselfde gesê met die Woestynroos-moorde. Olivia is klein en sy’t geen probleem gehad om volgroeide slagoffers te verskuif nie.

    Ilse gee hom ’n moorddadige kyk, uitdagend kwaad. Kaptein Strauss, hierdie oortreder het besonder groot hande. Die vingermerke lê na agter, daar’s duidelike duimmerke op die tragea. Die hioïed wat gebreek is, sê vir my hy was geweldig sterk.

    Strauss hoor die aangeplakte saaklikheid om haar ergernis te verbloem. Hy wil nog iets byvoeg, maar hy hou hom in.

    Is die vel stukkend hier, dokter? vra Winterbach en wys na die bloedmerke aan die keel.

    Dis defensiewe beserings. Ek vermoed dit was met haar eie vingernaels soos sy probeer het om sy hande van haar nek af te kry.

    Strauss se blik talm op Ilse se hande. Dit kon net sowel sy gewees het wat die amputasies uitgevoer het. Hy het gesien hoe bedrewe sy met ’n skalpel is.

    Wat ’n absurde gedagte, besef hy. Die skietery het sy brein deurmekaargekrap. Ilse het geen rede om Lynn Rawlins te vermoor nie.

    Chief, die drones het die hele gebou deursoek. Die skoen is nêrens nie, sê Nkoli agter hom. Hy is vyf-en-twintig jaar oud, klein van postuur en maer soos ’n riet, maar met nuuskierige oë wat alles ontleed. Die Nano SF890 Kolibrie wat nes ’n suikerbekkie lyk en beweeg, hang bo hom en werp ’n blou lig oor sy skraal gesig.

    Vogel kom ook by die trappe op. Hy beheer die Cancroid wat op sy beurt ’n futuristiese skaaldier vergestalt. Beide hommeltuie is toegerus met ’n internetkonneksie wat lede in staat stel om alles wat die kameras opneem op hul fone te sien.

    Die Fiskale knip hul oë teen die skerp lig van die toestelle. Soos elke dag die afgelope drie jaar lyk dit of Vogel dae laas ’n kam deur sy stofbruin boskasie getrek het. Hy skuif sy swartraambril reg. Ons sal weer deur die footage gaan as ons op kantoor kom, kaptein.

    Hoekom kom julle nou eers hier aan? Dokter Liebenstein is al klaar.

    Sorry, Chief, ons het gesukkel met die internetkonneksie. Ons raak die outjies nog gewoond, maak Nkoli verskoning.

    Ek wil dit nie hoor nie. Sorteer dit uit. Is die foto’s minstens geneem?

    Ja, Chief. Dis gedoen voor julle hier aangekom het. Die fotografiespan het ook foto’s geneem. Nanette en Christian sal dit vandag nog vir jou e-mail.

    Ilse bind ’n sak om die linkerhand en regterpols om moontlike DNS-bewyse te bewaar. Dan trek sy die vleeskleurige latekshandskoene af en staan op.

    Die ambulansmense is hier, sê Vilakazi wat ook by hulle aangesluit het. Haar gesig is somber oor die verlies van nóg ’n vrou se lewe.

    Die vier mense by Vilakazi maneuvreer die liggaam in ’n bruin lyksak in en rits dit toe. Dan verplaas hulle dit na die draagbaar. Die res van die spanlede loop saam met hulle ondertoe.

    Strauss wag tot almal weg is, dan draai hy na Ilse. Ek’s jammer oor my aanmerking. Dis nie die tyd en plek nie.

    Jy plaas my in ’n moeilike posisie, Alek. En dit voor die res van die span. Gelukkig weet ek waaroor dit eintlik gaan.

    Sy gesig versober. "Ek sê mos

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1