Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Hans bars die bioborrel
Hans bars die bioborrel
Hans bars die bioborrel
Ebook211 pages4 hours

Hans bars die bioborrel

Rating: 5 out of 5 stars

5/5

()

Read preview

About this ebook

Huis Madeliefie word deur die staat se vlak 5-inperking in die gesig gestaar. Hans besef teen dié virus groei geen kruid nie, maar die drakoniese reëls van die tehuis se interne bevelsraad kry nie vatplek by Hans en kie nie. Voorts is Hans oor die hoof gesien as leier van dié raad. Altoon Ahlers, befaamde akteur van weleer, neem die leisels. Hans se plan om die inwoners met die verbode vrug se sap aan sy kant te kry, boemerang sleg. Hy sal Ahlers op ’n ander manier moet onttroon . . .
LanguageAfrikaans
PublisherQueillerie
Release dateSep 26, 2021
ISBN9780795802430
Hans bars die bioborrel
Author

Rudie van Rensburg

Rudie van Rensburg woon in Kaapstad en het al vyf uiters gewilde spanningsverhale geskryf: Slagyster, Kopskoot, Judaskus, Pirana en Kamikaze. Hy was ook samesteller van die misdaadverhalebundel Op die spoor van en het ’n besige 2017 afgesluit met die baie suksesvolle komiese roman Hans steek die Rubicon oor.

Read more from Rudie Van Rensburg

Related to Hans bars die bioborrel

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Hans bars die bioborrel

Rating: 5 out of 5 stars
5/5

1 rating0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Hans bars die bioborrel - Rudie van Rensburg

    9780624089810_FC

    RUDIE VAN RENSBURG

    Hans bars die bioborrel

    Queillerie

    Die Covid-19-pandemie het wêreldwyd ongekende lewensverlies en werkloosheid meegebring. Ook vir Suid-Afrikaners was dit ’n tyd van beproewing en hartseer. Dié boek fokus op die soort oomblikke wat dit vir Suid-Afrikaners draagliker gemaak het.

    1

    My fellow South Africans, sê die president terwyl al die inwoners van Huis Madeliefie se oë stip op die grootskerm-TV gerig is.

    Almal luister in stilte. ’n Mens kan ’n speld in die onthaalsaal hoor val, dink Hans. Dié boodskap van die staatshoof is nie benede iemand se aandag nie. Dit gaan elke faset van hulle lewens raak, besef hy. En dit klink nie of daar teen hierdie virus enige kruid groei nie.

    Die president begin om die maatreëls van die vlak 5-inperking wat van oormôre af geld, punt vir punt uit te spel.

    By my siel! verbreek Vasie skril langs Hans die gewyde stilte toe ’n verbod op die verkoop van sterk drank aangekondig word. ’n Paar knolle kyk om en gluur Vasie aan. Kyk voor julle, die welsyn sal agter julle kyk, snou hy hulle toe.

    Stilte, asseblief, kom dit streng van Hoffman, voorsitter van die beheerraad.

    Vasie mompel iets wat vir Hans na sterk gekruide taal klink.

    ’n Verbod op die verkoop van tabakprodukte ontlok ’n lang, swaarmoedige sug by Skoorsteen Pelser, die enigste roker in die tehuis. Ook hy kry vuil kyke van die pruimkommando.

    Toe die president sy boodskap afsluit, is daar ’n Babelse verwarring. Almal praat gelyktydig.

    Senter Venter, befaamde oud-rugbyspeler en die nuwe ondervoorsitter van die beheerraad, kom orent en swaai sy arms soos ’n tenteprediker rond. Orde, orde! bulder hy.

    Die gepeupel kom tot bedaring. Almal het groot respek vir Senter, sy dartellopies teen die Leeus van 1968 nog lank nie vergete nie.

    Gee asseblief ons voorsitter kans om af te skop, sê hy.

    Hoffman staan in paaiemente met sy lang gestalte uit die stoel op. Hy wikkel eers sy verrimpelde neusie, wat Hans altyd aan ’n pruimedant herinner. Geagte inwoners van Huis Madeliefie, sê hy en bly momenteel stil vir effek, hierdie virus gaan niemand ontsien nie. Maar soos julle self nou van ons staatshoof gehoor het, is dit veral die bejaardes wat in die voorste linie van gevaar staan.

    Hy kug en swaai sy wysvinger dramaties. Daarom sal Huis Madeliefie sy eie noodmaatreëls instel. Van nou af sal julle agter geslote deure moet bly. Julle sal in ’n vakuum moet leef om julle van die buitewêreld af te sny.

    Sê ek vir myselwers dit geld seker eers van oormôre af, wanneer vlak 5 inskop, onderbreek Vasie hom. Gee ons darem nog tyd om vanaand ’n knerts in ’n kroeg te gaan maak en môre voorraad aan te koop, fluister hy vir Hans in dieselfde asemteug.

    Hoffman kyk hom uit die hoogte aan. Nee, Vasie, die virus het nie ’n tydsraamwerk nie. Die vabond is nóú al hier in die Wes-Kaap bedrywig. Van hierdie oomblik af is die tehuis agter slot en grendel. Dis ’n gedagte wat maar by jou sal moet deursuur.

    Vasie begin om kapsie aan te teken, maar Senter maak hom met ’n handgebaar stil. Kom nou, Vasie, gee die voorsitter kans om sy verdedigingsplan te verduidelik.

    Gaan tackle ’n Leeu of ’n All Black, man, brom Vasie.

    Hans is ook ontsteld oor die voorsitter se ongenaakbare houding. Sy stelling dat hulle van nou af agter slot en grendel is, gee hom ’n gevoel van déjà-vu. Matrone Van Dussen se skrikbewind van ’n paar jaar gelede is nog vars in sy geheue.

    Hoffman gee weer een van sy belangrike kuggies en vryf vlugtig oor sy pruimedant. Julle word versoek om ná afloop van hierdie verrigtinge na julle kamers te gaan en vanaand nog lysies op te stel van persoonlike items soos tandepasta, sjampoe en so meer wat julle in dié tydperk nodig sal hê. Ons het reeds ’n span van buite gereed om môre hierdie aankope namens inwoners te doen.

    Hy beduie na Senter. Ons ondervoorsitter sal nou die ander reëlings uitstippel.

    Voor hy tot aksie oorgaan, doen Senter eers vinnig ’n paar strekoefeninge, ’n gewoonte wat hy nie sedert sy rugbydae kon afleer nie.

    Geagte inwoners, sedert Hans van Kraaienburg uit die beheerraad bedank het, is nie een van die huidige lede meer inwoners van die tehuis nie.

    Dit was ’n helse fout om te bedank, Hans, fluister Vasie.

    Hans weet Vasie is reg. Hy sou Hoffman van sy ongenaakbaarheid kon laat afsien het. Maar aan die begin van die jaar, met die verkiesing van die nuwe beheerraad, het hy gevoel hy verdien op drie-en-negentig ’n blaaskans. Buitendien kon hy dinge in die tehuis steeds na sy goeddunke manipuleer met dié dat die hoof, Breker van Eck, uit sy hand eet.

    Senter voer ’n denkbeeldige skêrbeweging uit voor hy voortgaan. Die beheerraad sal dus nie van buite af regulasies en reëls kan bepaal nie. Breker van Eck is ook nie ’n inwoner nie. Daarom sal ons vanaand nog tydens ’n kort noodvergadering iemand uit julle geledere aanwys om aan die hoof te staan van die interne bevelsraad. Dié persoon sal die ander raadslede self aanwys en julle môreoggend ná ontbyt hier in die onthaalsaal toespreek.

    Hy beduie met ’n gesinchroniseerde hand- en voetbeweging wat ’n skepskop naboots, dat hulle kan verdaag.

    Met die uitloop glimlag Vasie breed. Hy gee Hans ’n kloppie op die skouer. Sê ek vir myselwers gelukkig gaan hulle jou vra om in beheer van die bevelsraad te staan. Jy is tog hoog in aansien onder die raadslede.

    Hans knik. Hy het ook ’n vermoede dat hy die leisels sal moet vat. En die aanwysing van ander bevelsraadslede sal maklik wees. Hy sal terugval op sy versetkabinet wat destyds die onderdrukkende Van Dussen-regime tot ’n val gebring het: Vasie, Liesbet, Maatjie en Professor. Ongelukkig is Baby en Jan Doppies, twee ander steunpilare tydens die Van Dussen-beleg, nou in die versorgingseenheid en sal hulle nie ’n bydrae kan lewer nie.

    Vasie stap saam met hom na sy kamer toe.

    Ons sal nou lysies moet maak, Hans. ’n Mens weet nie hoe lank hierdie plaag gaan duur nie. My voorgevoel is dat twaalf bottels jenewer my darem redelik ver in die jaar sal vat.

    Hans is dit eens met Vasie en besluit dat hy self in ’n dosyn Johnnie Walkers sal belê. ’n Steek op tyd spaar nege uit.

    Hy skeur ’n velletjie papier uit sy notaboek en oorhandig dit saam met ’n ekstra gholfpotloodjie aan Vasie. Kom, laat ons te werk gaan met daai lysies.

    In stilte skryf hulle ander noodsaaklike items neer, maar Hans sukkel om te konsentreer. Hy verwag elke oomblik om ontbied te word na die lokaal waar die beheerraad vergader. As hoof van die nuwe bevelsraad sal hy ’n meer gematigde houding as daardie ou droë bokkom van ’n Hoffman inneem. Huis Madeliefie mag nooit sy status as plesiervesting inboet nie. Hans het te lank geswoeg om dit ’n werklikheid te maak.

    Albei kyk op toe die kamerdeur oopgaan. Maatjie bly daar staan terwyl hy een van sy massiewe ore masseer.

    Dit het my pas ter ore gekom wie die bevelsraad gaan lei. Die nuus het al soos ’n grasbrand hier in die gang versprei, sê hy.

    Vasie glimlag breed. Daar’s hy, Hans, ek het jou mos gesê jy is bestem vir hoër louere.

    Nee … dit is … nie Hans nie, stamel Maatjie verleë.

    Vasie suig sy wange verontwaardig in en sy oë slaan oorkruis. Nie Hans nie?!

    Nee.

    Nou wie dan?

    Altoon Ahlers.

    Wat! roep Vasie uit. Daai vent met die geswolle hoof wat eers verlede maand sy intrek hier geneem het?

    Einste hy, beaam Maatjie.

    Wat weet hy van Huis Madeliefie se kultuur af? Hy is boonop ’n bogsnuiter van tagtig, tier Vasie voort.

    Ahlers is aan my onbekend. Ek het my oë net op ’n afstand vlugtig op hom gelê, sê Hans in ’n skor stem. Hy moet toegee dat dié nuus dat hy nie as die aangewese man vir die taak beskou is nie, hom effe oorstuur gelaat het.

    Vasie snork. Ahlers was glo op sy dae ’n bekende akteur. Liesbet het my vertel hoe die vroue hier oor hom swymel. Maar as jy my vra, is hy net ’n broek vol wind.

    Maatjie trek sy aapgesiggie op ’n plooi en knik geesdriftig. Ek sekondeer. Dit was ook my indruk van hom.

    Hans hou ’n hand omhoog om die gemoedere te kalmeer. Ons sal dit maar moet aanvaar, manne. In hierdie krisistyd kan ons nie nog tweespalt in die tehuis ook bekostig nie, sê hy sonder enige geesdrif of oortuiging.

    2

    Hans het nie goed geslaap nie. In die donkerte van die nag het dit gevoel of hy deur die smeltkroes gaan. Wanneer hy wel ingesluimer het, het slegte drome hom rondomtalie in die bed laat draai.

    Sy gedagtes wou eenvoudig nie die feit los dat hy deur die beheerraad oorboord gegooi is nie. Tot onlangs toe was hy nog die gesalfde, nadat hy driemiljoen rand uit Grond Graaff-water gewurg het om die Huis Madeliefie-murasie tot sy fleurige voorkoms van weleer te herstel. Toe kon hulle nie ophou om sy voete te soen nie.

    Nou het die raad sy ware gedaante openbaar. ’n Klomp gatomswaaiers wat hom op die ashoop gewerp het deur sy leierseienskappe so te minag. En om dan nogal ’n inkommer sonder enige rekord van uitnemende bestuursvaardighede bo hom te verkies.

    Dit is soos om deur jou eie honde gebyt te word.

    Nou kom, laat ons gaan hoor wat sê Kirk Douglas als, onderbreek Vasie sy gedagtes.

    Hulle staan op van die tafel, waar ontbyt tot brood beperk was omdat die kombuispersoneel as potensiële draers van die virus tydelik afgelê is. Vasie het sy kop in afgryse geskud: Sê ek vir myselwers skeurbuik is ons voorland.

    Hans stap met lood in sy skoene saam met Vasie na die onthaalsaal. Hy’t nie lus vir hierdie storie nie.

    In die gang voor die lokaal se ingang staan ’n groot kartondoos. Op ’n plakkaat teen die muur word inwoners versoek om hulle lysies daarin te plaas. Maak seker jou naam en kamernommer is duidelik op jou lysie aangebring, staan in rooi letters geskryf. Hans en Vasie gooi hulle velletjies papier in.

    Hopelik lewer hulle al vanaand ons drank af. Dis al wat hierdie tydperk van inhokking draaglik gaan maak, brom Vasie.

    Die onthaalsaal is reeds vol, maar hulle kry darem twee oop stoele in die voorste ry. Daar is ’n verhogie aangebring waarop ’n staanmikrofoon pryk, maar van die Groot Akteur is daar nog geen teken nie.

    Tot hulle verbasing gaan die stoorkamerdeur teen die voorste muur oop en kom Senter Venter uitgedartel. Hulle het dan verstaan geen beheerraadslid sou vanoggend meer hier teenwoordig wees nie.

    Op pad na die verhogie voer Senter ’n paar systappe en aftrappe uit, soortgelyk aan dié waarmee hy die Leeus van 1968 na lug laat gryp het. Hy ontvang ’n ligte applous.

    Hy gryp die staanmikrofoon verbete aan die nek. Julle is seker verras om my vanoggend hier te sien, maar die beheerraad het gevoel een van ons moet in julle teenwoordigheid die bal amptelik aangee vir die leier van die bevelsraad. Dit was maklik om die regte kaptein van hierdie taak te kies. As iemand met verskeie familielede en mediese vriende in Europa en Amerika, waar die virus reeds sy kloue ingeslaan het, het hy eerstehandse kennis daarvan. En sy rekord as orator van formaat het die finale deurslag gegee.

    Senter swaai sy regterarm na die stoorkamer se oop deur. Ek onthul graag julle nuwe leier. Hy maak of hy ’n bal bo sy kop vashou en skree ten hemele, asof hy ’n lynstaanteken roep: Covid-19!

    Ahlers kom uitgestap.

    Senter gooi vir hom die denkbeeldige bal. Dames en here, verwelkom Altoon Ahlers, spankaptein van die bevelsraad wat die wendrie teen die korona-gogga gaan druk!

    Die applous is oorverdowend. ’n Paar vroue gil en van die mans fluit geesdriftig. Senter begroet Ahlers met ’n gulhartige rugbyomhelsing op die verhogie.

    Hans moet teësinnig toegee dat die kêrel indrukwekkend daar uitsien. Hy is aantreklik, lank, breedgeskouerd en bruingebrand, met ’n silwergrys vag wat op tagtig geen teken van haarverlies toon nie. Sy blink snyerspak en swierige strikdas laat hom soos ’n welvarende sakeman lyk.

    Sê ek vir myselwers hy is so glad soos ’n aal, fluister Vasie.

    Ahlers gaan staan agter die mikrofoon en flits ’n stel skitterwit tande.

    Hans hoor hoe een van die vroue agter hom sê: Altoon is nog in die somer van sy lewe, nè? Kyk net daardie pragtige gebit.

    Ahlers verstel die mikrofoon se hoogte voor hy praat. My liewe mede-inwoners van Huis Madeliefie, sê hy in ’n melodieuse baritonstem wat ’n paar vroue hoorbaar na hulle asems laat snak, voor ek aandag skenk aan die reëls wat voortaan gaan geld, wil ek graag my medespanlede aan julle bekend stel.

    Hy tuur dramaties na die plafon, wat ’n paar mense in die gehoor ook laat opkyk. "Toe ek in 1960 my debuut as bloedjong akteur in Oupa en die plaasnooientjie saam met Frederik Burgers gemaak het, het ek een waardevolle les geleer: Omring jou met net die beste en jy sal sukses behaal. Daardie rolprent was ’n ongekende lokettreffer. Hy gee ’n laggie. Ek onthou nog hoe hulle by die première in die Alhambra in Kaapstad ekstra stoele moes indra."

    Spontane applous bars los.

    Hulle bou klaar altare vir hom, fluister Vasie vies toe almal tot bedaring kom.

    Daarom, gaan Ahlers voort, gaan ek my nou ook met net die beste omring. Die eerste twee lede wat ek wil bekend stel, sal in hierdie grendeltyd in beheer van die kombuis wees.

    Kwarantynkos-een-twee! skree Senter Venter die lynstaanroep.

    Nella Vos en Ousus Veenstra kom uit die stoorkamer gestap.

    Ollie le Roux en Os du Randt, mompel Hans.

    Die twee swaargewigte kom waggelend na die verhogie toe aan, terwyl vloerplanke onheilspellend onder hulle gesamentlike massa kraak.

    Dan die derde spanlid, wat in beheer van persoonlike higiëne sal wees, sê Ahlers.

    Handreiniger-drie! skree Senter.

    Voëltjie Trollip kom ligvoets uitgetrippel. Die enkele haar op sy kop, wat weer uitgegroei het ná verlede jaar se ongelukkige brandvoorval in sy kamer, wieg oudergewoonte soos ’n lugdraad heen en weer.

    Laaste, maar nie die minste nie, die twee manne wat verantwoordelik sal wees vir onderskeidelik dissipline en polisiëring, sê Ahlers.

    Bheki Cele-vier-vyf! laat Senter van hom hoor.

    Hans trek sy asem skerp in toe Vlam Vermaak en Melktand Moolman hulle verskyning maak. Dis twee kêrels wat hy nog nooit voor sy oë kon verdra nie.

    Vlam kom kiertsregop ingemarsjeer, maar moet sy

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1