Vir seker sal hulle dink dit was een of ander ruimteeksperiment, want naby die deur sit ’n vrou met ’n perserige rubberkeps oor haar kop waaruit stringetjies hare soos ’n fontein spuit. Langs haar hang sulke snaakse foeliepakkies tussen iemand anders se hare uit, en dieper in sit ’n paar mense onder droërs wat baie soos elektrodebelaaide kokonne lyk – tonele so reg uit ’n Nasa-laboratorium.
Net daar oorval ’n groot nostalgie my na die dae toe my ma nog omtrent onder die arm en ’n vasberade trek om haar mond. Saterdagoggend sou daar ge- word, en dinge moes gereed wees. Alles is reggesit, die, die krullers (sulke klein plastiekpennetjies wat sy nie geweet het ons in die “afseisoen” gebruik het om die hond se hare in te draai nie), die handdoeke vol vlekke wat net op-dae uitgehaal is, en die skinkbord met teegoed met die tweede beste koppies (die beste is vir die dominee se huisbesoek gehou).