Die verevrou
Naby ’n berg wat van ver af blou gelyk het, word die saaiheid van die reguit Karoopad deur kronkels onderbreek. Die wye vlaktes en yl bossies en klip en harde grond maak plek vir doringbome. Die pad verdwyn in ’n kloof. Meiringspoort, volgens die kaart. Die kloof vernou steeds, met bruin en geel en blou en oranje kranse weerskante van die pad. Liora wens die bestuurder wil êrens stilhou sodat sy kan afklim en asemskep. Dán sal sy die poort se skoonheid kan geniet, wanneer sy nie so hoog bo die grond en na aan die kranse voortspoed nie.
Daar is jou droom om my te laat vlieg nou ook na die maan, Moshe Habib, dink sy en glimlag. Maar dis ’n wrang laggie, want die draaie in hierdie diep skeur in die aarde en die dreuning van die bus se enjin en die wete dat haar lot in ’n ander
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days