Vroeë Kersgeskenke
HY WORD bewus van hitte op sy gesig. Dan van die hamerende hoofpyn agter sy oë. Stadig begin sy brein die sensasies ontleed en verklaar. So laat in Desember skyn die son vroeg al warm in die parkie langs die hoofstraat, en as ’n mens die vorige aand saam met Bennie ’n papsak goedkoop wyn uitgedrink het, is ’n verblindende hoofpyn die noodwendige gevolg.
Klaus beur versigtig orent en voel die naarheid in sy keel opstoot. Wyn in ’n maag wat lank laas kos gekry het, roep om wraak. Hy strompel na die kraan in die hoek van die parkie en sak op sy knieë neer. Soos soveel keer tevore verwens hy sy omstandighede, die lewe se onregverdigheid, sy ouers, sy gewese vrou en sy eie swakheid.
Hy was sy gesig en drink versigtig ’n paar slukke water. Die naarheid wyk effens, maar die hoofpyn se intensiteit neem nie af nie.
In die kafee naby
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days