Carolina Wilhelmina (Rona) Rupert is op 7 Februarie 1934 op Calvinia gebore. Rona het Afrikaans en Musiek aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. In 1953 ontvang sy ’n BA-graad, en ’n Onderw...view moreCarolina Wilhelmina (Rona) Rupert is op 7 Februarie 1934 op Calvinia gebore. Rona het Afrikaans en Musiek aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. In 1953 ontvang sy ’n BA-graad, en ’n Onderwysdiploma en Lisensiaat in Klavier in 1954. Sy het ook musiek by die Muzieklyceum in Amsterdam studeer. Rona het vir ’n hele paar jaar musiek- en klavierlesse gegee. Die Hantam en sy mense het vir Rona Rupert na aan die hart gelê. Daarvan spreek die titel van haar eerste boek, Koningskind van die Hantam (1967). Van haar ander bekende boeke is Wat maak jy, Hektor? (1974), Woorde is soos wors (1979), Al Everest se voëls (1984) en Drie lemoene en ’n duif (1992). Sy ontvang onder meer die C.P. Hoogenhout-medalje vir kinderboeke vir Wat maak jy, Hektor?, die MER- en Ou Mutual-prys vir Al Everest se voëls en die Tienie Holloway-medalje vir Nou wil almal sien. Rona Rupert is op 25 Augustus 1995 oorlede. Sy het meer as 33 kinder- en jeugboeke geskryf.view less