Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Toorkrag teen Middernag
Toorkrag teen Middernag
Toorkrag teen Middernag
Ebook125 pages1 hour

Toorkrag teen Middernag

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

VERRAAD.

SAMESWERINGS.

TOORKRAG.

Amy ken net een leefwyse. Nou moet sy alles op die spel sit om dit wat kosbaar vir haar is te red. Kan hierdie eenvoudige plaasmeisie lewe in die kasteel oorleef? Kan sy 'n oorlog wat dreig om haar wêreld af te brand keer? En wat van die geheimsinnige prinses van die Haselneut Woud en haar skelm kyke…? Nie gepraat van die prins van die Akasia Woud wat dalk betrokke is by die profesieë wat hul koninkryke beheer nie. Met geheime en raaisels wat die lewe wat sy so graag na wil terugkeer bedreig, kan sy haar gevoelens van die missie skei?

Hoe vêr sal sy gaan om haar geliefdes te beskerm?

LanguageAfrikaans
Release dateAug 7, 2019
ISBN9780639947686
Toorkrag teen Middernag

Read more from Ronel Janse Van Vuuren

Related to Toorkrag teen Middernag

Related ebooks

Related articles

Reviews for Toorkrag teen Middernag

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Toorkrag teen Middernag - Ronel Janse van Vuuren

    Vir Heila.

    Hoofstuk Een

    Die reuk van vere en perdemis pla nie meer vir Amy nie. Dit het toe sy net begin werk het in die stalle, stikkend aan die walglike reuke terwyl sy skoonmaak. Maar na ‘n dekade saam met die pegasi, pla haar daaglikse take haar nie meer nie. Al het sy net die gevleulde perde vir geselskap.

    Iemand trek aan haar hare vasgemaak in ‘n perdestert. Sy loer oor haar skouer.

    Los, Idil. Tensy jy wil hê dat ek aan jou stert moet trek.

    Die bodemlose-swart gevleulde perd runnik and slaan haar stert oor Amy se kop, flap haar vlerke en trippel weg om met die ander pegasi te speel.

    Amy skud haar kop en gaan aan om mis uit die stal in ‘n kruiwa te skep. ‘n Paar vere en hooi het gedurende die nag met die mis gemeng. Dit was nog vroeg genoeg vir mis om aan die veld te klou waarin sy die pegasi uitgelaat het. Sy het klaar die groentetuine water gegee, maar haar perdjies sal moet wag vir hul wortels totdat sy klaar skoongemaak het.

    Sy vat die vol kruiwa uit na die kompos hoop, bly dat haar ontbyt van hawermeel en appels haar so baie energie gee. Afdraende is nie die probleem nie: dis terug op na die stalle wat is. Maak nie saak hoeveel keer sy dit doen nie, haar kuite pyn na ‘n oggend van op- en afdraende gaan.

    Amy sprei die mis uit oor die nuwe kompos hoop wat sy maak voordat sy terugkeer na die stalle om dit alles weer te doen. Dit is nie haar gunsteling deel van die dag nie, maar dit is nodig. Om die gevleulde perde gesond te hou, moet hul stalle en kampe skoon gehou word; omdat hulle vars vrugte en groente nodig het moet die groentetuine en vrugteboord kompos kry; die beste manier om die kompos hoop vol en gesond te hou is om perdemis by te voeg; en Amy moet dit als self doen. Alles wat sy elke dag doen is ‘n belangrike deel van die gesondheid van die trop.

    Teen die tyd wat sy die laaste mis verwyder het uit die kamp, het die koel oggend bries in die warm, droë wind van die middag verander. Sy was haar hande en gaan na haar klein hutjie – sy slaap nie daar nie, sy verkies om naby haar pegasi te wees vir ingeval hulle haar in die nag nodig het – en maak middagete. Slaai, brood, kaas en tee later is sy reg vir haar middag take.

    Sy begin deur die hooi te was wat altyd vol stof is en druk dit in tousakke voordat sy dit oor die heining hang om droog te drup. Dit sal later in die stalle gehang word vir die perde om aan te eet gedurende die nag.

    Sy was nog hooi, vul nog tousakke en hang dit, steeds druppend, van die bome in die kamp waarin die pegasi huidiglik wei. Idil kom nader terwyl Amy ‘n sak aan ‘n tak vas maak en slaan haar oor die kop met haar stert voordat sy aan die nat hooi begin kou.

    Jy is welkom, klein monster, sê Amy vir die gevleulde perd voordat sy loop om die ander sakke ook op te hang.

    Sy was hul trôe uit en vul dit met vars water – wat sy al die pad van die put in emmers moet dra. Haar skouers brand. Dit sou soveel makliker gewees het om van haar take met toorkrag te kon doen, maar dit is verbode vir iemand soos sy om die geheime kunste te gebruik. Ten minste, dis wat haar stiefma altyd sê. Amy dink, tog, dat madame Molkentin dalk net jaloers en bang is vir enigiemand wat die toorkrag kan gebruik wat sy self nie kan nie.

    Nadat sy die trôe vol vars water het, strek Amy en loop na die groentetuine om daar te begin werk. Sy trek die eerste onkruid uit, reg om haar gedagtes skoon te hou en net die werk te doen, toe koue haar beet kry. Sy bly op haar hurke, vermorsel die plant in haar hand en kyk om haar rond. Niks lyk uit plek uit nie. Sy maak haar oë toe en luister. Sy blok uit die murmer van die rivier van onder in die vallei. Geen voëlgesang. Geen insek geluide. Selfs die pegasi is stil.

    Haar hart dawer in haar bors. Sy gryp haar kapmes en hardloop na die grens tussen veld en bos. Geruisloos, dog vinnig, maak sy haar weg deur die onderbos en vind wat sy gevrees het.

    Wildsdiewe.

    Hulle is bymekaar waar die bos amper eindig, hul aaklige wapens om deur vlees en been te kerf reg vir hul bose werk in hul hande. Haar maag brand. Elke paar maande daag ‘n groep mense-monsters op om haar perde se vlerke te steel. Elke keer stop sy hulle. Sy sal dit weer doen.

    Amy beweeg weg. Sy hardloop na die plek waar al die lokvalle byeenkom. Sy gebruik haar deursettingsvermoë en vrees om die geheime kunste te gebruik wat verbode is vir haar. ‘n Muur van vuur spring op om die veld van enige aanval van die bos se kant te keer. Dit brand ook die deksels weg wat die grag gevul met skerp stokke versteek het.

    ‘n Gegil en beweging kom van waar die wildsdiewe is. Hulle breek deur die bos, nie meer besorg om skelm te wees noudat iemand weet dat hulle daar is nie.

    Sy hardloop, hygend en swaai haar kapmes deur die verskeie toue wat ander lokvalle uit die weg hou: die latwerk vol skerp punte en ander hindernisse in voetpaaie wat die nuuste wildsdiewe dwing om te gaan waar sy hulle wil hê. Hulle beweeg in verwarring, vrees en woede wat haar toelaat om hulle saam te trop. Wanneer hulle almal aan die rand van die bos staan, presies waar hulle moet, wil sy die yster hok om af te sak oor hulle.

    Die gegalm van yster op klippe en metaal wapens vibreer deur haar. Sy wil op die grond neersak van uitputting, maar sy tel hulle eers. Een is vermis.

    ‘n Pegasus gil.

    Aangemoedig deur die vrees wat sy hoor, hardloop sy in die rigting waar die gil vandaan kom. ‘n Man met groot messe uitgesteek in Libi se rigting staan voor die dragtige merrie wat vasgevang is tussen die barbaar en die muur van vuur.

    Amy voel siek. Natuurlik sal die bose blikoor gaan vir die een pegasus wat danksy haar kondisie nie kan vlieg nie.

    Idil, fluister sy, wetend dat die gevleulde perd haar kan hoor. Wanneer ek sê ‘nou’, hardloop op hom af en skop hom. Ek sal die res doen.

    Die bodemlose-swart perd beweeg om te wys dat sy verstaan. Libi gil weer en skop die grond benoud.

    Nou!

    Sy hardloop, kapmes aan haar sy. Idil skop die wildsdief weg van Libi af. Amy swaai haar kapmes in die rigting van sy messe en ontwapen hom. Swaartekrag maak dat hy in die skerp stokke en vuur val. Sy skreë gaan vinnig dood en die vuur vreet hom op. Amy hou hom sonder gevoel dop totdat daar niks van hom oor is nie. Toe laat sy die vuur verdwyn.

    Almal wel?

    Die pegasi het almal iets te sê. Hulle druk haar met hul neuse en liggame, almal in kompetisie vir posisie en aandag. Sy maak koer-geluide en maak ‘n punt daarvan om hulle rustig te maak. Selfs Libi laat toe dat sy aan haar vat.

    Gaan na die kampie by die stal. Bly bymekaar. Ek sal dinge hier afhandel, sê sy wanneer hulle almal van hul veiligheid verseker is.

    Hulle trippel en vlieg weg. Sy gebruik haar laaste krag om nuwe deksels van takke en gras oor die skerp stokke in die grag te plaas, ‘n vuurwerk op te stuur met die verskeie poeiers gelos vir dié doel om die plaaslike gereg te laat weet dat daar iets aan die gang is en gaan terug na haar werk vir die dag. Sy weet dat die ridders baie vinnig sal ontslae sal raak van die kriminele.

    Sy kyk na die groentetuin en voel hoe haar moed in haar skoene sak. Die klein onkruid plantjies mok haar. Sy het nie die energie om haar take te verrig nie. Elke keer wat sy die verbode kunste gebruik – en sy doen dit net wanneer dit ‘n saak van lewe of dood is – is haar energie daarmee heen. Besluit geneem, draai sy weg.

    Idil gallop na haar, die aarde bewe onder haar hoewe, en runnik. Amy is seker daarvan dat die gevleulde perd op iets aandring – en sy weet presies wat. Sy onderdruk ‘n gaap en gaan na waar die wortels groei en oes die wat uit die grond uitsteek. Sy was hulle, gaan na die kampie en roep die perde. Party hardloop in sirkels om die kampie en skop wild, terwyl ander reguit

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1