Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Eens... Verhale, Mites en Legendes van Feërie
Eens... Verhale, Mites en Legendes van Feërie
Eens... Verhale, Mites en Legendes van Feërie
Ebook136 pages1 hour

Eens... Verhale, Mites en Legendes van Feërie

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Feërie het geheime ...

Liefde of familie?

Jamie MacKinnion neem die moeilikste besluit van sy baie lang lewe en die hele Feërie voel die toorn en hartseer van die Feëkoningin.

Kan Feërie en die inwoners daarvan 'n magtige heerser se pyn uitgedruk in natuurrampe oorleef?

Selfs al kan hulle dit doen, beraam die Donker Koning planne van sy eie en daar kan nie vertrou word dat Alleenloper Feë in vrede kan leef nie.

Namate Feërie verder in skerwe spat en die lewens van sterflinge en feë nog meer verweef word, word die lyne tussen wat reg is en wat maklik is, vaag vir selfs die beste van hulle.

En niks is soos dit lyk nie.

Nooiens in nood, vloeke, eggo's van feëverhale en tragiese liefdesverhoudings draai saam in sestien verhale wat in 'n draak se houplek gevind is deur 'n nuuskierige half-feë.

Ontdek hul geheime en betree die ryk van die feë.

Gebruik die skuifbalk boontoe om nou te koop!

LanguageAfrikaans
Release dateMay 13, 2018
ISBN9781928405986

Read more from Ronel Janse Van Vuuren

Related to Eens... Verhale, Mites en Legendes van Feërie

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Eens... Verhale, Mites en Legendes van Feërie

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Eens... Verhale, Mites en Legendes van Feërie - Ronel Janse van Vuuren

    Voorwoord

    Sterflinge kan nie die sluier tussen die mensewêreld en Feërie sien nie, tensy hulle genooi word – of ekstra begaafd is. Vir eeue al word Mens en Feë van mekaar geskei, want niks goed kom van hul saamkuiery nie. Die versameling van Die Avonture van Saphira die Feetjie Hond is bewys hiervan.

    Maar daar is magiese gediertes wat nie kant kies nie.

    Drake is sulke gediertes. Hulle hou al die kennis van beide wêrelde. En party maak dit selfs bymekaar in geskrewe vorm waar hulle dit veilig hou in hul bêreplekke.

    ’n Nuuskierige half-fee het in ’n draak wat beroemd is vir sy versameling boeke se bêreplek ingebreek. Die kennis wat sy gevind het is net té veel om vir haarself te hou...

    Hier volg ’n paar verhale, mites en legendes van Feërie. Party klink verrassend dieselfde as sekere legendes van sterflinge. Terwyl ander – wel... so onaards is soos die feë.

    Koningin van Ys

    Yskristalle vorm op Beira se kaal arms. Sy glimlag ingenome en maak haar mond groot oop. Haar mantel wapper agter haar terwyl sneeuhael en wind tussen haar lippe uit vlieg en die landskap vries. Waar alles eens groen en lewendig was, is daar nou net ys. Dit vat net oomblikke vir die groen om bruin te word. Somer het hard probeer om herfs te verhinder; vir ’n tyd het die plante gedink dat hulle tog nog kan groei tydens die soel dag-en-nag-ewening.

    Maar Beira gaan nie meer terugstaan nie. Winter is hare. Winter is sonder simpatie. Winter is bedoel om gevul te wees met ys.

    Haar oog vang ’n rooikat wat probeer loop teen die yswind wat om haar druis. Sy kyk in sy oë en sien die wonder waarmee hy haar aanskou. Beira sluk. Dit gebeur min dat sy nie gevrees word nie.

    Kom saam met my, sê sy vir die brawe kat.

    Sy hoor hoe hy haar volg oor die gevriesde veld, deur die bos wat glinster met yskristalle, na haar kliphuis wat party dae lyk soos ’n kasteel.

    Beira maak die deur oop en die rooikat skiet verby haar in die warm vertrek in.

    Tallose diere-stemme groet haar en die nuwe aankomeling.

    Toe, deel die warm melk met hom, sê sy vir haar gaste.

    Sy kyk hoe hulle plek maak vir die rooikat by die hekseketel waarin melk van die wortels van die Boom van Winter en Lewe drup en gaan sit voor die warm kaggelvuur, omring deur al die wilde diere wat haar nodig het.

    Die Gerug is...

    Jamie MacKinnion loop doelgerig deur die dik plantegroei wat baie na ’n tropiese woud lyk. Hy dink nie veel van Feërie se nuwe voorkoms nie. Waar dit eens soos die koue Caledoniese woude, kaal vlaktes, heivelde en berge gelyk het, staan net die Feëkoningin se nuutste gier.

    Dit maak hom woedend. En dit voed die gerugte wat die rondte maak.

    Eindelik maak hy dit tot die laaste stukkie heideland. Meeste van die Galno wag alreeds.

    So, wat het die koningin gesê? vra die leier van die Douglas familie sonder om te groet.

    Almal skuif rond sodat hulle hom beter kan sien.

    Dat Feëre hare is om mee te doen soos sy lus het.

    Sy’t eintlik baie meer te sê gehad oor die saak, maar die Galno het nie nodig om dit te hoor nie. Veral die deel waar daar soveel klagtes was dat alles altyd presies lyk soos wat die Glano – soos hy – wil hê dit moet.

    Gee sy nie om hoe ons voel nie?

    Jamie kners sy tande. Hy wil nie na hulle hap nie. Al het hulle hom die belangrikste verhouding in sy lewe gekos; familie kom eerste.

    Is jy seker? vra die leier van die MacGregor familie saggies. Hulle vat dit nie so goed nie.

    En hulle moenie, antwoord Jamie donker. Al hierdie vetes teen haar wense het dit veroorsaak. Hy beduie rondom hulle na die nader-kruipende tropiese blomme.

    Lente, Jamie, het die Feëkoningin gesê, is dit nie wonderlik nie? Vir té lank het ons nou in die skadu van herfs geleef. Dis tyd vir verandering. Al my onderdane het dit nodig. Om my volle mag te wys sal almal herinner wie koningin is.

    Dis net hoe ons is. Dink sy ons daag haar uit?

    Erger: sy dink ons veroorsaak die rusteloosheid tussen die ander in Feërie.

    Die MacGregor kyk bekommerd rond.

    Jamie blameer hom nie.

    Dis tyd vir ons om Feërie te verlaat, sê Faolon MacKeltar, leier van die MacKeltar familie, hard genoeg vir al die Galno om te hoor. Ons kan in die mensewêreld, in Skotland, gaan woon waar kaal vlaktes en heidevelde in heideblommetjies oortrek is en geen wispelturige koningin dinge kan verander soos die bui haar pak nie!

    Jamie is verslae. Hy sou erger gevoel het as daar ’n gejuig was.

    ’n Gemor kom van die skare.

    Die soet geur van bloureën voer hom terug na twee weke vroeër toe die moeilikheid begin het.

    Was dit regtig nodig? vra Jamie die Feëkoningin. Hulle is alleen in haar lushof wat getooi is in bloureën. Die groot vergadering met belangrike feë is eindelik verby, maar hy is steeds briesend.

    Ja. My onderdane is rusteloos. Van hulle het al na die mensewêreld verkas met die idee dat hulle meer beheer oor hul eie lewens daar sal hê.

    Sy sug en Jamie jeuk om haar vas te hou en te vertel dat alles wel sal verloop. Maar hy kry die gevoel dat, tenspyte van hul verhouding, dit nie goed ontvang sal word nie. Buitendien, sy het sy lojaliteit voor al die prominente feë bevraagteken.

    Jy besef dat hulle my uitgedaag het om jou lojaliteit op die proef te stel? vra sy.

    "Was dit nie genoeg nie?"

    Duidelik nie. Jamie: jy moet die vetes onder die families stop of daar gaan gevolge wees.

    Hy hou haar dop, onseker oor hoe om vir haar te vertel dat dit ’n lokval is: die Galno sal nooit ophou met hul vetes nie. Nie eens vir haar nie.

    Snikke van die skare pluk hom terug na die hede. Die laaste van die heideblommetjies verander na sleutelblomme en gras. Dit stop by die onsigbare lyn wat die Helder en Donker grondgebied skei. Die Donker Lande is bedek met droë gras en eindelik met dik sneeu.

    Almal kyk na Jamie. Hy hoop dat dit is omdat hy die leier is van die grootste familie en nie omdat hulle dink dat hy iets omtrent hierdie finale verandering kan doen nie. Dit was ’n groot toegewing van haar om dit nie in wat ook al as lenteblomme in die trope beskou word te verander nie.

    So... Ek raai ek stuur verkenners om vir ons ’n nuwe tuiste te soek, sê die MacGregor soos die geel blomme in rooi, wit en kobalt hiasinte verander.

    Jamie knik, verslaan.

    ––––––––

    Jamie voel hartseer soos hy van die vergadering af wegloop. Om Feërie te verlaat gaan iets in hom vir ewig verander. Maar die koningin se kortsigtigheid laat hom sonder veel van ’n keuse.

    MacKinnion.

    Jamie kom tot stilstand. Hy draai nie om na die ander man nie.

    Goed dan. Ek sal dan al die praatwerk doen. Jy weet dat ander die koningin se hand geforseer het en tog het jy haar nie verdedig nie. Ek weet nie wat tussen julle twee gebeur het nie, maar ek het nog altyd gedink dat jy haar sal oppas, maak nie saak wat nie.

    Jamie klem sy kaak en staar reguit voor hom uit. Die Assassyn sug.

    Hierdie nuwe aksie wat die Galno wil vat is volslae verraad. Jy weet dit. As jy voortgaan hiermee en daar ’n massa eksodus van Galno uit Feërie plaasvind, gaan daar oorlog wees. Jy is gewaarsku.

    Trane loop saggies oor Jamie se wange. Sy trots het hom die vrou wat hy lief het gekos. En nou kan dit miskien sy mense se dood veroorsaak.

    ––––––––

    Jamie loop op en af in die vergaderkamer in die Galno se basis. Dit moet al duidelik aan die ander feë wees dat iets aan die gang is, maar hy gee nie om nie. Met so baie van sy mense alreeds in die mensewêreld was dit beter vir die res van hulle om naby aan mekaar te bly.

    Meer as net die komende eksodus weeg swaar op hom. Alhoewel wat hulle besig is om te probeer almal se lewens kan kos, is dit die gewag wat hom kriewelrig maak. Dis al dae sedert hulle die verkenners uitgestuur het en hulle het nog niks terug gehoor nie.

    ’n Rilling krioel oor hom en Jamie hou op stap.

    Sy hart gallop. Hy trek sy swaard saggies uit sy skede en glip uit die vertrek uit.

    Dit is al laat genoeg dat amper almal in die basis aan die slaap is. Hy sein die wagte om die ander te waarsku; hy weet net dat iets lelik verkeerd is.

    Hulle sluip deur die basis, vertrek vir vertrek. Jamie vind die MacKeltar keelaf en sy moordenaar wat by die venster uitglip met ’n groot grynslag.

    Tyd voel of dit stil staan terwyl Jamie na die bloed staar wat uit die ander familie leier se keel drup. ’n Geroggel van die MacKeltar se keel ruk hom uit sy onbeweeglikheid. Hy storm na Faolon se sy. Oë groot, hoor hy skaars wat die ander fee sê voordat sy laaste asem hom ontsnap.

    Vader!

    Jamie gee pad vir die MacKeltar se enigste seun.

    Deursoek die gronde! Die moordenaar kon nie vêr gekom het nie, beveel hy die ander Galno daar.

    Was dit die Assassyn wat my pa vermoor het?

    Nee. ’n Ridder van die Donker Hof.

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1