Hoogsomer en die wêreld hier by ons onder die berg wemel van die ongediertes.
By die buurt se vroegoggend-koffiekarretjie praat iemand van die allemintige slangvel wat die kinders die vorige dag van die rivier se kant af huis toe gebring het. Dalk ’n vervelling, sê hy, maar ’n moewiese ding. Hy’s ’n jong pa, netjies geskeer en gekam vir die werk, cappuccino in die een hand en sel in die ander. En hy beduie – sóóó lank.
Boomslang, sê iemand anders