Lien en die likkewaan
LIEN gewaar die waterlikkewaan die eerste oggend van haar verblyf. Vroeg, voor die skroeiende son, toe sy die groentetuin se sproeiers gaan oopdraai. Langs die kanaal, ingedagte met haar een hand op die kruk geleun, staan sy met die mandjie eiers in die ander hand.
Daar is ses eiers in die mandjie. Die res het Lien in die hoenderhok gelos, vir die likkewaan. Haar pa het altyd gesê die voëls en die insekte, die velddiere en die mens, elkeen verdien sy deel. Wanneer hy in Desember die nette oor die lietsjiebome trek, sodra die vrugte ryp word, moet Lien weet: Die een helfte is vir ons, die ander helfte is vir die voëls.
Oor die deinings van die kanaalwater weerkaats die vroegoggendson in duisende edelstene. Die kabbeling, die voëlgesang die vryloophoenders se gesellige gekloek – haar kalm gemoed – is versteur.
Die likkewaan hou haar
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days