Maandag 23 Maart
Net sy en Ebbe het in die oopte onder die hemel beskroei van sterre oorgebly.
’n Brulpadda kraak deur die donker. Die vleipaddatjies hervat hulle gegil in die pieringdam.
“Hulle maak my ore seer.” En heelwat sagter: “Kom ons gaan praat in jou chalet. Ek het jou iets kom sê.”
Uiteraard. “Ek vir jou ook. Oor Donkerhoek.”
Onder Kgobaboloko se buitelantern buk hy. Iets by sy stewel in die lantern se melkerige lig. ’n Swart lyfie glim in die flitsstraal toe hy dit aanskakel.
Oukei. Weer ’n riethaanoomblik. Hy kom darem altyd gou weer by die punt uit. Sy sak op haar hurke langs hom neer. “Wel, hy is ten minste by die regte chalet.” ’n Nietige miskruier wat ook sy pad byster is