Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Rut en Boas - ’n liefdesverhaal
Rut en Boas - ’n liefdesverhaal
Rut en Boas - ’n liefdesverhaal
Ebook217 pages6 hours

Rut en Boas - ’n liefdesverhaal

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Wanneer Rut se skoonmoeder Naomi wil teruggaan na Bethlehem waar sy vandaan kom, volg Rut haar. In Bethlehem vind Naomi haar ou woonhuis en grond beset deur Boas en sy moeder Ragab. Tog is dit juis Ragab se skarlakenverlede wat haar empatie met almal gee. Hier triomfeer een van die mooiste Bybelse liefdesverhale, dié van Rut en Boas. Barend Vos herskep dit met eietydse dialoog en ’n sensitiwiteit wat van hierdie Bybelse figure onthoubare individue met hulle deugde én ondeugde maak.
LanguageAfrikaans
PublisherLux Verbi
Release dateMar 4, 2022
ISBN9780796322630
Rut en Boas - ’n liefdesverhaal
Author

Barend Vos

Dr. Barend Vos is 'n bekende Christenskrywer en predikant. Hy het al verskeie boeke uitgegee: van dagstukkies en literêre fiksie tot romans met die Bybelse gegewe as agtergrond. Hy wen in 2001 die CBSA-prys vir fiksie vir Eksodus en in 2016 die Andrew Murray-prys vir Ewigheid in my hart. Hy skryf elke maand vir LiG-tydskrif sy Grootseun-storie. Hy is in 2016 bekroon met 'n ATKV-veertjie vir een van sy LiG-stories.

Read more from Barend Vos

Related to Rut en Boas - ’n liefdesverhaal

Related ebooks

Related articles

Reviews for Rut en Boas - ’n liefdesverhaal

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Rut en Boas - ’n liefdesverhaal - Barend Vos

    9780624089810_FC

    Lux Verbi

    Waar u gaan, sal ek gaan, en waar u bly, sal ek bly. U volk is my volk, u God is my God (Rut 1:16).

    Een

    NAOMI

    Naomi?

    Haar besige hande woel in die mengsel in die skottel voor haar. Om en om.

    Naomi! Naomi van Elimeleg!

    Die stem dra teen die wind tot by haar.

    Sy kom orent en hou haar meelbesmeerde hande voor haar in die lug. Sy skerm die son af met ’n voorarm wat sy teen haar voorkop hou. Ken ek jou?

    Ek is van Gesron, seun van Ruben, die eerste seun van vader Jakob.

    Naomi se arms sak langs haar sye. ’n Rubeniet, van anderkant die rivier. Sy sal nie haar verbasing wys nie. Ja, Rubeniet, sê sy. Los nou maar daai ou storie. Wat is jou naam? En hoe weet jy van my?

    Ek is Magdi. Ek is gestuur. Ek kom van Nebo, agter die berg. Dis drie dagreise ver. Hy hou sy regterhand in die lug, die vingers oopgesprei. Ek het vinnig geloop, ek het nie ’n pakdier nie.

    Jy antwoord my nie, Magdi-met-die-lang-asem. Hoe weet jy van my? Wie het jou na my toe gestuur?

    Hy kom staan so naby dat sy die suur asem kan ruik.

    Kan ek nie asseblief eers water kry nie? Ek kom ver. Kyk hoe pap hang my watersak.

    Naomi sug. Die Rubeniet het baie tyd. Sy staan opsy en beduie met haar kop na die kruik wat in die namiddagkoelte teen die buitemuur staan.

    Met sy een hand bak onder die tuit draai hy die kruik versigtig skuins sodat die smal, blink stroompie in sy palm loop. Hy slurp dorstig, versigtig om niks te mors nie.

    Sy wag totdat hy klaar is en die kruik weer regop staangemaak het. ’n Paar laaste druppels blink in sy baard.

    Waar het jy vanoggend opgestaan? As hy wil praatjies maak, sal sy seker eers moet saamspeel.

    Twee seunskinders hardloop verby die huis, die een skree soos net ’n kind wat sleg seergekry het, kan skree. Hulle kom uit die klipkoppe uit.

    Hoekom moet hulle by haar huis verby? Daar is baie ander paadjies tussen die koppe en die saamgebondelde huisies in die vlakte.

    Dit was ’n ongeluk! Dit was ’n ongeluk! roep die een. Die ander een skree net harder.

    Naomi kyk hulle agterna. Die Moab-kinders gooi mekaar graag met klippe. Die bloed moet loop voordat hulle ophou. Hier is niks anders om te doen nie. Dié verflenterde gehuggie het niks vir kinders nie, behalwe klipoorloë. Hier is niks vir niemand nie.

    Die klipgooiers verdwyn raas-raas agter die modderbruin mure met die groot klippe op die dakke. Al die luike is toegetrek. Daar is nie ’n ander mens in sig nie.

    Die wind waai steeds. Dit voel of dit nog nooit opgehou het nie. Sy vee haar hande aan haar voorskoot af. Die kinders het haar darem die kans gegee om haar asem terug te kry.

    Nou wat kom sê jy, Rubeniet? Wie het jou gestuur? Waar presies is ‘Nebo, agter die berg’?

    Hy wys agtertoe, sy baard flappend in die wind. Ek het gister tot by die rivier gekom. Dit het vol geloop. Vanoggend het ek in die eerste lig die deurkomplek gesoek. Toe ek dit kry, het ek oor die gladde klippe getrap wat daar gepak is, en toe teen die opdraand uit.

    Hy beduie hoe steil die opdraand is.

    Naomi sug hard en opsetlik.

    En hier is ek nou! roep hy uit.

    Ja, hier is jy. En jy kom nie tot ’n antwoord nie. Ek vra jou: Hoe ken jy my? Hoe ken jy my man, Elimeleg?

    Ek bring ’n tyding van jou mense. Jou mense in die land van Juda.

    Dit het haar stil. Haastig buk sy oor die deegskottel en vat dit weerskante vas. Toe nou, Rubeniet, maak jou handig. Maak oop my deur.

    Sy kreun toe sy die skottel oor die drumpel in die skemer indra en op die tafel neersit. Kom sit jy dan ook maar, sê sy effens uitasem. Dit help nie jy staan so rond nie. Sit hier.

    Sy beduie na ’n sitbankie teen die muur terwyl sy in die deur bly staan. Dit maak die voorhuis nog donkerder. Die man se gesig is ’n vlek teen die muur.

    Jy kom van agter berg Nebo. Na my toe. Om te wat? Wie ken vir Elimeleg? Ek het nie meer mense in Juda nie. Vyf en twintig jaar is ’n leeftyd. My mense is hier. Was hier. Hulle is almal dood.

    Die klanke plof by haar mond uit. Sy kan nie onthou wanneer laas sy so baie moes praat nie.

    Die man sit vooroor, sy elmboë op sy knieë. Daar het ’n man van Juda tot by ons gekom. Hy hoes effens. Skraap sy keel luidrugtig. Hy kon nie ’n tree verder nie. Sy kop was al deurmekaar, die dors het hom amper doodgemaak. Sy voete was kláár.

    Jy rek die storie uit, val Naomi hom in die rede. Jy praat soos ’n ou vrou. Sê wat jy moet sê. Wat is dit van die man van Juda? Wat sê hy vir julle? Wie sê hy is hy?

    Ons Ruben-vroue kyk nou na hom, dreun Magdi se stem uit die skemerte na haar toe aan. Hulle kyk mooi. Hy sal lewe.

    Naomi leun teen die kosyn. Dit help nie om hom aan te por nie. Sy sukkel om sy mond te sien.

    Die man van Juda sê hy bring ’n boodskap wat na jou toe moet gaan. Na Naomi van Elimeleg wat in die land van die Moabiete kom woon het. Hy sê jy moet terugkom Betlehem toe. Hy sê dit reën elke seisoen goed. Hy sê die honger is jare en jare reeds verby. Dit was nog nooit weer droog nie.

    Betlehem.

    Hy sê Naomi van Elimeleg moet huis toe kom. Hy sê sy moet haar man en seuns se grafte groet en huis toe kom, Betlehem is vandag anders as toe julle daar weg is.

    Wat is daar in Betlehem vir my? My huis met die groot luike agter die wingerdranke. Staan dit ooit nog?

    Die lappie saaigrond wat Josua uitgedeel het. Dit beteken nou net so min soos destyds. Te klein vir ’n man met ’n vrou en twee seuns. Melk en heuning is ’n storie vir ou mense en kinders.

    Jy weet nie waarvan jy praat nie, Rubeniet. Jy kan vir die boodskapper uit daardie land van droë koeie en dooie bye gaan sê die mens wat hy soek, is nie hier nie. Lankal nie meer nie.

    Daar is nie meer ’n Naomi op dié verwaaide vlakte nie.

    Naomi was ’n vrou wat vol verwagting leef. Naomi was ’n dapper vrou. Sy was een wat saam met haar man weer kon begin. Al was dit hier eenkant langs ’n gehuggie vol armlastiges.

    Naomi het ’n lewe vir haar man en hulle seuns in ’n klipwoestyn gemaak. Dit was beter as enigiets wat hulle in Betlehem in Juda gehad het.

    Naomi was ’n sterk mens. Sy laat haar man bedaar wanneer hulle seuns na vreemde vroue in die vreemde land begin kyk.

    Eers was daar die stories. Die waarheid daag altyd in stories op. Die seuns het gemaak of dit niks is nie. Maar ’n ma weet. En ’n pa vind dit gou genoeg uit.

    Hulle is maar net manne, het die sterk, slim Naomi vir haar man gesê.

    Ja, ek was sterk, ek was slim.

    Dit was tóé.

    Hulle is manne soos jy, Elimeleg, het ek gesê. Gepleit. Hulle doen wat manne doen. Hulle kyk na die regop jong vroue. Hulle sien die ferm lyf agter die kleed. Hulle herken die oë wat sonder skaamte na hulle terugkyk. Die uitnodiging so oud soos die woestyn.

    Hulle is manne. Hulle vat wat na hulle uitgehou word. Al is die vroue nie van hulle mense nie. Al het hul pa hulle van Moses se wette vertel. Al weet hulle dat Moses se kinders nie twee keer na Moabitiese vroue mag kyk nie.

    Wie is Moses dat hy sulke dinge kan sê?

    Só het hulle by my kom kla. Jy moes nooit weet hulle voel niks vir die ou woestynwette nie, Elimeleg. Hulle weet niks van Moses nie. Hulle is nou van Moab.

    RUT

    Die geskreeu kom ál nader. Rut beduie Orpa moet eers stilbly; sy kan haar nie hoor nie.

    Kinders. Hulle gaan mekaar nog doodgooi. Die gillende kind draf by hulle verby. Hy hou sy arm vas en Rut sien die yslike knop net onder die elmboog.

    Wat anders is daar vir hulle om te doen? sê Orpa wat almal sê. Dis al wat volop is in hierdie plek – klippe. Sy vryf en vryf oor die beeldjie wat sy tussen haar vingers hou.

    Orpa kom dit nie meer agter nie, weet Rut. Eintlik word dit ál erger, die vrywery. Soms betrap sy haar dat sy jaloers is op Orpa wie se mense so godsdienstig is. Elke vyf dae offer hulle voor Kemos. Dié god staan in hul huis, so hoog soos die deur. Wanneer jy ingaan, moet jy voor hom buig.

    Toe Kiljon en later ook Maglon en Rut daar ingetrek het, het hulle almal maar gebuig.

    Respek, het Orpa se pa gesê. Respek is die minste wat julle verskuldig is aan mense wat vir julle onderdak gee as jul eie mense julle wegjaag.

    Kemos kyk vir jou wanneer jy slaap en wanneer jy opstaan, het Orpa vir haar gesê toe hulle nog klein was. Daarom brand jy groenhout voor hom. Die wit rook is sy asem. Sy asem loop al agter jou aan, waar jy ook al gaan. Hy pas jou op.

    Ná Kiljon se dood het Orpa se broers vir haar die beeldjie gemaak. My klein kemosti, noem sy hom. Hy is my asem. Sy gaan nêrens sonder hom nie.

    Daar sal weer iemand vir jou kom, sê Rut gereeld. Jy is mooi. Jy kan alles doen wat ’n vrou moet doen. Jy het ’n ma …

    My ma kan nie vir Kiljon terugbring nie.

    Maar jou ma het jou alles geleer wat jy moet weet.

    Sy kan nie vir my kinders gee nie.

    Die gesprek is weer terug waar dit begin het.

    Wat is daar nog te sê oor die broers met wie hulle so kort getroud was en wat twee dae ná mekaar gesterf het? Eers Orpa se Kiljon, en toe, twee bitter nagte later, Maglon.

    Hulle vertel mekaar dieselfde stories, oor en oor. Hulle het net mekaar om hieroor te praat. Dit was maar altyd net hulle twee.

    Toe Orpa se pa sy skoonseun se doodstyding kry, het hy net gesê: Kemos gee asem aan wie hy dit wil gee, en hy vat dit weg van wie hy dit wil wegvat.

    Rut het dikwels gewonder of hy toe al geweet het die broer wat langs Orpa se man gelê het, was ook sterwend. Dat sy asem ook deur Kemos gevat gaan word.

    Hoe lank is dit sedert daardie nag toe Maglon se liggaam ophou ruk en die laaste van die bloederige braaksel op sy lippe bly lê het? Die maan was ’n skraapsel wit tussen die blink sterre.

    Sy ma het sonder ’n woord die slaapkamer binnegekom wat hulle by Orpa se pa huur. Wie het haar gaan sê?

    Die vrou het gebuk en die flou lampie langs sy bed opgetel. Sy het haar seun se mond met die jurk skoongevee wat sy oor haar kleed aangehad het en haar vingers op sy oë gesit. Sy het regop gekom en ’n oomblik bly staan. Dalk wou sy toe iets sê. Maar sy het nie na Rut se kant toe gekyk nie en omgedraai en uitgegaan.

    Dit was die laaste keer dat Rut haar gesien het. Die maan het gegroei en vol geword. En dit het weer vol geword, en weer en weer.

    Orpa se broers het gesorg dat Kiljon weggelê word en Orpa het hulle mooi gevra om Rut se man langs sy broer te gaan neerlê. Die twee jong vroue het self die klippe aangedra en die stapeltjies gepak. Die seuns se ma het nie kom help nie.

    Hulle het haar nog nooit naby die grafte gesien nie. Iewers lê die ou man ook.

    Moet ons nie na haar toe gaan nie? Rut het dit al ’n paar keer gevra.

    Orpa skud weer haar kop. Jy het tog gehoor my ma sê die ou vrou wil niks van ons weet nie. Ons was nooit goed genoeg vir die Hebreër-vrou se seuns nie. Kyk dan net hoe is die ou man dood. My ma sê hy is dood van beneuktheid. Oor ons. Oor Kiljon vir my gevat het en Maglon vir jou. Ek wil daardie vrou nooit weer sien nie.

    Orpa se duime vryf oor die stukkie yster wat sy voor haar vashou. Sy kan maar na ons toe kom. Sy kon al. Ons het haar seuns alleen weggelê, ons het met ons eie hande die grafte toegepak. Waar was sy?

    Twee

    NAOMI

    Die nuwe land het hulle gevat daardie dag toe hulle by die putte begin rondhang het.

    Toe hulle soontoe is soos al hulle Moab-vriende. Hulle het ook na die waterskeppers gaan kyk. Na die manier waarop hulle met die kruike aankom. Hoe hulle dit teen hulle vasdruk.

    ’n Kruik wat deur ’n jong meisie by ’n put gedra word, steek duisend geheime weg. Die jong manne weet hoe om dit te soek. Ons seuns was gewone jong manne by ’n put, Elimeleg.

    Maar jy wou nie na hulle luister nie. Jy het jou rug gedraai en geroep: Moses, Moses! Jy het op hulle geskree toe die stories by jou uitkom.

    Hulle het omgedraai en gemaak soos hulle wil. Kinders maak so wanneer hulle ’n pa leer ken soos hulle hom nie wou ken nie.

    Moab het jou seuns gevat. Hy het hulle vir sy dogters met die kruike gegee.

    En ek weet dat jy daardie dag doodgegaan het, Elimeleg. Dat die Moses-skreeue die laaste asem was wat jy uitgeblaas het. Moab het jou doodgemaak soos Betlehem se hongersnood dit nie kon regkry nie.

    Moab het my man en my seuns gevat, Rubeniet. Dis al wat daar in Moab vir my is – drie grafte in die klipkoppe. Hier waai die stowwe elke godverlate dag.

    Moab het my naam gevat. Ek is nie meer Naomi nie.

    Noem my Mara, want dit is bitter.

    RUT

    Sy het so min van hom gehad. Haar bonkige, donker man met die maklike glimlag.

    Hy het net vir haar gekyk. Van die begin af, vanaf daardie eerste dag by die put, het sy oë haar uitgesoek. Totdat hy eendag seker gemaak het almal sien hom, en toe sy hand uitgesteek en aan haar gevat het.

    Die warmte van sy aanraking het deur haar kleed gebrand, af tot in haar maag waar dit gaan lê het, toe weer op in haar keel sodat sy sonder asem was.

    Daardie aand het sy nie geslaap nie. Toe dit uiteindelik lig word, wou die son nie verder teen die hemel trek nie. Sy het die son soos nooit tevore nie dopgehou soos hy sy moeisame gang deur die vaalblou lug gaan. Totdat hy handhoogte oor die klipkoppies gaan staan en sy haastig die kruike gegryp en afgesit het put toe.

    Sy was eerste daar en het eenkant gewag dat die ouer vroue kon klaar skep. En sodat die jong manne kon begin opdaag. Hulle het altyd gekom. Raserig, vol stories en slimmigheid.

    Sy het vir Kiljon gewaar en gekyk hoe hy sonder om te praat by Orpa gaan staan en die kruike by haar geneem het. Sy broer was

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1