Baken van hoop
DIE see het alles ingesluk. Phoebe se hartklop hamer saam met die rammelende gedruis van die golwe. Die ysige water brand deur haar bene.
Alles kramp. Sy is naar. Haar trane meng met die siltige skuimwater.
’n Seemeeu klap sy vlerke bo haar kop. Sy swaai wild met haar arms om haar heen. Die voël se gekrys verdof nadat dit van haar af wegsweef deur die vaalblou lug. Sy rek haar mond wyd oop saam met die kraakgeluide van haar keel. “Wihan! Waar is jy? Ek is bang. Antwoord my asseblief!”
Daar is niks om aan vas te hou nie. Net soos daar geen teken van hoop is om Wihan ooit weer te sien nie, besef sy.
Sy is pynlik dors. Genadiglik is die verblindende groen, blou en opaal weerkaatsings wat in die dag deur haar kop gesteek en haar oë met pyn gevul het
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days