Huisgenoot

DIE GELUK VOOR DIE VLAMMEHEL

DIT is nie moontlik om met die wete van dit wat gebeur het na die gesinsfoto’s te kyk sonder om stukkend te voel nie. Die kindergesiggies – volmaak in hul onskuldige skoonheid. Die liefde en lewensvreugde wat uit hul ouers se gesigte straal.

Drie pragtige gesinne; dertien kosbare lewens.

Hoe kan dit wees dat ’n vlammehel alles in ’n oogwink kom vernietig het? Maar dit hét, en die tragedie is ondenkbaar; die verlies hartverskeurend.

Die winterweke van Augustus sou eindelik vir hulle ’n blaaskans en droomvakansie gewees het. Ná die byna vyf maande van die inperking het die drie pare hartsvriende – almal sout-van-dieaarde; plaasmense van Ceres, Prins Alfred Hamlet en die Koue Bokkeveld se wêreld – besluit om met hul kinders die pad te vat na ’n natuurreservaat digby die grens tussen Suid-Afrika en Botswana. Eindelik sou hul plaaskroos weer net sorgeloos kon kind wees en in die rooi sand van die Kalahari kon baljaar.

Op ’n foto wat geneem is kort voor die drie gesinne by hul veraf, verlate bestemming aangekom het, glimlag vyf volwassenes en sewe kinders vir die kamera neffens die skadu van ’n reuseboom. Gelukkig; vry.

Links is die Carstense, in die middel die Bauers en regs die Davins. Die Carstensseuntjies se ma

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Huisgenotjies
Ou Kallie werk by ’n winkel wat elektroniese toerusting verkoop. Op ’n dag kom ’n dief in en hardloop met ’n TV-stel uit. Kallie hardloop dadelik agterna terwyl hy uitasem skreeu: “Stop, stop! Jy het die afstandbeheerder vergeet!” JOHANNA RADEMEYER “
Huisgenoot1 min read
Op Die Skoolbanke …
ANTWOORDE: 1. JESSICA ALBA, 2. AVRIL LAVIGNE, 3. NICOLAS CAGE, 4. CINDY CRAWFORD, 5. BARACK OBAMA, 6. QUEEN LATIFAH, 7. OWEN WILSON, 8. MADONNA, 9. TOM HANKS ■
Huisgenoot1 min read
Internasionale Eer Vir Plaaslike Omgewingsaktiviste
TWEE Suid-Afrikaanse omgewingsaktiviste is aangewys as die gesamentlike wenners van die Goldman-prys vir Afrika. Sinegugu Zukulu en Nonhle Mbuthuma het sleutelrolle gespeel daarin om die maatskappy Shell se planne te keer om seismiese toetse aan die

Related