Huisgenoot

NIE ONS LAURIE NIE

VIR hulle was sy net “liefste Laurie” – ’n toegewyde vrou en vriendin, en ’n ma wie se lewe om haar drie lieflike dogtertjies gedraai het.

Sy was dit alles én nog meer, sê Lauren Dickason se hegste vriendinne.

Maar ’n moordenaar? En dít van haar eie kinders? Dít sou niemand hulle ooit kon indink nie.

“Ek verstaan nie wat gebeur het nie,” sê ’n verslae Hanli Hunt van Pretoria vandag. “Dis iets wat my met ’n groot vraagteken los.”

Toe sy hoor Graham Dickason het op 16 September in die gesin se splinternuwe tuiste in die hawestad Timaru in Nieu-Seeland op klein Liane (6) en die tweeling Maya en Karla (2) se lewelose lyfies afgekom, was haar eerste vermoede dat hulle die slagoffers van ’n geweldsmisdaad was, vertel ’n hegte vriendin wat anoniem wil by.

“Jy speel honderde scenario’s in jou kop af: Miskien is daar by hulle ingebreek; dalk was daar ’n verskriklike fratsongeluk. Maar nooit dink jy dat dit dalk Lauren kon wees nie. Nie die Lauren vir wie ons lief is nie; nie die mamma wat ek as ’n sussie beskou nie,” sê die vriendin, Paula*.

Toe die Nieu-Seelandse owerheid bevestig dat Lauren, ’n algemene

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
’n Blok Vir Sports Op 50
DALK onthou jy nog die soort speelgoed wat jou laerskoolvriende pouses uitgehaal het. Van yo-yo’s tot albasters was deur geslagte algemeen en enigiemand kon daarmee speel. Maar daar is een speelding wat net deur ’n uitgelese groepie kinders baasgeraa

Related