Huisgenoot

‘LAUREN MIS HAAR DOGTERS’

SY VERWYL graag haar dae deur in die tuin van die Hillmorton Psigiatriese Hospitaal in Christchurch te woel.

Die tuin het gedurende die pandemie verdor, maar intussen het die stil vrou dit bedding vir bedding weer in ’n lushof omskep. En dis in dié vreedsame omgewing waar sy glo die naaste aan haar drie blondekoppies voel.

Die vrou in die tuin is Lauren Dickason, die Suid-Afrikaanse voormalige dokter wat teregstaan op die moorde van haar tweeling, Maya en Karla (2), en haar oudste, Liane (6).

Die kinders se dood, net weke ná die Dickasons se emigrasie van Pretoria na Nieu-Seeland, het destyds skokgolwe deur albei lande gestuur. En op die vooraand van haar verhoor, wat op 17 Julie sou hervat, het ’n hegte Suid-Afrikaanse vriendin besluit om ’n eksklusiewe blik te gee op hoe dit met Lauren gaan. Want vir Nina* is Lauren nie die monster waarvoor sommige mense haar uitkryt nie. Die Lauren wat sý ken is ’n liefdevolle ma wie se kinders haar hart se punt was.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot1 min read
Span Jou Mikrogolfoond In Vir Meer
Voor jy uie begin kap, sny die punte weerskante af en plaas dit 30 sekondes in die mikrogolfoond. Dit haal die brand uit die sap en keer dat die trane sal loop wanneer jy dit sny. Knoffel sal makliker skil as jy die hele knol 15 sekondes in die mikro
Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie

Related